24 – 26 Mrt 2012
Luzanne kom Kuier!
Love at first sight |
'Capetown in a nutshell’
Saterdag opgelaai, direk Big Bay toe met seepad, tasse afgelaai, en toe Melkbos strand toe vir Beste kaaskoek reg langs see(wat hulle toe nie
het nie, haha) En toe net lekker kuier en Pizza by die huis.
Sondag was Vol! Hillsong 8uur die oggend (en ons het Heelvoor gesit), Awesome!
cross equals love. (sien sielskos) |
Die kreatiwiteit van die mense hier in die Kaap word definitief aangehelp deur die seelug, want alles is amazing. Was in hawe by Houtbaai en het vriendelike rob gesien.
Toe met die mooiste pad ooit langs die see verby Campsbay, Llundudne ens tot in stad by Cape Quarters. Hier het my sussie dit weereens verloor, haha. Was by awesome babwinkel, en sy wil alles net ê. Die diere winkel was verskriklike treat vir ons altwee (ma gaan mal wees oor die winkel), en toe loop ons oor na die Square met Lindt en Andiamo. Mens kan gaan vir klasse hoe om Lindt sjokoloade te maak. Dit behoort baie lekker t ewes Gelukkig was van die winkels hier toe nou al toe, anders het Bj se kredietkaart genuig, haha, alles wat luzanne in die vensters sien, wil sy koop.
Kite surfers gaan kyk op die strand. Die wind het lekker gewaai en ons was vol sand orals, hehe. Ek love my Kite surfers. Bj, dis nou bietjie tyd vir jou om te kom probeer.
Gou by Alf gaan inloer, want Maandag is die dag te vol.. Baie mooi! Alfie het lekker hard gewerk, maar sy plek is nou stunning.
Terug Big Bay toe waar Alf en Onskuld by ons kom kuier. Lekker snacks en wyn, Baie gelag, toe hot chocolate by Moyo wat toe uitgedraai het in cocktaoils by Zandbar tot 1uur in oggend saan met die Zandbar staff, en ons is toe gegroet met drukkies en Luzanne en Alf ie is deur die waiter uit die restaurant gedra, haha. So much for a quiet Sunday evening… (ons het rustige aand beplan)
Maandag oggend bietjie laat geslaap, ons is so net na 8 op.
Muffins gebak, en toe is dit Century City vit istore vir Luzanne, Bellville vir
kamerasak vir my, en toe Butterfly world
O Genade!! Ons het Geen idée gehad wat op ons wag nie! Dis
die Grootste treat ooit! Hierdie is moet
vir almal. Daar is skoenlappers orals, en pappegaaie wat rondvleig en
apies in die bome, marmotte op die grond en Iguanas wat los rondloop, Amazing!
Die mooiste fotos geneem !vlerksleep? |
V&A Waterfront vir lunch en soek vir Isimiyaki vir Bj, huistoe, op banke neergeval van uitputting en toe later lughawe toe
Dankie my swessie! Dis was heeeerlkike kuiertjie, net te kort.
No comments:
Post a Comment