Tuesday, 10 April 2012

Gauteng kuier

28 Mrt – 2 Apr 2012


Gauteng Kuier
My eerste busrit lughawe toe met my eie MyCity buskaart, haha, gevoel soos skoolkind. My City busse is werklik baie gerieflik, laai my op by my hek, klim oor by Civic Centre, en dan reguit tot by Lughawe.

Moeder het my kom oplaai by lughawe, en Damien kon nie sy ogies glo toe hy my daar sien staan nie. Sjym, hy klim sommer bo-oor die sitplek.

Donderdag aand heerlik gaan kuier by Elna en Jurgens en na die nuwe huis gaan kyk.
Vrydag by Luzanne en Bj gaan kuier en oorgeslaap. Ons het na hulle winkel gaan kyk, en Damien is baie beindruk, want hy neem aan die hele German klub behoort aan hulle, cute. Damien en Luzanne het gegym in Bj se kantoor. 2.5kg weights was vir Damien so swaar dat ons vreeslik vir hom gelag het.. sjym julle, kyk hoe natgesweet is hy, en hy was stokflou van 2.5kg
Lekker gekuier, Tv gekyk en baie laat in bed geklim. Ek en Luzanne het hele lys goed gehad wat ons wou doen, en natuurlik het ons nie by een uitgekom nie, haha
Saterdagoggend net na 7 vir Lizette in Irene woud gekry vir ‘trash the dress’ fotos. Dit was vreeslike storm die vorige aand, so alles was sopnat en daar was lekker baie modder. Dankie Lizette, jy was regtig great, en glad nie bang vir nat word of koudkry nie, ons het te lekker gelag.

Saterdag middag was dit Mark & Francis se troue. Lieflike klein intieme troue by Twin Rivers, baie persoonlik. Dit was werklik spesiaal. Francis het soos prinses gelyk. Ons wou in die woud gaan fotos neem, maar alles was ten at, so toe loop ons net in Estate rond en neem fotos. Jolene was my assisitent vir die dag, en sy het dit vreeslik geniet.

Na troue by Jolene hulle gaan oorslaap, laat gekuier, en vroeg opgestaan. Sondag oggend was fotos met Jacques en Tilana, 2 pragtige mense.

Na fotos en omelette, vir Timico in die kar gelaai, en na my ma hulle toe gegaan vir braai die middag saam met almal. Die kinders was almal daar, en ons het vir hulle eiers weggesteek. Dit was somer net ‘n lekker kuier middag. Dankie vir almal wat moeite gedoen het om my te kom sien, en dankie vir ma en pa om alles so mooi reg te kry vir my. Dankie almal vir lekker kuiers!

En natuurlik Maandag oggend is dit weer terug huis toe.Ek het my wynglase as handbagasie gevat, en hele ekstra sak vol goed. Was baie benoud dat ek of oorgewig gaan wees, of dat hulle nie my glase in my hand sou toelaat nie, maar ek het toe sommer maklik alles in Kaap gekry. Alfie het my so vermis, hy het my op lughawe kom haal, en dit was nie nodig vir my om met al my baie sakke op die bus te klim nie.

No comments:

Post a Comment