Hafty Bifday to me! (soos Damien sê)
Dat ek nou so oud moes word, en so ver moet wegtrek om So Baie bederf te word op my verjaarsdag. Weereens Dankie vir my Gps (my Lifeline)! maar asof dit nie Groot genoeg was nie, toe bederf julle my maar net verder.
BAIE BAIE BAIE DANKIE !!
vir elkeen wat bydrae gemaak het aan my spesiale dag.
Dankie vir oproepe, geskenke, boodskappe, sms, mms, bbm, e mail, facebook, vouchers en blomme, om nie eers te praat aan die spesiale sorg wat aan elke dingetjie gegee is nie, alles is presies soos wat ek daarvan hou, van die kleur van blomme, tot strepies op papier, tot die rooi vere.. Julle is Amazing!!
En dis die meeste kere wat daar nog ooit vir my gesing is, hehe (dis gewoonlik net Fiena en Suza wat sing). Ek het al die verskillende weergawes van Hafty bifday Baie wardeer!!
My dag was HEERLIK!
Dag het begin met Boks van Pretoria af wat sekuriteit vir my gegee het toe ek by hek uitry Stellenbosch toe.. en dag het heerlik rustig geèindig met glas rooiwyn en Breaking Dawn dvd.
Ek en Suzelle is vir Champagne & Nougat Tasting by JCleRoux plaas in Stellenbosch. Amazing!!
Daarna is ons vir Lunch in Stellenbosch by 'Die Akker'
O genade, almal wat kom kuier gaan JCleRoux toe, dis Awesome! Die plek is Stunning!!!
Ons is nou Legal!! Ons het gister ons WynPaspoorte gekry, en hulle het 1ste stempel op. Dis paspoort vir 14 wynplase, en dis geldig vir jaar.
Dis wat julle sou sien, as julle gister saam my gery het.. Saterdag aand was Ek, Alf, Maria, Zelda en Suza Roberto's toe vir my verjaarsdag! Dankie! julle is so oulik. Robertos is Longmarket Street in Kaapstad. http://www.robertodecarvalho.co.za/ Die mooiste plek, die Heerlikste kos, great musiek en awesome geselskap.. |
Ek is Baie gebless met elkeen van julle in my lewe..
May all you wonderfull wishes for me, go straight from your mouths to God's ears. Amen
Hi Lizelle,
ReplyDeleteBaie geluk met jou verjaarsdag en mag daar nog baie wees.
Groete
Stan, Wilma en kinders
Baie dankie, ek waardeer dit! Lees weer 'Happy Birthday' blog, ek het verander en fotos opgesit van gister.
DeleteHi Zelle ek wil nou kyk of dit werk. Tannie Christa
ReplyDeleteHi Lizelle nou lyk dit my werk dit. Geluk met jou verjaarsdag gister dolla. Ek het nie meer jou foonnommer nie anders sou ek jou bel. Jou ma mis jou woes baie!!!! (Ons almal doen). Ek gaan nou lekker op jou blog kuier. Liefde. Tannie Christa
ReplyDeleteBaie dankie! Lekker kuier op my blog, en lees weer Happy Birthday, ek het hom verander en fotos bygesit van gister. Kyk mooi na my ma.
DeleteHallo my Nig,
ReplyDeleteBly jy het 'n wonderlike dag gehad!
Dankie dat jy jou oomblikke met ons gedeel het ... sjoe maar die plekke is mooi!!!
Liefdetjies