6 Sept '12
Passion met Louie Giglio, Matt Redman en Chris Tomlin!! by Kaapstad Stadion
Jip, ons Kapenaars
was gebless met al drie! Woohoooo!! Matt was seker te bang vir Gauteng, haha
WOW WOW WOW!!! Maar, ek moet sê, ek het Niks minder verwag
nie.
Louie Giglio was op my Bucket list, so “tick” – Dis gedoen!!
WOW! En dit was amazing!
As mens kaartjies koop, en jy is minder as 4, dan kos
kaartjies R225, en as jy 4 mense of meer is, dan is dit R140. So, hulle
diskrimineer teen ons, want ons het nie 4 maatjies wat ons kan saamvat nie
(anders het ek nie babysitters nie, hahahaha)
Ek en Suzelle besluit toe om by hek kaartjies te koop, want dalk kry
ons dit vir R140.
Toe nie!!
O Nee, ons word toe sommer gebless met 1 Komplimentêre
kaartjie (Verniet, njada, niks) en een kaartjie vir R140, so toe betaal ons R70
elk .
Blessing!!!!!
Dit was Amazing, daar was Baie mense, ons het geskat so 30
duisend as jy grootte van stadion in ag neem en vol kapasiteit en en en.
Almal wat by Louie was, sal soos een man sê “Blessing”
Die Here moes in die hemel gesit het met die Grootste
glimlag op Sy gesig, want ek dink die worship was vir Hom Baie Baie mooi!
Die preek het ek so hier en daar iets neer geskryf, maar
mens raak so in vervoering, dat ek vergeet het van notas. Walvisse sal Nooit
weer vir my dieselfde wees nie, van nou af is hulle simfonie orkes reuse, wat
onder die water bly. Hierdie kan ek nie verduidelik nie, dit was net te
asemrowend, maar ek sal dit vir almal wys, sodra ek die dvd het van die
aand. Daar is verseker net een Louie
Giglio, en hy het net ‘n manier om goed te sê dat dit sny tot op die been..
sjoe!
Hoe gebless is ek om Saterdag aand na Passion Conference toe
te gaan met Louie Giglio en volgende oggend stap ek in Hillsong in. Wow!
En as ek nie opgelet het in Passion en besef het dat Ons
Groot Almagtige Vader omgee vir My (klein en nietige stofkorrel) nie, dan kom
Hy in Hillsong volgende oggend, en preek my bo van my stoel af.. vir my en elke ander mens in die gemeente!
Daar was dalk 3 mense in daai diens wat nie totaal
en al oorweldig was nie, en dis die 3 wat nie geluister het nie.Verseker!!
We Shall have Success!(en 'as for me and my House, we shall serve the Lord')
We
shall have Success!!
Hier is die preek, gaan luister! Dis net 28 minute.
http://hillsongct.com/?p=413&utm_source=feedburner&utm_medium=feed&utm_campaign=Feed%3A+HillsongCapeTown+%28Hillsong+Cape+Town%29&utm_content=FeedBurner
Die notas vir die preke is by "vir die siel" - gaan kyk gerus.
No comments:
Post a Comment