Friday, 25 May 2012

Kasteel saam Carin

6 Mei '12
Carin het paar dae by my gekuier, en die die plek wat sy die graagste wou sien was die Kasteel, so Kasteel het ons gaan besoek.

Ons was eers  Fire & Ice en Cape Quarters toe en het daarna gaan piekniek hou in tuine by eekhorintjies, en toe Kasteel toe.Ons was bietjie laat, so ons het net uur en half gehad om deur te gaan, maar dit was lank genoeg vir my, Carin was in haar element met alles, en sy sou die dag daar kon deurbring. Baie oulike man gehad wat in die kasteel saam ons geloop het en al ons vrae beantwoord het oor die skilderye ens.
Baie interessant, maar  ons het besluit die mans van daai tyd het soos vrouens gelyk, hulle almal          (Jan v Riebeek ingesluit) is sulke ou klein mannetjies met sulke fyn gesiggies.
Daarna was ons Seinheuwel toe.


No comments:

Post a Comment