Sunday, 12 February 2012

Padvat ..

En Toe breek die Groot dag uiteindelik aan.
Saterdag 28 Januarie 2012
Ek het 'paar' goedjies gelos wat ek sommer in die kar gaan laai as ek ry.
(My trek lorrie kom eers Woensdag in die Kaap aan, so ek moet gordyne ens in my kar laai.)
O, genade! Ek het nooit besef 'paar' goedjies kry kleintjies oornag en verander dan in so baie goed dat die hele kar Vol is..  en dan is alles nog nie in nie,oops, hehe   (optel foutjie, haha)
Dank Vader vir 'vacuum sakke', anders het ek nie eers al my beddegoed en gordyne ingekry nie, om nie eers van klere te praat nie. 
Dank vader vir my ma se hulp, anders sou ek seker eers die aand daar weggekom het.
Terwyl my ma so oulik was om vir my padkos te maak vir die lang uittog, het ek die laaste Gauteng stof gaan afstort.



Ek het toe uiteindelik 12 uur daar weggery, kar vol goeters, hart oorlaai met opgewondenheid en ogies vol trane..
My Groot verandering staan reg voor my, en ek vat die 1ste tree..

'Leap of faith'..

Op snelweg gestop "nagmaal take away" gehad, en toe is ek reg vir hierdie GROOT dag..









Die 1ste dag is 783km tot in Steynsburg waar ek by Tannie Magda hulle oorgeslaap het.
My ma het vir my Heinz Winckler cd gekoop vir die lang pad, so Heinz, Theuns, Daughtry, Casting Crowns, Retief, Nickelback, Lifehouse en Breaking Dawn soundtrack het gehelp om die pad korter te maak.
lang pad, en baie min karre!
nie eers karretjie wat agter my ry nie
Ek gaan nie hoes, poep of skinder nie, die pad is lank! Baie baie lank! en allen in die kar voel dit nog langer! Dankie vir die padkos en die broodjies sonder skille ma!
Maar ek moet sĂȘ met my swessie wat elke uur ingeklok het, en al die ander oproepe ens, was die pad sommer baie korter. Dankie tog Jolene het nie elke uur gebel nie, want sy praat te lank, dan sou Luzanne nie kans gekry het nie, hahaha (grappie nig, jy het kort gepraat as dit jou inklok beurt was)
My battery het toe later begin pap raak, en ek moes vra dat daar nie meer elke uur ingeklok word nie.
Dankie vir al die oproepe, ma, pa, Tannie Jennie, vriende en Almal wat gebel, sms, mms of bbm het en my geselskap gehou het.

In Steynsburg aangekom so in omgewing van 8 uur, en toe het ek Geen selfoon sein nie, en ek het nie die adres van die huis waar ek oorslaap nie.
Gelukkig het Steynsburg net 6 strate en het ek toe maar op my eie die huis gekry, selfoon of nie.

Volgende oggend vroeg weg in Steynsburg, en toe is Tannie Magda ook so oulik om die broodjies wat sy vir my maak se skille af te haal, Dankie.
en ek ry nog....

Dag 2 is toe 841km tot in Big Bay. Julle dis Ver!! Baie ver!

Net as mens Super gatvol is, dan begin dit regtig mooi raak, so dan maak die  lang pad nie meer saak nie.
2de dag, was musiek en oproepe ook klokslag soos die 1ste dag, maar sjoe, die 2de dag voel ver!
Nooit weer oorslaap nie. Ry 1 dag regdeur tot jy stokflou is,  dan ry jy verder, en dan ry nog, en dan is dit klaar.
deur die tonnel
Uiteindelik in my Nuwe tuisdorp aangekom!!
Ek het by Alf gaan oorslaap, hy bly 3 km van my af. Ek was gedaan..
Alf se plek


Alfie se uitsig
 Baie Baie Dankie aan almal vir my Gps!! Sonder hom was ek totaal verlore! Eks 2 keer van hoofpad afgestuur, want pad is gesluit, so dan 're-route' my Gps maar net (die oulike ding).
My 1ste sonsondergang in my Nuwe Valley!



En so kom die Laaaaang pad op einde,
en sak die son op my 1ste halwe dag in My Kaap..

Dankie dat U my veilig huistoe gebring het. Amen

4 comments:

  1. Hi daar
    jou blok lyk oulike en dis soos n kouzie huisblad
    Ek het gou saam jou tee gedrink terwyl ek deurblaai
    Weer eens baie dankie!!!!!!!!
    Die vlug was laat ...EN TOE LAND ONS 9H30
    Gautrain ry net tot 8h30 So nou wag ek vir my sussie om my te kom haal
    Gelukkig werk ek nie more nie
    My sus is great om my te kom haal

    So ek wag nou vir jou volgende bladsye sodat ons weer op jou bank kan sit en klets
    Jy is great hoor en ek waardeer dat jy soveel ruimte het vir my
    Lekker Kaap bly!!!

    ReplyDelete
  2. lizelle - ek het nou net die hele ding getik en toe verloor rekenaar konneksie en daar verloor ek alles wat ek getik het whaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa. Jammer - Die belangrikste is dat die persoon Profile moet kies/intik waar staan "comment as" staan myne is martie(google). Onthou jy het my nog daarmee gehelp. Daarna tik hul die comment en click publish. Net regs van die text box is n scroll bar. Scroll af en tik die snaakse woorde presies soos dit lyk in die box wat lees 'Type the two words'. Druk enter een keer dan sal daar aan die onderkant weer n button wees wat se publish click hom eenkeer en sie daar die boodskap is leesbaar vir jou!!!

    ReplyDelete
  3. WOW Nig, dis awesome ... Dankie dat jy dit met ons deel ... En dis 'n plesier gewees om te help waar ek kon.

    Lief jou ... En ENJOY elke oomblik.

    Jou Nig

    ReplyDelete
    Replies
    1. bly julle hou van my blog, en dankie vir comments, nou voel dit tenminste of iemand my blog lees, hehe

      Delete