Lag in die mou, of sommer kliphard..

Hier sal ek julle op hoogte hou van die goed wat my laat lag..
Van dit mag dalk nie vir almal snaaks wees nie, maar was verseker vir my lagwekkend anders sou ek dit nie in my blog gesit het nie

  • Wyn op Sondag(jammer ma, haha)


Dis Kaapstad, en hier by Ons sluit die wynverkope al Saterdag middae ,al van 1 uur af in meeste van die winkels.
By lughawe in Woolworths sluit dit Saterdag 5 uur (vra my en Luzanne, ons weet, haha)
Op Sondae kan jy nerens wyn koop nie.

Ons het sondag 'games' dag gehad, (30 Seconds). En dit was heerlike warm somersdag. Ek is toe baie lus vir lekker Rosè met baie ys, Robertson of Four Cousins, of iets. Maar ons winkels maak al saterdag middae wynverkope toe! Ek was Baie lus vir wyn, en vra toe vir Alf, en toe hy hoor van lekker koue Rosè in die hitte, toe het hy ook lus. Ek maak grap en vra vir Alf en Jp of hulle nie weet waar is sjibeen nie, hahahaha.Jp geskok, en Alf sê hy weet ook nie, maar hy gaan plan maak, want teen die tyd is sy lus vir die koue wyn toe nou al erger as myne. Tipies, as jy mos nou weet jy kan iets nie kry nie, dan Wil jy dit mos nou hê.
So, toe gaan flirt hy met die tannie by 7/11 en bribe haar vir wyn op sondag!! whahahahahahaha! Toe koop hy sommer (daardie) 1.5 liter 4 Cousin, hahahaha.
En nou weet ons waar om wyn in ‘Noodgevalle’ te kry, hahaha.
Les van die dag: Sorg Altyd dat jy lekker koue Rosè in jou yskas het in die somer.


  • Wishing well in Bettiesbaai
En hier is hoe Merle (Alf se sussie)dit doen:
Jy gooi geld in, en dan sien jy dit was R5, dan haal jy dit uit want R5 is te veel (waar in jou lewe haal jy geld Uit, hehe), en dan verduidelik kleurling vroutjie vir jou jy moet oor jou regterskouer gooi, so dan gooi jy oor skouer tot jy die water tref. En dan wil sy weet wat almal gewens het, haha..

  • Jivas Mark (Eastern Food bazaar)
Ek en Marts wou gaan lunch by Indiese plek in die stad. Natuurlike ding om te doen, is om vir Alf te vra waar dit is.
Alf nie seker oor die straatnaam nie, maar hy is Verseker die naam is Jivas
Ek Google ‘Jivas’, en kry niks, Gps kry ook nie Jivas nie, ons besluit toe maar om te ry en te gaan soek. Ons stop by garage in die stad, maar Niemand ken Jivas nie, wat Baie snaaks is, want dis groot bekende plek. Maar niks gaan ons afsit nie, ons soek Jivas. Met die op en af ryery, en stop en vra, ry ons toe regvoor plek verby, en kry dadelik parkering.
Net om uit die kar uit te klim en te sien dat die afdakkie voor die plek ‘n’ JIVE’ advertensie aan die kant het. Dis hier waar ons toe kliphard uitbars van die lag, want besef toe dis Alf se “Jivas

(Jive is koeldrank wat baie hier adverteer word)

Die plek se naam is “Eastern Food bazaar”,  Nie jivas nie! hahaha

Natuurlik vir Alf gebel, en ons oor ‘n mik gelag.. Jive Koeldrank sal nooit weer dieselfde wees nie, en ek spot hom gereeld met sms soos hieronder
Dis seker om Jivas kliente se take aways af te laai

Jivas het tot yskaste vir jou take aways

o, tussen Als se Jivas en Marts se Groenplein, kan julle sien hoekom ek so mal is oor my betroubare GPS
  • Brode of klippe?
Ek stuur vir Luzanne  foto van die trailor by Biscuit Mill en sê vir haar sy moet kyk hoe oulik is dit..
..en haar reply was, dat sy nie verstaan wat so oulik is aan 'n trailor volle klippe nie,
hahahaha.
Brode my sussie, brode.

(Die ou staan 4 uur in oggend op en bak die brode in Paarl en bring dit dan mark toe, en dit verkoop soos soetkoek )





  • Marts by Biscuit Mill
Marts het in badkamer haar eie broek sopnat gespat, en moes toe met die  nat broek tussen al daai mense rondloop tot hy droog is. Het definitief gelyk of die badkamer vir haar te ver was, hehe

Groenmark..

Martie stop polisie vrou in Kaapstad, en vra waar kan ons 'groen Mark' kry. Die polisievrou het geen idee waarvan Marts praat nie, en het baie dom uitdrukking op die gesig
Die een langs haar vra of Martie nie dalk 'Greenmarket square' soek nie, hahaha. Toe bars ons al vier maar kliphard uit van die lag.. Ai martie, jou toeris..Marts by Biscuit MillMarts by Biscuit Mill

1 comment:

  1. Wel dan wil ek ook hier"add"!Ons het netso gelag om by jou blog in te kom! Lagwekkend maar gedoen en nou kan dit net lekker wees! mooi dag Dit reen lekker sag hier! Nou gaan ek werk!!!!!

    ReplyDelete