Friday, 11 January 2013

Blouberg Vakansie '12

A holiday that would stay in our memories loooooong after it has ended..


Oor die vakansie kan ek boek ‘n skryf, maar ek weet julle almal is meer geneig om fotos te kyk as om te lees, so ek gaan laat die fotos die storie vertel.. Daar is baie gelag, baie gedans, baie musiek geluister, baie gekuier, baie strand toe gegaan, Baie fotos geneem, bietjie gedrink, hehe, banja rondgery.. en die vakansie BAIE BAIE Geniet!! Verseker!!
 

17 Des: Luzanne en Banjan (soos Damien hom noem) arriveer na laaaaang rit, maar hulle het redelik laag gevlieg met hulle Gti. Is sommer vinnig af strand toe vir Sundowners. En toe is Jvr planke toe.

En lekker pasta vir aandete in my kamer met my Stunning Tafelberg Uitsig, haha.

18de: Jvr het nie by ons in die huis gebly nie, hulle het in lieflike plek in Blouberg gebly met pragtige see en berg uitsig en loopafstand van die strand af, dis een van Bj se kliente se huis, en hulle het nie Desember die huis gebruik nie.
 Nuwe kamera vir die Jvr’s – en nee dit kan nie wag nie.. dit Moet die eerste dag gekoop word. SO, fotograwe vir vakansie was Luzanne en ek. En hier is my modelle, haha, glad nie skaam nie.. en gewoond aan my kamera..

20ste: Ons gaan oggend strand toe. Damien glo hy kan die rots op die strand skuif.. Bj het later gaan help, maar na ruk en baie gespartel het Damien uiteindelik besluit die klip gaan nie skuif nie.. ai tog. En terwyl die manne prober klippe skuif verbrand Luzanne haarself met die son (geen sambreel) en leer toe ook vroeg die vakansie ‘n seer les.
Oupa kom hier aan en Damien kry amper hartaanval toe hy by hek uitkyk, en dis sy Oupa wat ingery kom, hy het letterlik nie geweet wat om met homself aantevang nie.. dit was baie baie snaaks, ons het vreeslik gelag. Damien het natuurlik gedink sy ouma kruip in die bakkie weg, maar dis toe nie die geval nie..
Die hele bakkie was vol goed, maar die beste was die sak wat Ouma gestuur het. Kyk, was ons nou bederf! Koekies en nog Koekies en sy het vir ons heerlik doppies gebak! Verskillende koekies, en elkeen se favourite, en Damien se koekies was tot gemaak soos Kersboompies, en sneeuvlokkies met rooi, wit en groen.. te oulik!! Dankie Ma, dit was heerlik!!! Ons het dit Baie geniet en Baie waardeer!
In die oggende gaan stap ek, Damien en Oupa langs die see
21 ste: Waterkloof Wine Estate in Somerset – Baie mooi wynplaas wat Luzanne op Tv gesien het, Verskriklik mooi, met lieflike uitsig oor Gordensbaai en Strand. Hier het ons ‘Wine tasting’ gehad, en my pa het actually saam ons wyn gedrink (al het hy gedink dis sleg, haha) en Damien het weereens vir hom girlfriend opgechat, wat ons toe by ons aangeluit het.



22ste: was op strand en daar  was Strand troue, ons was verbaas oor hoe daar een ou (met Rooi hemp en kostuum aan) met sy ipad fotos neem al is hy nie deel van die troue nie, hy was tot onder gazebo reg voor by die bruidspaar toe die ringe aangesit is, dit was baie snaaks).. en almal het hulle lesse geleer, so Luzanne is onder gazebo Met hoed, en vader het gaan sonbrille koop, want die Kaapse sand is so wit, hy kon niks sien die eerste 2 dae nie.. 
Hier is my mooi sussie met die oulike rokkie wat my Ma vir haar gemaak het.
Jurie hulle kom kuier. Hulle was in Gatskantlaagte vir vakansie (dink Ceres), en toe ek dit hoor, het ek aangedring hulle kom kuier by ons en ervaar die mooi en lekkerste van die Kaap hier by ons. Ek kan nie toelaat dat hulle terug gaan Pretoria toe, en nie dink my Kaap Heerlik nie.. en in Ceres vir hele vakansie gaan hulle nou nie dink Kaap is so wonderlik nie.. Ons het kuier begin met Melkbos vir koek, of ‘deep fried chocolate’ en iets om te drink.. (soet verby)  En Damien speel te heerlik in die sproeiers.
23 ste: Houtbaai Harbour Market vroeg die oggend, kry lekker tafel en eet heerlik.

Toe bietjie rondloop op hawe, en toe Houtbaai Hotel. Toe hulle hoor my Pa het ons 30 jaar gelede in daai hotel gehad vir vakansie, toe vat hulle ons in die kelder in en gaan wys fotos van hoe die Ou Hotel gelyk het (baie nice gewwes), nooi ons toe om gerus cocktails te drink onder  die bome terwyl Damien te heerlik swem in die swembad. Die hotel binne is nou Baie mooi. 
Chapmans Peak oorgegaan en na lieflike wit strand van Noordhoek gaan kyk van bo af. En dan Natuurlik seepad terug huis toe.. Clifton gestop vir Cocktails, en toe Cape Quarters vir kos, en dan Seinheuwel vir piekniek! Heerlik, en lieflike uitsig. Dan verseker vir die mense Fire and Ice gaan wys (hulle het rokerskamer vreeslik geniet) en oppad huistoe ry ons verby ‘I Love my Laundry’ en natuurlik moes ons toe mos stop vir ‘n wyntjie, hehe. Love die ou plekkie

Kyk Damien se gesig,, hy dog hy hoor iets agter hom

 24ste: Ou kersaand by my. Lekker rustige aand, en Damien het koekies en melk by die deur gaan sit vir Kersvader, en Luzanne het hom gehelp om briefie te skryf. Soos gewoonlik het elkeen 1 Kerskous geskenk oopgemaak op Oukersaand, en toe het Damien in die bed gaan klim, en toe kom raas hy met die res van ons, want ons moet nou gaan slaap en ligte afsit, want anders gaan Kersvader nie kom nie. Luzanne vat happie van koekie, ons maak deur bietjie oop, en sluk van melk.. en Damien hoor toe iets en kom afgehardloop en kom kyk.. toe ongelukkig want ons het kersvader weggejaag. Toe oortuig Luzanne hom dat hy net moet gaan buite staan met Sparkle en sing vir Kersvader, dan sal hy terugkom. (en Kersvader het toe weer gekom, en briefie terug geskryf, en koekies en melk geniet)

Kersdag:
Opgestaan, en Natuurlik Geskenke by my huis!! Kyk Kersfees in die Louws se huis was en sal Altyd ‘n Groot dag wees. En dit gaan nie oor die geldwaarde van enige geskenke nie..
My ma wa so oulik om vir ons elkeen se geskenk 'n Pewter bordjie te maak wat by jou pas, en onsmoes self raai, wie se geskenk is watter diertjie,, dit was vrek oorspronklik. Dankie Ma


Toe is Damien eers Kersvadewr vir die bure, en hulle het vir hom ook geskenke gehad, so hy was baie opgewonde
En na die geskenke oopmaak moes almal eers gaan help by die swembad met al die Boogiebord wat Kersvader gegee het, en die brille en die Poolnoodle, en die snorkel..   
Vir lunch by Jvr se plek het ons skaapboud, tong (Luzanne het gaargemaak) en aartappels, en pampoen en wyn en poeding gehad.. (en met 2 x Jvr saam, was daar nie eers oor vir die volgende dag nie, haha).
Fliek gekyk nadat ons trommel dik geëet is.. Pa het geen keuse gehad as om saam te kyk nie.  James Bond 007 – Al die aksie het hom tot wakker gehou.  En natuurlik weer strand toe met boogie bord ook. Altyd strand toe, haha.

26ste: Highlight van die dag was Verseker my Pa se ‘sondag aand Toast broodjies’!! Julle verstaan nie. Ek en Luzanne is oortuig dat Niemand lekkerder toast broodjies maak as my pa nie. Ons het al prober, maar syne proe net altyd anders.. en ons het besluit die geheime bestandeel is Liefde, haha. Hy maak dit altyd vir ons met soveel liefde en dis hoekom dit so uiters lekker is. En met die uitsig, was dit Nog lekkerder!en natuurlik is daar weer gedans.. o ja, en natuurlik die oggend stap en die  middag weer strand..
ook natuurlik die hele vakansie Nie vervelige oomblik in die kar nie.. Gelukkig is Oupa doof, haha


so kuiery is uitputtend
27ste Yzerfontein,Paternoster en Langebaan – Ek, Pa en Damien, Jvr was stel nie belang in die kleiner dorpies op met die kus nie. Kyk Alles wat Sy Oupa doen is die Beste! beleef die strooitjies agter hulle ore op die linkerkantste foto.. en so het hulle van die winkel geloop tot by die kar. My pa dink Paternoster is die aakligste stinkste plek ooit, haha. Hy kon nie vinnig genoeg daar wegkom nie, maar ons moes net eers vis en chips eet uit die papier, met baie asyn.

Middag: Bj se Kitesurf les op die strand (3 ure). Bj het geswoeg met die Kite in die wind, en Damien het gespook en spartel met die paal wat hy wou plant. Kyk hoe hou hy die paal regop met sy kop, haha. Hy het later opgegee en toe met sy broek vir homself ‘Kite’ gemaak en op die strand rondgehardloop en geKitesurf, haha. Die Kitesurfing van die kant af lyk baie maklik, maar dit is toe nou nie..



28ste: Hermanus Piekniek Dag! Hierdie is groot dag waarna ek en Luzanne baie uitgesien het, want ons het piekniek met walvisfees in Hermanus vreeslik geniet. So, daar is die vorige aand gebraai, en die vleisies is ingepak vir die piekniekmandjie. En nes ons gehoop het is my Pa net so mal oor Hermanus soos ons! Dis lieflik, en vader Love die mooi uitsig, die dorpie, en sommer alles. Hermanus is Baie mooi! Beleef die mooi kleur van die see, en die mooi uitsig van oral af. Kyk op die fotos hoe loop my Pa en verduidelik met die arms  vir ons hoe rof is die golwe.. Hy was in sy element in Hermanus.
Oppad terug stop ons by Somerset mall en  kyk na die mooi kersbome
Aand: Alf, Merle en Margaret het vir Damien fiets gegee vir Kersfees. Die beste ding ooit. Kyk, ons het gesukkel om hom van daai fiets af te kry.. en die beste van die fiets is verseker die klokkie, haha.

 29ste: Biscuit Mill. Ons het lekker vroeg gegaan, maar dit was steeds baie besig.. my Pa geniet al die baie mense vreeslik. Ons eet heerlike pizza wat op boks bedien word.
30ste Vodacom Golf city om Balle te gaan slaan.
En Damien het gisteraand Lion King gekyk, so kyk hoe sit hy op klip en maak soos Lion King

Ons het toebroodjie gesien in een van my bookies, en Bj het dit as uitdaging aanvaar om die broodjie aan te pak, haha. Bj se HUGE sandwich (met alles op, steak, eier, chips, kaas, tamaties en en en ) het hom laat sweet.


Al het hy nie die hele een klaar gemaak nie, het hy verseker verder gekom as wat ek verwag het. Uitgeput en moeg geèet gaan ons vir  cocktails by Moyo Big Bay en almal (inluitend my Pa) se gesigte word geverf, en ons geniet weereens ‘n Ongelooflik mooi sonsondergang.
 Alf en Jp kom eet aand by ons, en ons speel bietjie Monopoly. Dit was lekker dat hulle 2 ook op vakansie was, toe kon hulle bietjie tyd saam my familie spandeer. Die Monopoly was groot pret, lekker gelag, en gestrei en bank krot gespeel, en gekroek, haha.







 31ste: Eks siek op die bank en hulle gaan almal Fairview toe, vir ‘cheese tasting’ en Awesome lunch, en natuurlik wyn geproe en gekoop. Volgens Luzanne is dit een van die lekkerste etes wat sy nog ooit gehad het, sy het waatlemoen en prawns slaai gehad.

nog een van Baie mooi Sunset
Aand: Lekker ete by Luzanne hulle en toe speel ons 30 seconds, Die manne teen ons 2 girls en Jp.. Ons het VER gewen, hahaha. Pa het saam gespeel, en ons was verbaas met hoe goed hy gedoen het, hy was baie oulik met sy verduidelikings. Ons het vreeslik baie  gelag. Dis baie snaaks om te hoor hoe verskillend mense dink, en hoe verskillend mense kommunikeer. Sal Verseker weer speel. En daar is weer gedans, haha
Strand toe met sjampanje om na die vuurwerke te gaan kyk. Lekker baie mense, en ons mis amper 12 uur, haha, net betyds.. Champagne word toe gevat en uitgegooi, want mens mag nie op Bloubergstrand drink nie.. Gautengers het vir oomblik nie gedink dis snaaks nie.. maar in die Kaap is reels gemaak om te volg, dis nie net voorstelle nie..
1 ste: Lekker laat opgestaan, gaan stap, en toe Ziplock omelette

gemaak by Jvr, en net lekker rustige dag geniet.(vra gerus vir my resep). Is toe wel later strand toe en  kyk die aand  James Bond fliek (wat volg op Kersdag se fliek).
2de: Die middag lekker koue bier gaan drink by Maestro's.
Strandlopertjie vir afskeids ete.. die lippe was sommer lank want die vakansie was naby aan ‘n einde.
Dis restaurant op die strand en die seekos word van die roosters af bedien. 10 gang maaltyd (regtig) en dis minimum 3 ure. 


3de: Oggend was ek, Damien en Oupa gou eekhorinkies toe.. lekker rustig in die park gestap en eekhorinkies gevoer, en oupa is net ongelukkig omdat ons nie kos gebring het vir die duiwe nie, hehe.
Lekker strand dag, en daar is actually in die see geswem. Hulle is toe baie spyt dat hulle nie vroeër die vakansie al begin swem het nie, want dit was baie lekker.
Ons hou toe fotosessie op die strand, maar my Pa skaam hom toe so vir ons, dat hy wegloop en die bakkie gaan vol sand maak vir Damien se sandput. Sandput is die beste idée ooit, Damien (en res van die maatjies is kompleks) dink dis die beste ding ooit. Baie Dankie Oupa!



4de: Oupa en Damien is Pretoria toe met swaar harte, en dit was glad nie vir een van ons lekker nie.. Damien ry saam Oupa terug dat hy kan sien hoe ver dit is. Ek dink Damien het vir Oupa dood gepraat, haha.  

Maar ons weier om laaste dag of wat te bederf, so ons is toe stad toe, en gaan drink Cocktail by Rooftop bar. Dis verskriklik mooi, dis Cocktail bar bo op gebou se dag, waar jy met jou voete in swembad kan sit. Die uitsig van die see aan die een kant, en die stunning uitsig van die berg agter jou. Awesome!
Toe vir die laaste keer strand toe en gaan Kitesurfers kyk
Rustige aand, en Jvr word skoongemaak.


5de: Jvr terug huis toe.. trane en trane, want die vakansie was Te kort!!
Baie Dankie aan elkeen wat bygedra het aan ‘n Fantastiese Amazing vakansie!! Dit sal darem die lekkerste ding in die Hele wereld wees as julle almal hier by my in die Kaap kom bly!! Ek het julle sommer gemis die minuut toe julle by my hek uitry.. Dankie dat julle my Kaap met oorgawe met my kom deel het, ek het dit ongelooflik waardeer.

Daar sak die son toe laaste keer op die Briljante vakansie





No comments:

Post a Comment