Thursday, 3 May 2012

My Ma kom kuier!


24 Apr'12
DINSDAG
Verwelkoming by Lughawe nadat moeder gelukkig genoeg was om op vroeër , en beter (BA) vlug te klim waarop hulle sommer ontbyt ook gekry het. Verwelkoming pakkie met : Ricoffy, Kondensmelk, Amarula, slippers en Sta-soft (my ma is mal oor advertensie) is oorhandig.

Ry seepad huistoe en gaan wys Popham straat. Daar is nie tyd vir koffie by Popham nie, want my ma wil net my plek sien, sy kon nie wag nie..
Civic stasie                                   Beeld net buite stasie
Op moeder se aanvraag, gaan ons bus ry. My Citi Bus buskaart gaan kry, kar by huis gaan los, bus stop toe gestap en gery tot by  V&A Waterfront . Waar ons afklim het klomp regte Kaapse kleurlinge heerlik met my ma gekuier. Sy sou daar kuier vir die hele dag, maar ongelukkig het ons vol program gehad.

Dit was so perfekte dag, dat ons nie anders kon as om “Wheel of excellence” te ry nie.

Was nie op beplanning vir vandag nie, so toe is ons baie laat, en  moes Alfie hulle ons kom oplaai by busstop en ons is toe dadelik uit vir die aand. Geen tyd eers vir titteweit by die huis nie, haha.
ET phone home

Ete by  Maestro’s langs die Ligtoring, met die mooiste uitsig vir sonsondergang. My ma se eerste sonsondergang oor die see. Ons het heerlikste pizza en prawns gehad. En ons het Walvis gesien..






Aand treat my ma ons vir Baxter teater : Doodsnikke van Anna-Mart, 19:00

Alf en sy ma het verskriklik gelag, en my ma het dit vreeslik geniet. Ons het sommer heelvoor gesit.

Die eerste dag was sommer propvol, en baie lekker.

Na lekker Amarula op die stoep is ons bed toe.



·         WOENSDAG

Beplanning was om Bettiesbaai toe te ry, maar ons besluit toe om eerder ander plekke te gaan kyk. Die pad gevat en al langs die see afgery, die mooiste pad ontdek met gps deur Kampsbaai (nie langs see nie, bietjie hoër op), verby Clifton en dan tot in Houtbaai waar ons heerlike vars vis vir middagete by Snoekies in die hawe gehad. Ons was op vakansie by Houtbaai hotel in 1989 (Jolene was nog saam), en my ma wou graag gaan kyk hoe dit nou lyk. Ons is ingenooi om na ‘renovations’ te kom kyk hoe mooi die plek nou is. Dis Stunning! Hier is link, gaan kyk gerus
Muizenberg                     Noordhoek                    Pikkewyne in Simonstad

Chapmans Peak oor, Noordhoek se ongelooflike mooi wit strande en deur na Vishoek, Muizenberg (met die meeste golwe) en Simon stad toe. By Simonstad het ons gaan pikkewyne kyk, die oulikste goed. Pick n Pay toe en gaan japonne koop, Dankie vir my mooi strepies japon ma! Moeder het vir haar spierwit fluffy japon gekoop, en sy kon nie wag in die oggende (of die aande) om hom aan te trek en op bank in die hoek te gaan sit nie.

Was gou Melkbos strand toe, en toe sonsondergang op my stoep.

Koffie by Alf gaan drink, Merle, Margaret en die Tannie was ook daar. Natuurlik is my ma met haar Nuwe wit japon en slippers na Alfie hulle toe, haha. Lekker wyntjie gedrink en bietjie gekuier.



·         DONDERDAG

Deurskynende vlerke        Bottelbrushes (toeriste)     Voëltjies wat bad
Skoenlapper plaas toe op die Franshoek pad. Mooiste fotos geneem, veral van my ma en Sunny (voëltjie wat nie van haar wou afklim nie)

Cape Quarters gaan wys met baie oulike Pet shop en stunning Superspar  en  daarna Fire & Ice se badkamers.  En ja, die ‘temptation’ was vir haar te veel om nie die handdoek op te lig nie, ons het so lekker gelag. (gaan nie meer vertel nie, want vele van julle gaan nog die badkamers besoek, dan sal julle verstaan, hehe). Ons het heerlike Hoender en croissant gekoop vir ete, maar dit word toe sommer padkos in die kar, want party mense (wat nie bestuur nie) kon nie wag tot by die huis nie, haha.

kyk die groot golwe, Of Nie! glad nie
Sonsondergang op strand by Big Bay

Heerlik met japonne op bank gesit en Huisgenoot lees, en toe kyk ons Something’s gotta give



·         VRYDAG

Die oggend sommer net lekker rondgekarring by die huis, ek het bietjie gesit en werk terwyl my ma troeteldiere op die stoep begin mak maak het. (Sy het seemeeue begin voer op stoep, en nou kom soek hulle gereeld iets om te eet)

Marigold Hotel fliek gaan kyk en fliekkaart gekry by Edgars, dat ma en pa in Gauteng saterdae aande kan gaan fleik vir R30, bargain.

Gaan stap in Parlements tuine met eekhorinkies en voer hulle pruimedante wat ek in my handsak gehad het,  en oppad huistoe ry ons verby die Kasteel.

Koffie               Twilight                                    Idiote met cabriolet in mis               
Sonsondergang ry ons toe Sein Heuwel  toe, al kon ons van Blouberg af sien, die berg is vol mis. Ons vat toe nie piekniekmandjie soos beplan nie, net baadjies en kameras. En behalwe vir die mooiste ‘Twilight’ mis op seinheuwel, is daar toe man wat koffie verkoop. Hy was my ma se held vir die dag.
moeder se hoekie op stoep

In plaas van Harbor Market, toe kuier ons lekker by die huis, en kyk Bucket List dvd.



·         SATERDAG

Biscuit Mill

Aflaai by Lughawe
Baie dankie vir Heeeeeerlike kuier ma!!

Popham straat, my gunsteling


Ek kon nie wag om vir my ma die golwe, die mooi skepe op die see wat wag om hawe in te gaan, en natuurlik die kitesurfers te wys nie.. maar die Kaap het ander planne gehad. Geen golwe, Geen skepe, en Geen wind vir Kitesurfers nie..  maar dis ok, daars altyd ‘n volgende keer.

1 comment:

  1. Julle twee sy tyd saam het heerlik gelyk!! Kanie glo julle het so baie in so min dae gedoen nie, al die rond rits - ek is trots op ma, hehe.
    WOW julle wolke met wheel of excellence, dis net een te veel vir my !!
    Eish nee kyk , die golwe en skepe en kitesurfers, dis n teken dat ma net gou weer moet gaan kuier!!

    Die kaap is heerlik, en glo ma stem saam my mens wil net weer gou terug gaan!

    PS - jou foto van popham straat - SJOE dis stunning!! wen foto

    liefdetjies ekke
    xxx

    ReplyDelete