21 Febr '13
Dankie aan Almal vir die geskenke (wat afgelewer is), die boodskappe, oproepe, blomme, die 'Vouchers' (ma, haha), die reëlings wat met Alfie getref is.. en sommer net vir al die liefde wat oorvloedig op hierdie dag in my rigting gegooi is. My verjaarsdag was vir Alf soos werk, haha. Hy moes gaan skelm blomme koop (Jvr en Jolene), en aflewer, en stoele koop (van hom en Jp af) en dit aflaai, en kaartjies bespreek (Tapdogs, Jvr), haha. En hy was selfs so oulik as om met Damien 'n reëling te maak, dat hy geskenkie by Damien se skool aflaai deur dag, wat Damien dan vir my gegee het op my verjaarsdag. BAIE DANKIE ALMAL!!
En my kerk, Hillsong, het my actually geBel vir my verjaarsdag! Hoe cool is dit? nie boodskap of mail nie, maar 'n oproep! Wow!
En dan natuurlik Tafelberg!! Kyk ek en Damien hou die berg nou al lank dop, en wil al lankal die son gaan sien sak van bo af. En ons Liewe Vader het Spesiaal vir my 'n Lieflike windlose sonsondergang gegee, dit was Majestieus! (hoop spelling is reg, haha). Sunset Piekniek op Tafelberg, met Bubbly en chocolates, Heerlik!
stads liggies van Tafelberg af! |
No comments:
Post a Comment