Thursday, 19 April 2012

Gansbaai Kreef fees

                                                                                                                                                                               6 – 8 Apr ‘12
Kreef fees in Gansbaai saam Martins
(ja, nog ‘n baai, haha, Gans, Pringle en Betties Baai, so na mekaar)
Ek en Alf is Betties toe vir die naweek, om saam Merle, Margeret en Alfie se ma Gansbaai toe te gaan saterdag.
Saterdag oggend toe ons opstaan, toe reën dit onophoudelik, maar ons het onmiddelik besluit dit gaan ons geensins afsit nie. Opgestaan met stunning uitsig, en Merle gee eers haar kindertjies kos, voor die dag begin. Dis voëltjies wat buite venster roep elke oggend, tot sy vir hulle gaan kosgee, te oulik.

Gansbaai is so oor die 100km van Bettiesbaai af, verby Kleinmond en Hermanus. So reën of nie, ons gaan kyk hoe lyk daai mooi deel van die Kaap. Lekker natgereën, lekker ver gery, en vreeslik gelag vir die tattoos.
Gery en koffie gedrink in Hermanus, toe deurgery na die‘Fees’, wat heeltemal uitgereën het, sjym, ons was so opgewonde om Elvis Blue en Adam te sien. Maar ons het gaan kreef eet (heerlik) en toe te lekker rondgery , en party van ons (Merle) het besluit, wel as sy nie kans Kreef fees hou en Elvis Blue kyk nie, dan doen jy maar die volgende ding, en jy kry vir jou Tattoo!! Hierdie was histeries!Dis tydelike Tattoo wat Merle gekry het, en toe natuurlik sleep sy die Tannie ook, en toe moes sy ook een kry, gelukkig nie ook draak nie, net skoenlapper.
en natuurlik my Stunning kruis wat ek gekoop het vir Paasfees, met plek vir kersie om te brand
Ons het gery deur Kleinmond en Franshoek ook, al hierdie plekkies is te mooi.
En natuurlik is daar ietsie vir almal
winkeltjie VOL goed wat Luzanne waaroor sy sal mal gaan
Huisie by die see vir my Ma in Franskraal
Hot chocolate in Hermanus
Die strand is daai kant toe, mense oorkant ons het omtrent in hulle
kos gestik toe Merle haar tattoo in restaurant wys, hahaha
In die reën wys sy vir ons Hermanus is
'daai' kant toe, net om tattoo af te show,
toe kom 'n oom verby en sê Hermanus is
eintlik anderkant toe, histeries.
Merle vat proteas in badkamer en bring vir Margaret
(ja ja, sy het dit gaan terugsit)
Op badkamerdeure vir Seuntjies en Dogtertjies

My modelle vir die dag (Merle & Margaret se skippie het ingekom, hehe)

Hier is wat julle deur die dag sou sien by karvenster uit.

Heerlike naweek. Die plekkies is bietjie te ver om sommer net te gaan inloer, maar vir walvis seisoen, sien hulle my definitief weer!!




No comments:

Post a Comment