20 Mrt 2012
Adel bel my maandag
middag 5uur en sê ek moet haar deurkom Babylonstoren toe, dan kuier ons die
aand lekker voor sy die volgende dag weer moet terugvlieg Pretoria toe, en dan
New York toe.
Ek gryp my Gps (natuurlik), en daar gaan ek. Dis op die N1
uit in die rigting van Paarl, dan draai mens af op die Franschoek pad. Sjoe die
plekke is mooi, dis die een wynplaas na die ander een, en almal is lieflik.
Ek sal maar net met wynboer moet trou, dan is daar genoeg
plek vir die 4 kinders om te kom kuier en heerlik te speel, haha.kyk kapstok(boom) |
my eie badkamer |
uitsig uit my bed |
Adel was hulle gas vir die aand, maar hulle het vir ons albei reggemaak, en was ek in vir ‘n Treat.
Goeie ouers die plek is Amazing, en die mense wat daar werk is awesome. Alles is Stunning mooi, en elke person wat daarwerk is so passievol oor hulle werk. Almal wat op die plaas werk Moet Afrikaans kan praat, en almal is so trots op die plek (nie moeilik nie).
Adel is gewoond om in sulke plekke te bly… Ek nie! O Genade! Julle moet beleef hoe mooi is Alles!
Beleef Ons kombuis!!!! |
deur ons venster |
groente vars uit boorde uit. Jy kan vleis van restaurant af bestel, dan braai jy, en maak kos in jou eie kombuis |
“Babylonstoren
is one of the oldest Cape Dutch farms. It has a fruit and vegetable garden of
beauty and diversity, unique accommodation, fine food and a sense of
wellbeing.”
Gaan kyk gerus na die website: http://www.babylonstoren.com/En julle moet die eendjies beleef by “Contact Us” – dis te oulik. Daar is baie eende op die plaas, en hulle word gebruik om te slake te vang in die boorde, en hulle kom self elke middag 4 uur na hulle kampie toe, dan weet die werkers ook sommer dis nou die einde vna die dag. Hoe oulik is dit, dat die eende elke werksdag se einde aankondig. Cute
Hulle het nuwe wynkelders gebou, wat nou jaar oud is. Almal is so trots op hulle wynkelder, hulle wil net hê mens moet gaan kyk. Ons het heerlike wyn gehad in ons kamer, en die volgende dag toe kry ons elkeen ‘n bottle van ons gunsteling wyn. Hulle het altyd hulle druiwe aan die ander plase verkoop, maar nou maak hulle self wyn.
Ete.. heerlik |
Ons het heerlike aand ete in ons kombuis gekry.
Volgende oggend heerlike ontbyt, daarna die staptoer deur die vrugte boorde en kruietuine ens (ongelooflik groot en mooi), gaan kyk na die lifelike Spa en soutwater plaasdam, vinnig deur die wynkelders, en toe moes ons jaag, want ek het fotografie klas en Adel het vlug om te maak.
Baie Dankie Adel!!! Dit was awesome!Die kuier tot laatnag was heerlik.
Genoeg gepraat, nou is dit net fototyd. WOW! Enjoy!
Volgende oggend heerlike ontbyt, daarna die staptoer deur die vrugte boorde en kruietuine ens (ongelooflik groot en mooi), gaan kyk na die lifelike Spa en soutwater plaasdam, vinnig deur die wynkelders, en toe moes ons jaag, want ek het fotografie klas en Adel het vlug om te maak.
Baie Dankie Adel!!! Dit was awesome!Die kuier tot laatnag was heerlik.
Genoeg gepraat, nou is dit net fototyd. WOW! Enjoy!
Baie voëlhokkies |
Add caption |
Humansize nest for Birdwatching Hoe oulik is dit? |
mense van Vancoucer saam ons Hier het almal lekker in lower gesit |
alles is so mooi gemerk |
Hierdie is op voorblad van nuwe Visi |
Plaasdam met houtdek, en soutwater. Awesome!! |
wynmaker |
alles mooi, nuut en modern. Stunning |