Wednesday, 2 May 2012

Afri-Kaans met Nataniël en Bobbie!!

21 Apr '12
Hierdie jaar was die 1ste keer in 5 jaar wat ek nie Nataniël vir my verjaarsdag gaan kyk het by Emperors nie, en ek was nogal ongelukkig daaroor..    maar min het ek geweet dat ek in April vir Nataniël En Bobbie gaan sien in die Paarl, Hoe awesome is dit!! Goeie ouers was dit nou 'n fees! Dis gemaklik seker een van die 5 beste shows wat ek in Jare gesien het. WOW!!
Excellent show, Great geselskap, Baie lekker rooiwyn en Fantastiese uitsig! Hoe gebless kan ek nie wees nie!Alfie en Suzelle was net so in vervoering soos ek, en ek kon nie vir 2 beter mense gevra het om saam te gaan nie, want hulle het elke sekonde net soveel soos ek waardeer en geniet, en kon vir dae nie ophou praat oor hoe excellent dit was nie.   
Ek het verlede jaar Afri-Spaans met Steve Hofmeyer gaan kyk, en dit was Fantasties, maar eks jammer Nataniël en Bobbie was beter.
                                                                                     
Nataniël en sy Beste maatjie Bobbie
Beleef ons uitsig. Wolkies links, verhoog in die middel en mooiste berge aan regterkant.
Hierdie amfi teater gaan ons verseker nog Baie sien.
Atmosfeer was heerlik, almal kuier lekker, 90% het lekker glasie wyn in die hand, en sing heerlik saam..








 Die manne van Adam het my BAIE beindruk! hulle mag maar. Die ou van die storie op tv, hy het baie goeie stem. Die outjies gaan nog Groot gaan, mens kan hulle definitief dophou.



Die dramatiese rooi verhoog, die vlae, die blou aardbolle om hulle nekke, die rooi stoele, die mannetjies op stokke.. alles was net so eie aan Nataniël, selfs die wit en swart sambrele wat van ritme af was. Daar is net een Nataniël op hierdie planeet, en dit is soos hy sè: Die Here is lief vir hom ook.







Beste maatjies met hulle wit jasse was te oulik.


mal oor die voëls, en dis weereens net Bobbie se voëltjie wat op sy eie ritme vlieg


En net as jy dink dit kan nie beter nie, dan sing Bobbie in Italiaans, Goeie Ouers! dit was amazing!! Jy mag maar Bobbie.

En natuurlik die Heel beste gelos vir laaste. Die rooi stoele was Briljant! Terwyl hulle vorentoe beweeg is hulle op en af met stoele, en daar kom heeltyd meer stoele by, maar dis iets wat mens moes sien om dit te waardeer, jy kan dit nie oor vertel nie.
Fantasties is al wat ek kan sè
En net toe ons dink ons kan absoluut nie meer lag nie, toe kom Nataniël met beste sè ding vir die dag. Die vrou wat voor op die stoel staan praat Spaans, dan vertaal Nataniël dit na Afrikaans, heel duidelik goed wat hyself uitdink, want niemand anders as hy sal sulke goed kwytraak nie, maar alles wat vertaal is mooi en poëties, en dan sè die vrou iets wat baie mooi klink in spaans.. Nataniël wag so bietjie en toe sè hy:
"sy sè sy is lus vir Bobbie"
maar kyk, dis hier waar jy Alfie, myself en Suza van die vloer af moes optel, en daar was nie enkele mens wat nie geskree het soos hulle lag nie. Bobbie het omtrent van sy rooi stoel afgeval soos hy lag, en Nataniël self moes keer of hy bars ook uit van die lag. Briljante einde vir Briljante show!!
Encore!!



1 comment:

  1. ek is NIE n Nataniel fan nie, maar ek MOET se, dit show lyk iets om na te gaan kyk, wens ek kon saam jo beleef sussie !

    ReplyDelete