22 Jan ‘13
Woensdag oggend is die die groot trek na die Trein stasie in
Johannesburg. Ons gaan Kaap toe met die Shosaloza Meyl. Oupa het ons gaan aflaai, en hy het
saamgeloop tot binne in die trein, mooi gekyk dat ons in en veilig is. Dankie
Oupa!
Ek, Damien, Ouma, Aviandre en Noelanie- op die trein in ons
eie 4 kompartement en oppad Kaap toe. Die kompartemente is regtig oulik, ruim
en alles is netjies en skoon, regtig die moeite werd, en dis baie veilig. Polisie op die trein en die kompartemente is apart van die trein waar die mense net sit. Oulike eetsaal ook waar ons lekker ontbyt gehad het. Dis baie lekker rustige
manier om Kaap toe te gaan,( baie goedkoper) en die uitsig is baie mooi. En Ouma was baie gelukkig want hulle bring jou koffie na kompartement toe. (jip, in die hitte.. koffie)
Dit
was net ontsettend warm, en die stilstaan op die stasies is effens irriterend.
Ons het alles gepak wat ons nodig gehad het, Oupa het
vir ons heerlike goed gaan koop en ouma het groot gegaan met die padkos..
heerlik geët, al die pad Kaap toe. Ons het onsself besig gehou op die trein met
enige ding.
Ons het tot so Oulike dogtertjie gehad wat by ons kom kuier het, “Mila”
… hahaha, kyk maar mooi.. dis Damien met rokkie aan,hahaha
Ons so 1 uur vertrek, en 3 uur volgende dag in die Kaap
aangekom. Die 2de dag gaan baie vinnig verby.
Ek het omtrent by venster uitgespring toe ek ons Tafelberg
sien, en Damien se trane het sommer gerol.. oulik.
Alfie het ons by die stasie kom haal met my kar, en toe is
ons 3 grootmense, en 3 kinders en ‘n berg vol bagasie in my klein karretjie,
haha. Trein was baie lekker, en kan net ‘n fees wees as jy moi voorberei, en jy
gaan saam paar lekker vriende. Moeder en
haar vriendinne kan gerus op die trein spring en bietjie afkom Kaap toe, dis
regtig baie goedkoper, en jou vakansie begin sodra jy op die trein klim.
Aand net lekker ontspan, uitgepak en almal was bietjie moeg.
Dankie Ouma dat jy saam ons die trein geniet het.
25ste: Die winkels ingevaar dat ouma vir haar poppies
swemklere koop. Lekker gesoek, maar toe baie oulike swemklere gekry, en hulle
voel soos 2 prinsesse. Strand toe saam Ouma. Lekker gaan speel enswem en roomys eet en in parkie gespeel. Die meisiekinders sien vir die 1ste keer die see, en kyk dis Groot Uitstappie die, hulle kon nie genoeg kry nie, Noelanie kon nie ophou lag nie. En na strand natuurlik swembad, waar Ouma hulle te heerlik rondgetrek het met poolnoodle.
26ste: Kuier heerlik in die huis en eet almal ontbyt op
hulle tafeltjies.. en natuurlik weer strand toe!! Piekniek mandjie met kombers en Popham parkie hier kom ons. Ouma was tot saam in die koue see,haha. Te lekker
27ste: Die oggend die meisiekinders gaan aflaai in
Kraaifontein, dis waar LeShaun en Lucy hulle nou bly. Ouma het vir kinders selfone gekoop wat geluide maak. O my genade! Eish, baie groot lawaai, maar kyk.. Groot pret vir die kinders. Noelanie was verslaaf aan daai foon se geluid, en dan lag sy 5 keer harder as die foon, baie oulik.
Laatmiddag lekker Sundowners op Seinheuwel
saam Alfie en Jp.
Wyntjie, Amarula, ys en sjokolade.. te lekker. Dit was
volmaan, so daar was baie mense, en ons het rukkie gevat om aft e ry, maar ons
moes net stop en die mooiste fotos neem. Ongelukkig het ek nie my tripod by my
gehad nie, want ek het nie vooraf geweet van die volmaan nie. Goeie ouers maar dit was Mooi..
28ste: Oggend net rustig gekuier, tot Ouma idee in haar kop kry om vir Damien 'n katjie te koop. Ry na al die Petshops toe in die area (ekt hulle nog nooit eers raakgesien nie).. maar in Kaap hou die dierewinkels nie die diertjies in hokke in die winkel nie, net voèltjies en visse. Katjies, hondjies ens is teen die wetgewing, jy moet spesiale permit besit. So, toe gebeur die katjie nie.
En so is die lekker kuiertjie
ook alweer verby. As Ouma kom kuier ry ons nie so baie rond nie, maar daar word gekekkel en gekuier iets vreesliks, haha. Ai, die tyd vlieg.
Baie Dankie Ouma vir kort maar baie lekker
kuier!! Kom kuier vinnig weer!
No comments:
Post a Comment