Thursday, 7 March 2013

Gauteng besoek Jan '13


Ek het een van my hoogtepunte uitgelaat in Desember blog:
Ons almal was Hillsong toe. Wat ‘n blessing om my Pa, Damien en Jvr saam my in kerk te hè.

Gauteng Besoek Januarie ‘13:

12 Januarie ’13:
Land op Lanseria en Jolene en Henning laai my op. Vlug was baie vinnig, en ons het oulikste vlieènier gehad.
My besoek het sommer met 'n Partytjie begin, haha
Happy 40th Captain Sparrow.. ag ek bedoel Henning!!


Henning se 40ste Partytjie was ‘Hats & Heels’ tema, so die mans se uitrusting moet pas by hulle hoede en die vrouens se uitrustings moet pas by skoene wat hulle aanhet.

Die gaste het regtig moeite gedoen, dit was baie oulik.. dis min dat mens na Tema partytjie toe gaan en omtrent almal het moeite gedoen en oulike idees uitgedink om by Tema te hou.  Hier is klomp fotos dat julle kan sien hoe oulik almal was..
Henning was Jack Sparrow, Jolene was Aspoestertjie, Fiena en Kobus het Vrek goed gelyk met hulle Flintstones klere,  Jvr het almal verblind met hulle heldergeel Tennis Uitrustings, my Pa was Cowboy, en Moeder was Marilyn Monroe (sy het tot voor die waaier gestaan vir ‘rok opwaai’ foto, haha).
Daar was 'n Photobooth waar gaste kon gaan fotos neem, Baie baie oulik. En trommel met allerhande goed in wat jy ook kon gebruik vir die fotos.



Sondag net lekker rustig gewees by Jolene hulle se huis, Jolene was uitgeput! Kyk haar maag in die foto bo.  En die middag het Henning heerlik vir ons gebraai op sy nuwe gasbraaier, Heerlik.

 Timico was Baie bly om my te sien! Hy kon nie sy oë glo die eerste dag nie, sjym. Ek mis my hond verskriklik!
14de: Na my ma hulle toe in Irene. Ek en moeder het lekker rustig gekuier by die huis, lekker gekekkel en ek het bietjie uitsorteer van my goed wat nog in hulle huis staan.  Q Photo toe vir my boeke. Volgende oggend het ek tot omelette vir ontbyt gehad, heerlik. Dankie Ma.
15de aand: Gaan eet by Bistro’s in Irene saam klomp van my Gauteng maatjies. Maria, Martie, Mark, Francis,  Louise, Dolf en Carin – Baie dankie julle! Was heerlik om net lekker rustig saam julle almal te kuier, die kuiertjie was net te kort.. julle sal maar vir my moet kom kuier in die Kaap.
16de: Gaan kuier vir die dag by Cornè hulle by salon, en word heerlik bederf met hare, voete, tone, en sak vol geskenke. Baie dankie vir die bederf, dit was regtig Baie lekker.
17de: Het vir Damien vandag gaan haal, ek het die klein stront gemis (hy het 5de saam Oupa teruggegaan Gauteng toe). Gaan eet die aand by Ettienne en Christa en hoor al die stories en die beplanning met die nuweling oppad.  Christa wys vir my sonar fotos van seuntjie Reese (beteken: Enthusiasm). Christa hulle gee vir Damien groot geel brille, vere en hoed met kolle.. toe word daar vir ons gese om te sit vir konsert, en toe sing en dans hy vir ons, haha
18de:  Sonar saam Jolene en Henning.  Wat ‘n wonderwerk! Dis amazing om dit te sien, maar kyk toe daai dokter die klank aansit en mens hoor daai hartkloppie, toe skop die realiteit heeltemal in oor die wonderwerkie wat besig is om ‘n mensie van sy eie te word in sy mamma se maag.. Amazing. En al wou Jolene aanvanklik nie geweet het of dit seuntjie of dogtertjie is nie, kon jy nie anders as om duidelik te sien nie.. It’s a Boy!!!   Visvang! Hahaha. Sy naam is Ayden (beteken: Little Fire)

18de: Vat bietjie die klomp kinders McDonalds toe vir speel en lekker roomys.
 
Gaan na Luzanne hulle toe, en sien hulle Stunning stoep! Baie mooi! dit voel soos vakansie as mens daar kuier, al wat kort is die see! (en ‘n mooi bergie in die agtergrond sal ook nie sleg wees nie, hehe). Hulle gaan wys vir my Sandton City wat oorgedoen is.. Baie mooi.
Kuier die aand lekker en Bj braai te heerlik vir ons op hulle mooi stoep.





19de: Happy 30th Bj!!!!
Vroeg opgestaan en Bj het geskenke gekry. Luzanne het vir hom Tag Heuer Horlosie gekoop vir sy 30ste verjaarsdag.
Luzanne het gereel dat hulle gaan Valskerm spring vir Bj se verjaarsdag. (Geskenk wat Lilla oorhandig het in foto onder) Hy het nie daarvan geweet nie, maar sy moes hom toe nou die oggend inlig, want hulle moes Indemnities invul.. en toe begin Luzanne stress vir so rukkie (was baie snaaks, haha). Lekkersjampanje ontbut gehad ook. Ongelukkig begin dit reën en dit word toe uitgestel.. kyk maar toe sleep die 2 se lippe op die grond.. Depressed! Haha
Gaan ry toe lekker rond, hulle gaan wys vir my ‘n lieflike Garden Centre plek, en toe Cocktails by Moyo by Jhb dieretuin (baie mooi plek, en die park om die plek is ook stunning), toe  Awesome lunch by Luca’s, hardloop by amazing Partytjie winkel in vir balonne, en toe is dit regmaak vir Bj se Black&White Verjaarsdag partytjie by Beach Blanket Bohemia.. Stunning plek! Heerlike aand gehad saam al die mense wat vir Jvr spesiaal is. Lang tafel wat Baie moi opgemaak is met wit en swart in die  middle van die plek, en Luzanne het vir Bj die Ongelooflikstesteste Verjaarsdagkoek gemaak met sjokolade! Uit die boonste rakke! Baie oulik my sussie! Luzanne het tot gespeach! Op die stoel gestaan en almal kon sien en amper hoor.

Sondag gaan haal ek die meisiekinders en Damien by my ma hulle, en ons gaan kuier toe verder by Jvr. Het Luzanne nou die meisiekinders geniet.. en hulle vir haar. Sy het te lekker pop gespeel. Jvr vat ons Wackaberrys toe, en dis Awesome verby! Dankie! Heerlike Frozen Yogurt ooit.
Oppad huis toe is pad gesluit want daar was rooftog, en helicopter land reg voor ons in die pad. (eish Gauteng..)
Ons gaan toe na Waterfall se klubhuis waar Luzanne die kinders bederf met ‘n amazing speelplek.. hulle kon nie genoeg kry nie


Maar die hoogtepunt was toe hulle naels en tone pienk geverf word.. en toe sit Lilla (hond)ook dat haar naels geverf word, haha.
Natuurlik Heeeeeerlik gekuier, maar ons het niks gedoen wat ons vooraf beplan het nie, haha. Baie dankie vir die verskriklike bederf!

Terug Irene toe na my ouers se huis.
 Maandag:  Sorteer die laaste goed uit wat in bokse moet kom en wat moet Kaap toe kom. Gaan kuier die aand heerlik by Elna en Jurgens. Tannie Gerda is ook daar, lekker om haar te sien
Dinsdag aand by Jolene gaan slaap vir ou laas en heerlik gesit en kekkel en kuier, en natuurlik toasties gemaak en na al Aiden se goedjies gekyk.

Baie Dankie vir Elkeen van Julle wat my Gauteng besoek spesiaal gemaak het. Baie dankie vir die wat die moeite gedoen het om by  my uit te kom, of reelings gemaak het.. en die wat ek nie gesien het nie.. wel, julle moet maar na my toe kom in die Kaap.

Vervolg binnekort met Treinrit saam Ouma en kinders Kaap toe

No comments:

Post a Comment