Alledaags..

Hier gaan ek julle op hoogte hou van Alledaagse verskynsels hier in die Kaap.
Almal is nie 'oud-gautengers' soos ek nie, so hulle sien meeste van die dinge nie eers raak nie, en kyk my soms snaaks aan as ek fotos van die goed neem, maar duidelik word sekere goed hier net anders gedoen as  in Gauteng

  •  Tafelberg

 
  • Badkamers
Badkamers in die Kaap is nogal iets waarmee die plekke moeite doen
Hierdie is sommer Spar in Cape Quarters se badkamers. Daar is selfs hak vir jou handsak.


  • Stunning foto geleenthede

  • KiteSurfing
Hierdie lyk Awesome!
En ek sal glad nie omgee om eeeeendag self te wil probeer nie.
Ek is mal daaroor om op middae wat die wind waai, so 5uur se kant op die strand te gaan sit, en myself te verwonder aan die Kitesurfers. Dit lyk soos lekker!! Ek is verseker nie die enigste stupid ou-Gautenger wat my verkyk nie, daar is elke keer klomp mense op die strand. Baie mense gaan in die middae na werk strand toe met die honde en die kinders.

Op hierdie spesifieke dag kon ek 78 Kites tel, so kyk baie mooi om almal op die foto raak te sien.
Daar word lesse aangebied op die strand. Bj en Luzanne sal maar moet gaan lesse doen as hulle kom kuier!! Ek kan nie wag om fotos daarvan te blog nie!
(Laat my nogal dink aan toe ek jonger was, het ek en my Pa Windsurfing probeer, whahaha, dit was histeries.)

Kyk die 2 Huskies (onder op die lang foto). Hulle 2 swem te heerlik as hulle strand toe gaan, dis te oulik..

  • Monster Trok

  • Hasies busstop
 Hierdie is my Favourite. Dis die busstop voor Bayside. "South Eater Bunnies" - is dit nie te oulik nie.. kyk hoe waai die wind die ore, hehe

  • Vloer in Bayside sentrum
Kyk hoe mooi is die vloer in Bayside Mall

  • Hond en sy Tyre
Hierdie is hond wat ons langs die straat gesien het, en ek moes net stop vir fotos.
Hy was baie bly om te gaan stap met sy tyre
Die is hond so reg na my pa se hart. Lyk soos kruising tussen Pitbull en Boerboel. Wat die kruising ookal is, ek het nog nooit so fris hond gesien nie, nie eers Boelie nie.
Kyk hoe speel hy met sy tyre, te oulik..
Maar ek kan verseker sê, as jy naby sy baas of sy tyre gaan kom, gaan jy 'n arm verloor..
  • Century City Swembad
Swembad (glas) in die lug, ek sal nog probeer fotos neem as daar mense swem.






  • Moms & Tots parkering    
By baie van die winkelsentrums is daar voor by ingange ,langs Disabled Parking, parkerings vir mammas met klein kindertjies.  Sekere van my vriende (Suzelle,hehe) is  van mening die parkerings is net vir moeders wat se kinders nog in stootkarretjies is (soos op  prentjie), en nie vir my en Damien nie, maar hieroor het die hof nog nie besluit nie.. haha
Of ek en Damien nou hier gaan parkeer of nie, ek dink steeds dis Baie oulike idee.

 Alfie het sms wat hy heerlik oor lag, as die 'disabled parkering' onderwerp opkom, 
 so ek deel graag sy sms:
"het nou net 'n ou in rolstoel hard gem**r..
  hy stop op die normale parkering by Pick n Pay
  reëls is reëls pappie"

  •  Animal Friendly
Hier sien mens diere orals. Gereelde verskynsel is die honde wat by winkels se deure aan paal of iets vasgemaak is, en baie geduldig sit en wag tot sy baas uitkom, en van die hondjies geniet natuurlik verskriklik al die aandag van al die mense terwyl hulle sit en wag
In restaurante (veral die naby die see) word honde in die restaurante toegelaat, hulle lê onder tafel of by jou voete, en van die restaurante (dis nou hier by Eden on Bay, winkels by my) is hulle selfs so oulik as om vir die honde water en koekies uit te sit.. te oulik

  •  Arrogante Meeue
Die seeu meeue hier is glad nie skaam nie. Ek het nou die dag gaan fotos neem van die Kite surfers (jip dit kom nog), toe kom sit hierdie outjie reg langs my en kyk wat ek doen en sy maatjies reg agter hom, en ek kan maar beweeg en praat, hulle sit ..
 'dis My strand die, en ek hou jou dop met daai kamera'                                        

en as ek direk vir hulle kyk dan kyk hulle weg..

·         My Family

Ek het baie vinnig opgemerk dat baie karre agter in die venster sulke stickers het van
mannetjie, vroutjie en kindertjies, maar almal lyk anders. So toe begin ek nou
spesifiek kyk vir die oulike goedjies. Totdat ek agter kar gery het met perd, hond en 2 katte, plus die mense, toe besef ek daar is diertjies ook.
En toe kry ek dit! Te oulik. Dis stickers wat jy koop wat jou familie te beste voorstel.













5 comments:

  1. Haloa, na Ure se gesukkel en met Jolene se hulp probeer ons weer! Jou Blog is STUNNING

    ReplyDelete
  2. awesome!bly julle hou van my blog, en baie bly julle kan comment, nou voel dit tenminste of iemand my blog lees, hehe

    ReplyDelete
  3. Ja dit is awesome Lyk net na baie werk as ons so sukkel om te comment. Kan nie wag vir vlgde fotos nie NICE!!!! Liefde Ma

    ReplyDelete
  4. Ek leef tog te lekker saam met julle. Dit is stunning.

    ReplyDelete
  5. Hi Lizelle ek het nou na 'n hele ses maande weer gaan opvang. Dis awesome. Ek is so bly jy en Damien is so gelukkig in die Kaap. Geniet dit.

    ReplyDelete