Friday, 5 October 2012

Luzanne kuier en Walvisse!




 13 -17 Sept '12

Dis altyd Baie lekker as my sussie kom kuier, gewoonlik is die dae propvol, maar die keer was dit 'n rustige kuier.. sy het dit baie nodig gehad.. en ek het baie na haar verlang, so die rustige kuier, en opvang was vir my heerlik. 
Geen Itinerary nie, geen planne nie.. net elke dag gevat soos hy kom. Die enigste 'Plan' was die Walvis trippie na Hermanus toe.

Dit was 'n heerlike rustige naweek. Lekker laat gesit en kuier in pajamas.. Pinterest op ipads tot die son water trek, haha.

Ons was wel Kaapstad toe, en het bietjie in die oulikste winkel gaan rondloop, en nuwe winkels gesien.

Die strand was glad nie so rustig nie, Luzanne en Damien was baie aktief, haha.
Lekker op die strand gestap die vrydag, en ons is so besig om te kekkel en nonsens (letterlik nonsens) te praat, dat ons amper uur in die een rigting stap, en toe ons besef ons moet nog omdraai en terug loop, is ons flou.. Damien is al moeg, en Alfie hulle is oppad na ons huis toe vir ete, en as ons terug stap op strand, gaan hulle by ons huis aankom, voor ons nog naby die kar is. besluit toe om op teerpad terug te stap kar toe met ons kaalvoete.. o genade, groot fout.. Damien loop gemaklik op die teerpad, maar ek en Luzanne se voete het swaargekry, haha.
Ons het bly loop en loop en loop, en kon nie glo hoe ver ons van die kar af was nie. Jip, ons was na Alfie hulle by ons eie huis vir ete, en ons was flou, haha, maar dit was heerlike stap en heerlike nonsens praat.








Die volgende dag het Luzanne Damien geleer van voete masseer (haar voete was baie seer).
Is sy nie net die mooiste sussie in die wereld nie?


 Die laaste dag het ons gegaan vir Red Velvet Cheesecake, o genade.. heerlik verby!
En kyk hoe mooi koppies vir Luzanne se koffie en my tee gewees.
Hierdie is die oulikste coffeeshop, en definitief op die lys vir Desember en volgende jaar se wynfees.


Min goed so lekker soos Vanilla Chai Latte op Bloubergstrand (en saam jou sussie)

En dan natuurlik die dag se reis na Hermanus vir die Walvisse. Awesome!!!

Ons 4 was vroeg op en in die pad teen 8 (impressive, as jy vat ons het vorige aand heerlik gekuier saam Jp hulle). Piekniekmandjie gepak.. Walvisse hier kom ons!
Dit was heerlik, Alfie het ons kom oplaai, en ons het die agterste pad gery soontoe, en het seepad teruggekom. Die agterste pad is stunning! Op stadium het ons gestop by Houw Hoek in Grabouw   (Baie mooi plek). Hier het ek mooiste fotos geneem van voël nessies, wat ek gaan inskryf vir die Leef tydskrif se 'hartjie' kompetisie.

Merle hulle het ons 'raakgeloop'n Hermanus, want hulle 'moes' bank toe gaan (hahaha!! Dis net Hermanus wat bank het... of nie.. Hulle wou net vir Damien sien, haha)
Maar ons het heerklik gekuier in Hermanus, Heerlik piekniek gehou en klomp walvisse gesien. Baie fotos geneem van die walvisse, maar die fotos is geen aanduiding van die opgewondenheid om die walvisse self te sien nie. Dis amazing. Ons sit heerlik en piekniek hou en kuier, maar niemand kyk vir mekaar nie, almal kyk vir die see, haha. Hermanus is amazing, ek sal glad nie omgee om daar te bly nie.






en ook natuurlik die trane. Damien het nie geluister nie, en sy karretjie gaan toe oor die helling en in die see in. Alfie raas toe, want Damien is toe amper agter die karretjie aan.
Damien huil toe vreeslik oor sy karretjie en Luzanne troos toe maar, maar sy huil omtrent saam.
Luzanne troos Damien aan my linkerkant.. en aan my regterkant sit Alfie en huil dat die trane onder sy brille uitloop (omdat hy toe nou vir Damien jammer kry). Ai tog. Toe vertel ons vir Damien dat daar nou 'n baie gelukkige pikkewyn is wat nog altyd graag 'n karretjie wou gehad het, hehe.

Hermanus
Ons moes toe mos natuurlik oppad terug huistoe in Bettiesbaai stop. Ek en Luzanne het gaan pikkewyne kyk
Vinkel en Koljander (Merle en Damien) is toe met die bakkie daar weg om te gaan roomys kry. En ja, Damien bestuur toe (net in Betties), maar hulle lag so hard dat ek en Luzanne wat agter hulle ry in ons eie kar, hulle hoor lag tot in ons kar.
En Damien bestuur duidelik alleen, want dan is die kar op die pad, dan in die bos, dan weer oor die pad.. en so ry die 2 en skreeu soos hulle lag..
Toe hulle by huis kom is altwee sopnat gesweet.
lekker kar gery, en later gewas met tuinslang, want hy was te vuil om in ons kar te klim huistoe




By pikkewyne kom sê hulle twee vir my en Luzanne 'Hi', maar natuurlik is die 2 narre mos toe nou eers sopnat met klere in die see. Ai, tog, die twee, haha.
Lekker gekuier, en toe oppad terug gestop in Gordonsbaai en vir Luzanne gaan wys. 

Lekker laaaang dag, en uitgeput oppad huis toe.



No comments:

Post a Comment