24 Apr'12
DINSDAG
Verwelkoming by Lughawe nadat moeder
gelukkig genoeg was om op vroeër , en beter (BA) vlug te klim waarop hulle
sommer ontbyt ook gekry het. Verwelkoming pakkie met : Ricoffy, Kondensmelk,
Amarula, slippers en Sta-soft (my ma is mal oor advertensie) is oorhandig.
Ry seepad huistoe en gaan wys Popham
straat. Daar is nie tyd vir koffie by Popham nie, want my ma wil net my plek
sien, sy kon nie wag nie..
|
Civic stasie Beeld net buite stasie |
Op moeder se aanvraag, gaan ons bus ry. My
Citi Bus buskaart gaan kry, kar by huis gaan los, bus stop toe gestap en gery
tot by V&A Waterfront . Waar ons
afklim het klomp regte Kaapse kleurlinge heerlik met my ma gekuier. Sy sou daar
kuier vir die hele dag, maar ongelukkig het ons vol program gehad.
Dit was so perfekte dag, dat ons nie anders
kon as om “Wheel of excellence” te ry nie.
Was nie op beplanning vir vandag nie, so
toe is ons baie laat, en moes Alfie
hulle ons kom oplaai by busstop en ons is toe dadelik uit vir die aand. Geen
tyd eers vir titteweit by die huis nie, haha.
|
ET phone home |
Ete by Maestro’s langs die Ligtoring, met die mooiste
uitsig vir sonsondergang. My ma se eerste sonsondergang oor die see. Ons het
heerlikste pizza en prawns gehad. En ons het Walvis gesien..
Aand treat my ma ons vir Baxter teater :
Doodsnikke van Anna-Mart, 19:00
Alf en sy ma het verskriklik gelag, en my
ma het dit vreeslik geniet. Ons het sommer heelvoor gesit.
Die eerste dag was sommer propvol, en baie
lekker.
Na lekker Amarula op die stoep is ons bed
toe.
·
WOENSDAG
Beplanning was om Bettiesbaai toe te ry,
maar ons besluit toe om eerder ander plekke te gaan kyk. Die pad gevat en al
langs die see afgery, die mooiste pad ontdek met gps deur Kampsbaai (nie langs
see nie, bietjie hoër op), verby Clifton en dan tot in Houtbaai waar ons
heerlike vars vis vir middagete by Snoekies in die hawe gehad. Ons was op
vakansie by Houtbaai hotel in 1989 (Jolene was nog saam), en my ma wou graag
gaan kyk hoe dit nou lyk. Ons is ingenooi om na ‘renovations’ te kom kyk hoe
mooi die plek nou is. Dis Stunning! Hier is link, gaan kyk gerus
|
Muizenberg Noordhoek Pikkewyne in Simonstad |
Chapmans Peak oor, Noordhoek se
ongelooflike mooi wit strande en deur na Vishoek, Muizenberg (met die meeste
golwe) en Simon stad toe. By Simonstad het ons gaan pikkewyne kyk, die oulikste
goed. Pick n Pay toe en gaan japonne koop, Dankie vir my mooi strepies japon
ma! Moeder het vir haar spierwit fluffy japon gekoop, en sy kon nie wag in die
oggende (of die aande) om hom aan te trek en op bank in die hoek te gaan sit
nie.
Was gou Melkbos strand toe, en toe sonsondergang
op my stoep.
Koffie by Alf gaan drink, Merle, Margaret
en die Tannie was ook daar. Natuurlik is my ma met haar Nuwe wit japon en
slippers na Alfie hulle toe, haha. Lekker wyntjie gedrink en bietjie gekuier.
·
DONDERDAG
|
Deurskynende vlerke Bottelbrushes (toeriste) Voëltjies wat bad |
Skoenlapper plaas toe op die Franshoek pad.
Mooiste fotos geneem, veral van my ma en Sunny (voëltjie wat nie van haar wou
afklim nie)
Cape Quarters gaan wys met baie oulike Pet
shop en stunning Superspar en daarna Fire & Ice se badkamers. En ja, die ‘temptation’ was vir haar te veel
om nie die handdoek op te lig nie, ons het so lekker gelag. (gaan nie meer
vertel nie, want vele van julle gaan nog die badkamers besoek, dan sal julle
verstaan, hehe). Ons het heerlike Hoender en croissant gekoop vir ete, maar dit
word toe sommer padkos in die kar, want party mense (wat nie bestuur nie) kon
nie wag tot by die huis nie, haha.
|
kyk die groot golwe, Of Nie! glad nie |
Sonsondergang op strand by Big Bay
Heerlik met japonne op bank gesit en
Huisgenoot lees, en toe kyk ons Something’s gotta give
·
VRYDAG
Die oggend sommer net lekker rondgekarring by
die huis, ek het bietjie gesit en werk terwyl my ma troeteldiere op die stoep
begin mak maak het. (Sy het seemeeue begin voer op stoep, en nou kom soek hulle
gereeld iets om te eet)
Marigold Hotel fliek gaan kyk en fliekkaart
gekry by Edgars, dat ma en pa in Gauteng saterdae aande kan gaan fleik vir R30,
bargain.
Gaan stap in Parlements tuine met
eekhorinkies en voer hulle pruimedante wat ek in my handsak gehad het, en oppad huistoe ry ons verby die Kasteel.
|
Koffie Twilight Idiote met cabriolet in mis |
Sonsondergang ry ons toe Sein Heuwel toe, al kon ons van Blouberg af sien, die
berg is vol mis. Ons vat toe nie piekniekmandjie soos beplan nie, net baadjies
en kameras. En behalwe vir die mooiste ‘Twilight’ mis op seinheuwel, is daar
toe man wat koffie verkoop. Hy was my ma se held vir die dag.
|
moeder se hoekie op stoep |
In plaas van Harbor Market, toe kuier ons
lekker by die huis, en kyk Bucket List dvd.
·
SATERDAG
Biscuit Mill
Aflaai by Lughawe
Baie dankie vir Heeeeeerlike kuier ma!!
|
Popham straat, my gunsteling |
Ek kon nie wag om vir my ma die golwe, die
mooi skepe op die see wat wag om hawe in te gaan, en natuurlik die kitesurfers
te wys nie.. maar die Kaap het ander planne gehad. Geen golwe, Geen skepe, en
Geen wind vir Kitesurfers nie.. maar dis
ok, daars altyd ‘n volgende keer.