19 Jan '13
Die Hemel het ‘n nuwe Engel gekry..
My Tannie Judy is oorlede. My Ma se suster wat in Pongola woon
Die
Liewe Vader het haar kom verlos van haar stryd teen kanker en die vreeslike
pyn. My gebede is met elkeen van die Terblanche gesinslede, en ook met haar 2
susters, Fiena en my ma. Sy is verseker op beter plek.. Sy was pragtige mens en
‘n voorbeeld vir elkeen van ons.. sy het nooit gekla oor haar siekte nie, en
het altyd glimlag probeer opsit, en haar liefde vir haar gesin het boekdele
gespreek..
Tannie Judy, dankie vir wie en wat jy was.. ons gaan jou verseker mis, en jy
het verseker’n leemte in elkeen se lewe gelos wat die voorreg gehad het om jou
op hulle lewenspadjies te kry..
Ons
dank die Vader dat Hy jou vir ons almal geleen het. Rus in Vrede Tannie Judy
No comments:
Post a Comment