Saturday, 24 March 2012

Babylonstoren saam Adel

20 Mrt 2012
Adel  bel my maandag middag 5uur en sê ek moet haar deurkom Babylonstoren toe, dan kuier ons die aand lekker voor sy die volgende dag weer moet terugvlieg Pretoria toe, en dan New York toe.
Ek gryp my Gps (natuurlik), en daar gaan ek. Dis op die N1 uit in die rigting van Paarl, dan draai mens af op die Franschoek pad. Sjoe die plekke is mooi, dis die een wynplaas na die ander een, en almal is lieflik.
kyk kapstok(boom)

my eie badkamer



uitsig uit my bed


Ek sal maar net met wynboer moet trou, dan is daar genoeg plek vir die 4 kinders om te kom kuier en heerlik te speel, haha.

Adel was hulle gas vir die aand, maar hulle het vir ons albei reggemaak, en was ek in vir ‘n Treat.
Goeie ouers die plek is Amazing, en die mense wat daar werk is awesome. Alles is Stunning mooi, en elke person wat daarwerk is so passievol oor hulle werk. Almal wat op die plaas werk Moet Afrikaans kan praat, en almal is so trots op die plek (nie moeilik nie).
Adel is gewoond om in sulke plekke te bly… Ek nie! O Genade! Julle moet beleef hoe mooi is Alles!

Beleef Ons kombuis!!!!



deur ons venster



groente vars uit boorde uit. Jy kan vleis van restaurant af
bestel, dan braai jy, en maak kos in jou eie kombuis

“Babylonstoren is one of the oldest Cape Dutch farms. It has a fruit and vegetable garden of beauty and diversity, unique accommodation, fine food and a sense of wellbeing.”
Gaan kyk gerus na die website: http://www.babylonstoren.com/
En julle moet die eendjies beleef by “Contact Us” – dis te oulik. Daar is baie eende op die plaas, en hulle word gebruik om te slake te vang in die boorde, en hulle kom self elke middag 4 uur na hulle kampie toe, dan weet die werkers ook sommer dis nou die einde vna die dag. Hoe oulik is dit, dat die eende elke werksdag se einde aankondig. Cute 
Hulle het nuwe wynkelders gebou, wat nou jaar oud is.  Almal is so trots op hulle wynkelder, hulle wil net hê mens moet gaan kyk. Ons het heerlike wyn gehad in ons kamer, en die volgende dag toe kry ons elkeen ‘n bottle van ons gunsteling wyn. Hulle het altyd hulle druiwe aan die ander plase verkoop, maar nou maak hulle self wyn.
Ete.. heerlik

Ons het heerlike aand ete in ons kombuis gekry.
Volgende oggend heerlike ontbyt, daarna die staptoer deur die vrugte boorde en kruietuine ens (ongelooflik groot en mooi), gaan kyk na die lifelike Spa en soutwater plaasdam,  vinnig deur die wynkelders, en toe moes ons jaag, want ek het fotografie klas en Adel het vlug om te maak.

Baie Dankie Adel!!! Dit was awesome!Die kuier tot laatnag was heerlik.
Genoeg gepraat, nou is dit net fototyd. WOW! Enjoy!



Baie voëlhokkies





Add caption


Humansize nest for Birdwatching
Hoe oulik is dit?

mense van Vancoucer saam ons
Hier het almal lekker in lower gesit
alles is so mooi gemerk
Hierdie is op voorblad van nuwe Visi








Plaasdam met houtdek, en soutwater. Awesome!!
wynmaker


alles mooi, nuut en modern. Stunning




No comments:

Post a Comment