5 Mei '12
Vir my Verjaarsdag was ons JC leRoux vir Champagne en Nougat
tasting , en toe vir Suzelle se verjaarsdag gaan ons KWV toe vir Biltong, Nut
& Wine tasting.
Suzelle het sagte plekkie vir KWV, want haar pa het baie
jare daar gewerk. Dit was weereens heerlik. Hulle vertel vir jou mooi wat se neute
en biltong ens, om saam met watter wyn te drink. Die lekkerste is die KWV
Vonkelwyn (rooi bottle op fotos)!Vriende van Suzelle het deurgekom en haar verras in Paarl met haar verjaarsdag, en hulle was ook by KWV.
Daarna het ons vir Keana en Suzelle se niggie gaan oplaai (sy het my benoud gepraat,hehe) en toe is ons Franschoek toe. Stunning Mooi!! WOW!
Ons was by paar kunsgallerye in, en toe heerlike Milo en koek.
Ons was heeltemal te kort in Franschoek, ek sal Moet teruggaan, daar is nog baie fotos wat geneem moet word.
Terug na Suza se plek toe, lekker sop geëet, heerlik
gekuier, en oorgeslaap en volgende oggend is ek en Carin terug na my plekkie
toe.
Thanks vir lekker dag Suza, dit was heeeerlik! En Baie mooihout hart in kunsgallery hy is so 50cm hoog |
No comments:
Post a Comment