Jan '13
- Walemtinesdag - Valentynsdag
- badslye - bladsye
- Toe Ouma hier kuier, ry ons van seinheuwel af almal in kar, en ek gebruik die woord 'shit'. Natuurlik skree Damien vir my ek moet chilli kry, en hy vra of hy dit ook mag sê, ek sê toe hy mag dit net 1 keer sê. Ons ry al die pad huis toe, en het almal al hiervan vergeet. Toe ons by Alf uitklim, toe kyk Damien so vir die siersteen woonsteblik langsaan en sê: 'aggenee, kyk nou hierdie shit huis'. En toe moes jy ons almal van die grond af optel soos ons lag.
- hartgeval - hartaanval
- imfristed - interested
- Drive thru: Ek staan by deur, dan ry hy om die kar met fiets, en elke keer as hy by deur verby kom dan hap hy
- Golwe maak soms skuim wat op strand uitspoel, volgens Damien is dit seep vir die voëltjies om in te bad
- Ons ry in die kar en daar vlieg groot klomp voëls (pelikane) heeltyd in so groot sirkel, maar 'n klomp van hulle. Nou ry ons en kyk vir die voëls. Ek: sien jy die voèls wat so in sirkel vlieg? ek weet nie mooi hoekom hulle dit doen nie. Damien: die groot voëls vlieg voor mamma, dan leer hulle die ander voëls vlieg, dis hoekom hulle in sirkel bly. (ek dink dis briljante redenasie vir 5 jarige, ek het nie eers vir oomblik daaraan gedink nie, die oulike ding)
- Bj vra vir Damien wat wil hy word as hy groot is Damien: 'n Tuinier
- Volgens Damien wil hy ook spixpack hè soos Bj (sixpack op maag)
- Ons is een aand by Alf en Jp en ek wil dat hy vir hulle vertel by watter winkel ons sy skoene gekoop het en dat dit sy favourite skoene is, maar Damien is toe nou nie lus vir my stories nie, so die gesprek gaan so.
Damien: kan nie onthou
Ek: ag kom nou, dink mooi
Damien: kyk my so stupid aan en skud sy kop afkeurend vir my, en sè: "by die skoenwinkel ?"
(nie die antwoord wat ek wou gehad het nie.. maar nou ja, daar gelaat toe, want toe lag ons heerlik
- Hella Metala - Hanna Montana Des '12
- omgeplof - ontplof
- Die son blind op die see - Blink
- Verslaam - verlang
- bokdorings - bok horings
- Ons kuier by Dewaldt en Suza en Dewaldt wil vir Damien storie opsit om te kyk, en Dewaldt sê vir Damien: 'ek het paar stories, onder andere Shrek' en toe sê Damien 'Jaaaaa!!ek wil onder andere kyk' - nog voordat Dewaldt sy sin kon klaar maak
Ons stap in oggende skool toe |
- Ek het vroeg oggend photoshoot gehad op strand en het Damien 6:30 by Alfie afgelaai in sy pajamas. Toe ek hom gaan haal, draai hy my arm om net vinnig na strand te gaan kyk. En toe ons stop, sit daar rob op die sand reg voor ons. Te oulik. Mak en glad nie gepla met ons wat van hom fotos neem nie
- Ek en Damien stap skool toe die oggend en hy wil hê ons moet al die pad draf. Ek sê, nee man ek kan nie so ver draf nie, ek is te oud. Hy vlieg om en lig sy stem en sê: Nee, man, jy is nie oud nie, Ou mense het goue tande. whahahahahaha!
- Ons bure se kat is baie vriendelik en is elke oggend op matjie voor ons deur as ons uitkom. Sy naam is Joe Cool. Damien kom die oggend ingehardloop en kom roep my baie opgewonde om te kom kyk. Ek moet kom kyk, die kat luister as Damien met hom praat, en hy doen alles wat Damien sê. Eks toe nou skepties, maar stap toe nou maarr en gaan kyk. Hy loop tot by die kat, en sè kliphard 'beweeg kat', en die kat loop so paar tree vorentoe. Damiern gooi sy arms trots in die lig en sê vir my "sien, hy luister.. en jy wou my nie glo nie"
- Damien het besluit Luzanne moet ook in die middae saam hom slaap, want sy is klien en sy moet ook nog groei. (Ek sê altyd hy moet in middae slaap, want hy groei nog)
- Ek spuit die oggend miergif by al ons deure en vensters, en Damien loop saam en kyk die storie net so aan. Die middag sit hy op die mat en kyk na iets op die vloer en hy roep ek moet kom kyk, hier is 'n mier in ons huis. Ek sê 'ag nee, nou wat die mier nou in ons huis'. Damien: 'hy loop seker deur ons huis en soek 'n hospitaal vir al sy maatjies buite wat doodgaan.' (dan draai ek om, en gaan lag buite)
Piekniek op trap |
Ons onderste kas is sy 'huisie' |
As wind te veel buite waai, slaan ons tent op sy bed vir hom op |
- Hy kom die oggend uit die kamer en het homself aangetrek. Weier om hemp toe te knoop en selfoon in die sak. "ek lyk soos my oupa".. en ons is so dorp toe met die selfoon in sak en die oop hemp
- Lazarus (in Bybel) = Laaste rus
- Goliat (in Bybel) = Gooilat
- stofdinge = karre se uitlaatpype
- boy wyn - brandewyn (ek het geen idee waar dit vandaan kom nie)
- Jinglebells sê hy Tinkerbells
Damien skryf al amper sy hele naam op sy eie (Okt '12) |
* Ek kom oggend uit kamer met my hare in ponietail
D: hoekom lyk jou hare so? (frons op gesig)
Jy lyk soos 'n ander girl, ek hou nie daarvan nie.
* Ek moet sy hare soos reënboog kam - dis alles bo oor sy kop na een kant toe, dan lyk dit in spieëel vir hom soos reënboog
* As hy stort met my bodywash wat Honey Almond is - dan is hy my Vla-kind, want hy ruik soos vla (volgens hom)
* Ek gaan haal hom by skool en my kop is bietjie seer
D: wat is fout, hoekom smile jy nie?
Ek: Ek voel nie so lekker nie
D: wat is fout ? Is jy bietjie oud?
Alweeeeeeer op die strand
Dis Martie se brille wat sy hier vergeet het.
En die kralletjies om sy nek het hy self gemaak
Kyk, my 'outjie' sleep op die grond, eks nou groot. haha. (Hy maak sy japon se knope vas en trek die arms deur die bene aan, dan hang die kappie op die grond.) |
Sy eie chocolate koek vir sy 100ste dag in die Kaap! |
Hy maak My bed alleen op met groot moeite |
Konsert vir my in my huis, Met back up kitaar speler |
- wind in the poo - Winnie the poo (het rukkie gevat om uit te maak, tot hy vir my prentjie wys)
- badslye - bladsye
- trou - as meisie en ou dans
- Damien hou nie van die dae wat my oè geel is nie, hulle moet groen wees (die wat my ken, weet die oge verander kleur afhangende van die gemoed)
- Damien baie ontsteld want ek sè ons mag nie sy kamer verander na Barbie toe nie (gelukkig volgende dag, toe lag hy self, en sê Barbie is vir girls)
- Hy wil spieël teen sy kamer se dak hê, dat hy vir homseld kan lê en kyk (hahaha)
- Hulle het ons huis uitgeverf, en Damien toe baie ongelukkig toe hulle nie sy kamer oienk verf nie
- Jp hulle het hier gekuier, en Jp hulle fluister iets, gevolg was dat ons vir die volgende week gefluister het in ons huis
- my hare vasgemaak in poniestert D: hoekom lyk jou hare so? (trek neus op) Jy lyk soos 'n ander girl, ek hou nie daarvan nie. (kan jy nou meer, hahaha)
- Damien praat engels oor die foon met sy oupa. Oupa is toe oulik genoeg om in engels te antwoord. Toe Damien die foon neersit vertel hy my hoe oulik is sy Oupa, want sy Oupa kan engels praat, haha
D: kyk my oulike boudjies (dan vryf hy sy boudjies)
Ek: dis baie oulik
D: kyk my oulike handjies (dan lig hy handjies op)
Ek: dis baie oulik
D: kyk my oulike voetjies (dan lig hy voetjies op)
Ek: dis baie oulik
D: kyk my oulike tottie (dan trek hy sy arme outjie)
Ek: dis baie oulik
hy draai om en loop baie tevrede so 2 tree aan, draai om en sê:
ag, eks oulik, nè?
Ek: (sluk my lag) ja, jy is pragtig (dan gaan lag ek maar waar hy my nie kan sien nie)
ai tog, so klein, en die pad na sy hart is alreeds nie meer deur sy maag nie, maar deur sy Ego.. ai tog, die mans, hahaha
Paar sê-goed:
- drinke saam ete - koeldrank saam ete
- koue heater in die kar - aircon
- Hy wil nie Ratatouie kyk voor hy nie Rata one gekyk het nie. (my rukkie gevat, maar dis baie skerp)
- hammer en skypers - hammer en spykers
- fravrourite - gunsteling
- wiskunene - wiskunde
- tikkels - kielie
On top of the world!! |
Kinder Onskuld..
Ek en Damien ry in die kar, hy sit agter in sy stoeltjie en lees vir my boek. Die volgende oomblik sê hy: 'die oom sit op die stoeltjie en trek die moo se tottie'
Ek het geen idee wat hy lees nie, en gooi omtrent die kar om. Dis toe maar net sy interpretasie van 'n oom wat 'n koei melk.. Dood onskuldig, en hy kon glad nie verstaan hoekom ek so oor reageer en hoekom ek lag so hard probeer sluk nie. Toe leer ek hom gou van koei melk, haha.
Damien weeg 16kg en is 98 cm lank met sy Kaap aankoms, 26 Junie 2012, en as hy grootter is gaan hy kitesurf en 'n bike ry (volgens hom). Voet 15cm en sy hand is 11cm
Hier is lys van woorde en hoe hy dit uitspreek. Ek maak al lankal die lys, so van die goedjies het hy nou al bemeester.
Ek kan nie alles opskryf nie, daar is te veel, veral as dit by sy 'Engels' kom. In sy kop is hy 2talig, en almal kan presies verstaan wat hy sê.. en glo my, dis nie die geval nie, hahaha
- Damien was vir paar dae 'n prinses, met die naam Ariel. Toe gaan kuier ons by Dewald en Suzelle, en Dewald besluit toe, nee, die prinses ding werk nie. Praat mooi met Damien, en verduidelik vir hom seuntjies is prinse, en dis Baie cooler as prinsesse, want hulle het perde. So, Dankie Dewaldt, nou het ek prins, met perd.. en ek moet met perd praat en hom nag sê, en hom drukkies gee.. ai
- Ek stap in badkamer in waar hy bad,
Ek: nee sies man,
hoekom stink die badkamer so?
Damien
antwoord dadelik: dis my perd wat so stink poep, dis belaglik, jaag hom asb net
uit die badkamer uit.
Ek loop tot
by bad en sien die een bad speelding is gebyt, ek se niks, tel net die ding op
Damien: sien jy daai perd van my is baie stout, hy het in die bad gespring, my
speelding gegryp en hom gebyt. Ek het mos gese jaag hom uit.
Daar staan my perd
nou agter jou, raas sommer self met hom.
Ek: Ok, Damien... skud kop, draai maar net om en loop uit..
- Ons pisbos is nommer 2. Dit beteken: ons Posbus is nommer 2
- Liedjie: Vader kop Ja - Vader Jakob
- Damien in bad, hy roep my: staan regop (kaalgat) en vra: Mamma is ek vir jou pragtag? Ek: natuurlik is jy. Damien: ok, met groot smile gaan sit hy en bad verder..
- Liewe Jesus, gee vir my girlfriend dat ek vir haar kan drukkies gee. Amen Ek het glad nie geweet waar Damien hieraan kom nie, toe hoor ek volgende dag, dis sy oupa wat vir hom oor foon gesê het hy moet girlfriend kry.. Sy oupa!!
- Kompleks alarm het in middel van die nag afgegaan (dis Baie hard) Damien word wakker en begin huil. Hy kom na my kamer toe en se: Daai alarm is so hard, dit skree die trane uit my oe uit! Sjym
- Stomp messe - stonk messe en appelstronke - appelstonke
- Me is the stucking - sit vas in modder
- Kan ddws ook in jou 'vodashop' gaan? Beteken: Kan ipad dvd vat? (Ek het ipad by Vodashop gekry, haha)
- Wiskelinde - wiskunde (ewn so week later, wiskundede)
- Brood se doppie - korsie
- Whadewhek liedjie - 'wide awake van Katty Perry'
- Undallasie - under the sea liedjie van Little Mermaid
- Damien se engels vannaand (vir my): You is my mommy, ou is Beautifully. Is dit nie te oulik nie
- Gebedjie
Thank you for mommy
Thank you for home
Thank you for story
Amen
- Hoor net Damien skree vir iemand op die stoep heeltyd "smile". Ek loop toe maar uit en gaan kyk. Hier staan hy met sy kamera en skree vir die son.. Smile!
- My tande se plastieks brand van die sout (Tandvleis brand van die sout)
- Bote garage - hawe
- Papnat - klipnat
Sjokolade met pitte - chocolate met neute in
dieriewie - dvd
ddv - dvd (Julie '12)
ddv - dvd (Julie '12)
Hememaal - heeltemal
Kom me dısher - condıtıoner (Apr '12)
Hy is gekwax - hy is reg
Smile
my af - neem my af (foto)
Truviaal - materiaal
soltraaijie - soldaatjie
My maag
het hoofpyn - sy maag is seer
Ek het jou 10 vermis - beteken, ek het jou die meeste gemis
Timinutewinit - minute to win it
Arpetril - aartappel
Pejaam- is pajama broek, want dis net 1 (pajama is volgens hom meervoud)
Ogies- mashmallows
Awesome- asem in my maag
Balletjies water - gegeurde mineraalwater
Stjokolits- chocolates
Weetbix - weebskicks
Zebra- sleeba
Stikusting- discisting
Lamehes- Marihes
Om en om eier- gekookte eier
Allelarm- alarm
Tlaiher - trailer
Skille - broodkorsies
Kilieklok -
keylock op selfoon
* ıs jellıe blınd? Laat dıt nıe kan sıen as mens dıt gaan
eet nıe?
* Die gebed vanoggend in my huis: 'Liewe Jesus kan jy jou
drooglap vat en ons stoep droogmaak, en die strand droogmaak' amen. Liewe Jesus se Hy trek net gou aan, dan sal
Hy ons stoep en ons strand droogmaak.
(En al het dit hele week gereen, het Liewe Jesus die stoep drooggemaak, en ons is later strand toe
Jul '12)
* kry mens skoonma?
L: Ja damien
D:nou kry mens dan vuil ma
ook?
* Damien: kom bad my?
L: bad jouself
D: ek kan nie
L: hoekom nie?
D: ek gaan sweet, dan is ek weer vuil
* Liewe Jesus sit asb salf in my oog,dat hy nie meer seer
word nie. Amen. - Jun '12
No comments:
Post a Comment