Tuesday, 30 October 2012

Leef Kompetisie

Leef tydskrif het 'Hartjie' kompetisie waarin jy Nikon kamera kan wen.

Toe ons oppad was na Hermanus vir Walvisse, het ons gestop by Houw Hoek in Grabouw.
Kyk hierdie dierbare voël nessies, bome VOL hartjies!

Hier is die foto wat ek toe vir kompetisie ingestuur het.

'jou huis is waar jou hart is'



Monday, 8 October 2012

Piekniek by Eekhorinkies

30 Sept '12


Vir Damien was hierdie dag soos Kersfees.


Piekniek  saam Eekhorinkies
Vroeg opgestaan, lekker piekniekmandjie gepak, Hillsong toe, en toe heerlike rustige piekniek in die Parlements tuine in die stad.
Ai julle, het Damien dit nou geniet! Hy kon sy ogies nie glo nie.
Die groot geheim is peanuts in die piekniek mandjie, dank an die eekhorinkies nie wegbly nie, en ook nie die duiwe nie.
Ek lees lekker rustig boek en Damien kleur in, voer sy maatjies en hou hom besig in die park.
Hierdie is definitief iets wat baie gaan gebeur in die somer. Heerlike rustige dag vir my, Damien geniet hom gate uit, en hy was flou, hy het in kar aan slaap geraak oppad huistoe.


kon nie die water weerstaan nie (dis hoekom ek gewoonlik ekstra



 eendjies eendjies sit in 'n ry.. 
hierdie mamma eend en al haar kindertjies het ook heerlike rustige dag geniet

 

Sunday, 7 October 2012

Louie Giglio - Passion Conference

6 Sept '12



Passion met Louie Giglio, Matt Redman en Chris Tomlin!! by Kaapstad Stadion
Jip,  ons Kapenaars was gebless met al drie! Woohoooo!! Matt was seker te bang vir Gauteng, haha
WOW WOW WOW!!! Maar, ek moet sê, ek het Niks minder verwag nie. 

Louie Giglio was op my Bucket list, so “tick” – Dis gedoen!! WOW! En dit was amazing!
As mens kaartjies koop, en jy is minder as 4, dan kos kaartjies R225, en as jy 4 mense of meer is, dan is dit R140. So, hulle diskrimineer teen ons, want ons het nie 4 maatjies wat ons kan saamvat nie (anders het ek nie babysitters nie, hahahaha)
Ek en Suzelle besluit toe om by hek kaartjies te koop, want dalk kry ons dit vir R140.
Toe nie!!
O Nee, ons word toe sommer gebless met 1 Komplimentêre kaartjie (Verniet, njada, niks) en een kaartjie vir R140, so toe betaal ons R70 elk . Blessing!!!!!
Dit was Amazing, daar was Baie mense, ons het geskat so 30 duisend as jy grootte van stadion in ag neem en vol kapasiteit en en en.
Almal wat by Louie was, sal soos een man sê “Blessing”
Die Here moes in die hemel gesit het met die Grootste glimlag op Sy gesig, want ek dink die worship was vir Hom Baie Baie mooi!
Die preek het ek so hier en daar iets neer geskryf, maar mens raak so in vervoering, dat ek vergeet het van notas. Walvisse sal Nooit weer vir my dieselfde wees nie, van nou af is hulle simfonie orkes reuse, wat onder die water bly. Hierdie kan ek nie verduidelik nie, dit was net te asemrowend, maar ek sal dit vir almal wys, sodra ek die dvd het van die aand.  Daar is verseker net een Louie Giglio, en hy het net ‘n manier om goed te sê dat dit sny tot op die been.. sjoe!



Hoe gebless is ek om Saterdag aand na Passion Conference toe te gaan met Louie Giglio en volgende oggend stap ek in Hillsong in. Wow!
En as ek nie opgelet het in Passion en besef het dat Ons Groot Almagtige Vader omgee vir My (klein en nietige stofkorrel) nie, dan kom Hy in Hillsong volgende oggend, en  Ps.John Norman preek  my bo van my stoel af.. vir my en elke ander mens in die gemeente!
Daar was dalk 3 mense in daai diens wat nie totaal en al oorweldig was nie, en dis die 3 wat nie geluister het nie.Verseker!!
  We Shall have Success!
(en 'as for me and my House, we shall serve the Lord')



We shall have Success!!
Hier is die preek, gaan luister! Dis net 28 minute. 
http://hillsongct.com/?p=413&utm_source=feedburner&utm_medium=feed&utm_campaign=Feed%3A+HillsongCapeTown+%28Hillsong+Cape+Town%29&utm_content=FeedBurner


Die notas vir die preke is by "vir die siel" - gaan kyk gerus.

Friday, 5 October 2012

Luzanne kuier en Walvisse!




 13 -17 Sept '12

Dis altyd Baie lekker as my sussie kom kuier, gewoonlik is die dae propvol, maar die keer was dit 'n rustige kuier.. sy het dit baie nodig gehad.. en ek het baie na haar verlang, so die rustige kuier, en opvang was vir my heerlik. 
Geen Itinerary nie, geen planne nie.. net elke dag gevat soos hy kom. Die enigste 'Plan' was die Walvis trippie na Hermanus toe.

Dit was 'n heerlike rustige naweek. Lekker laat gesit en kuier in pajamas.. Pinterest op ipads tot die son water trek, haha.

Ons was wel Kaapstad toe, en het bietjie in die oulikste winkel gaan rondloop, en nuwe winkels gesien.

Die strand was glad nie so rustig nie, Luzanne en Damien was baie aktief, haha.
Lekker op die strand gestap die vrydag, en ons is so besig om te kekkel en nonsens (letterlik nonsens) te praat, dat ons amper uur in die een rigting stap, en toe ons besef ons moet nog omdraai en terug loop, is ons flou.. Damien is al moeg, en Alfie hulle is oppad na ons huis toe vir ete, en as ons terug stap op strand, gaan hulle by ons huis aankom, voor ons nog naby die kar is. besluit toe om op teerpad terug te stap kar toe met ons kaalvoete.. o genade, groot fout.. Damien loop gemaklik op die teerpad, maar ek en Luzanne se voete het swaargekry, haha.
Ons het bly loop en loop en loop, en kon nie glo hoe ver ons van die kar af was nie. Jip, ons was na Alfie hulle by ons eie huis vir ete, en ons was flou, haha, maar dit was heerlike stap en heerlike nonsens praat.








Die volgende dag het Luzanne Damien geleer van voete masseer (haar voete was baie seer).
Is sy nie net die mooiste sussie in die wereld nie?


 Die laaste dag het ons gegaan vir Red Velvet Cheesecake, o genade.. heerlik verby!
En kyk hoe mooi koppies vir Luzanne se koffie en my tee gewees.
Hierdie is die oulikste coffeeshop, en definitief op die lys vir Desember en volgende jaar se wynfees.


Min goed so lekker soos Vanilla Chai Latte op Bloubergstrand (en saam jou sussie)

En dan natuurlik die dag se reis na Hermanus vir die Walvisse. Awesome!!!

Ons 4 was vroeg op en in die pad teen 8 (impressive, as jy vat ons het vorige aand heerlik gekuier saam Jp hulle). Piekniekmandjie gepak.. Walvisse hier kom ons!
Dit was heerlik, Alfie het ons kom oplaai, en ons het die agterste pad gery soontoe, en het seepad teruggekom. Die agterste pad is stunning! Op stadium het ons gestop by Houw Hoek in Grabouw   (Baie mooi plek). Hier het ek mooiste fotos geneem van voël nessies, wat ek gaan inskryf vir die Leef tydskrif se 'hartjie' kompetisie.

Merle hulle het ons 'raakgeloop'n Hermanus, want hulle 'moes' bank toe gaan (hahaha!! Dis net Hermanus wat bank het... of nie.. Hulle wou net vir Damien sien, haha)
Maar ons het heerklik gekuier in Hermanus, Heerlik piekniek gehou en klomp walvisse gesien. Baie fotos geneem van die walvisse, maar die fotos is geen aanduiding van die opgewondenheid om die walvisse self te sien nie. Dis amazing. Ons sit heerlik en piekniek hou en kuier, maar niemand kyk vir mekaar nie, almal kyk vir die see, haha. Hermanus is amazing, ek sal glad nie omgee om daar te bly nie.






en ook natuurlik die trane. Damien het nie geluister nie, en sy karretjie gaan toe oor die helling en in die see in. Alfie raas toe, want Damien is toe amper agter die karretjie aan.
Damien huil toe vreeslik oor sy karretjie en Luzanne troos toe maar, maar sy huil omtrent saam.
Luzanne troos Damien aan my linkerkant.. en aan my regterkant sit Alfie en huil dat die trane onder sy brille uitloop (omdat hy toe nou vir Damien jammer kry). Ai tog. Toe vertel ons vir Damien dat daar nou 'n baie gelukkige pikkewyn is wat nog altyd graag 'n karretjie wou gehad het, hehe.

Hermanus
Ons moes toe mos natuurlik oppad terug huistoe in Bettiesbaai stop. Ek en Luzanne het gaan pikkewyne kyk
Vinkel en Koljander (Merle en Damien) is toe met die bakkie daar weg om te gaan roomys kry. En ja, Damien bestuur toe (net in Betties), maar hulle lag so hard dat ek en Luzanne wat agter hulle ry in ons eie kar, hulle hoor lag tot in ons kar.
En Damien bestuur duidelik alleen, want dan is die kar op die pad, dan in die bos, dan weer oor die pad.. en so ry die 2 en skreeu soos hulle lag..
Toe hulle by huis kom is altwee sopnat gesweet.
lekker kar gery, en later gewas met tuinslang, want hy was te vuil om in ons kar te klim huistoe




By pikkewyne kom sê hulle twee vir my en Luzanne 'Hi', maar natuurlik is die 2 narre mos toe nou eers sopnat met klere in die see. Ai, tog, die twee, haha.
Lekker gekuier, en toe oppad terug gestop in Gordonsbaai en vir Luzanne gaan wys. 

Lekker laaaang dag, en uitgeput oppad huis toe.



Thursday, 4 October 2012

Damien 100 dae en 100 cm!!

 5 Okt '12
Damien is 100dae in die Kaap, en ons het hom vanoggend gemeet, en hy is 1 meter hoog!
Hy is so gelukkig, hy het 2 cm gegroei.
Hy Love elke dag! (en ek 250 dae in die Kaap)
Die wat gereeld met hom oor die foon gesels, en sy fotos sien, sal verseker weet, dis die geval.
En hy word bietjie langer, en die arms en die voetjies word bietjie grootter, dit sien ek aan die hempies en skoene.

Ek het chocolate koek gekoop, en vannaand is dit nou lekker kuier en fliek toe vir sy 100


Piesangs was altyd sy gunsteling, maar nie in die Kaap nie, verseker Appels. Hy kan nie genoeg kry van appels nie.

Wednesday, 3 October 2012

Humewood Huis


Ons het met baie swaar hart by die see weggetrek, maar Humewood is vir ons "Home"
Ons love die plek. En ons is net 1.3km van die see af, en glo my, ons sien die strand meer as gereeld.
Hierdie plekkie is vir ons gegee uit die Vader se hand, spesiaal net vir ons 2.
  • 2 slaapkamers
  • 2 badkamers en gaste toilet (dus, 1 bad, 2 storte en 3 toilette)
  • sit en eetkamer
  • lekker groot kombuis
  • garage
  • tuin
  • wasgoedlyn area
  • baie kaste in kamers plus linne kas, plus 2 ekstra kaste onder
  • en Studio!! beste ooit!! 
  • EN ons sien Tafelberg uit ons huis uit!! (7th Wonder of the World - Luzanne het dit mooi vir Damien geleer)
En hier is meer as genoeg plek vir mense om te kom kuier!! En meer as genoeg badkamers, haha
My Kamer en Damien se Kamer

                        Kombuis                                                    gaste toilet                                  trappe na kamers


Vleilande langs die huis, en hier stap ons gereeld. Ek stap in middae om Damien by skool te gaan haal (as son skyn)


My Studio
Studio uitsig!