Thursday, 23 February 2012

Old Biscuit Mill

11 Febr '12
Neighbour Goods Market

(en glo my, die hele neighbourhood was daar, hehe)


Ek was Baie lanklaas in my lewe so in vervoering en in my element, skielik het ek sommer tuis gevoel..

Ek kan hieraan gewoond raak.

Vereiste vir Almal wat kom kuier: Julle moet oor saterdag hier wees, want ek vat elkeen van julle  Old Biscuit Mill toe.

Alf het my eintlik bespreek vir die dag, maar dinge het toe so gebeur dat hy nie kon saamkom nie, toe gaan ek en Martie.
O, genade! Ek het geen idée gehad wat op my wag nie. Alf was baie opgewonde vir my om te gaan, want hy het geweet ek gaan myself verloor, hehe. Ek het duidelike instruksies gehad om my bankkaarte by die huis te los, en net kontant saam te vat. My Liewe sussie, dis dalk goeie plan vir jou ook, want jy (en jou man) hou van shop, en glo my hier is genoeg om jou kaarte mee te buig, haha

Dis elke Saterdag oggend van 9 - 2 in Woodstock.

Van waar jy in straat afloop oppad biscuit Mill toe begin dit sommer alkla.
Beleef hierdie Stunning winkels met hout meubels in. Julle moet dit sien, dis ongelooflik. Dis baie klein winkelkies in die straat wat propvol is.

En die een winkel het hierdie swart kat wat vriendeliker is as enige hond wat ek nog hier gesien het, dis baie oulik. Hy sit op sypaadjie en wag vir mense om te stop, dan kom maak hy seker jy gee vir hom aandag.



Verder aan is daar hierdie 'band' wat sit en musiek maak.
Beleef waarop speel die seuntjie in die middel dromme!
Dis ou rekenaar skerm wat hy omgekeer het, briljant!
Met sy rekenaar skerm dromme sal hy vele ouens met regte dromme op hulle neuse laat kyk, entoesiasme soos die sien mens baie min, hy speel asof hy in Live op die verhoog is saam U2.


Daar is soos 'square' in die middel met baie Bistro's, winkels ens, en dan buite die square is nog winkels (baie) en dan groot tent vol ontwerpersklere en sjokolade fabriek, en dan in parkade is Neighboorhood market.

Dis heerlik! en weereens is almal so vriendelik, en elke winkel is 'n belewenis.
Om fotos te wys en om hieroor te skryf gee julle net voorsmakie, maar die mense en die atmosfeer moet julle self kom beleef.
Dis definitief die moeite werd. Pa sal Mal wees daaroor om vir al die mense te sit en kyk, om nie eers te praat van al die verskillende kosse nie (maar ek kom nog daarby), terwyl ma die winkels met die houtgoed opreg sal waardeer.
Hierdie is buitekant, waar die mense orals sit en kuier. Party sit op die grond, of op hooibale wat uitgesit is, met groot skadu seile.





Dan kom jy aan die binne kant van die Neigbourgood Market. Wat 'n Treat!!
Blomme, roomys, wyn, brode,groente, koffie, smoothies, belgiese wafels, lemonade, u name it!

o, ja, en mense, baie mense, haha
Dis 'n belewenis, en almal is so passievol oor hulle produkte, dis aansteeklik.
Smoothies, vars en yskoud. Dit was heerlik!

Kyk waarop eet hulle.. Deure!  Awesome!
 En kyk hoe gesellig is dit, al ken almal mekaar nie eers nie.
Kaaskoeke van alle geure, en heerlikste brode wat uit trailor verkoop word..
Lunch, en dit was heeeeerlik

Boompie vir Luzanne, Krimpvarkie vir Adel, Hout lamskerm vir ma en Plastiekproppies in venster vir Martie
Hierdie is alles fotos wat ek geneem het in 'n Awesome winkeltjie. Beleef die proppies voor venster, dis so oulik, en die hout lamp skerm is vol voëltjies, en krimpvarkie sal in jou hand pas.
kyk oulike kratte, met hout bo-op wat upholstered is, dan gebruik hulle dit vir stoele

   tot die badkamers is mooi


Hierdie is werklik 'n Heerlike uitstappie vir die dag!

As jy nou net af loop in die straat, dan kry jy Salt circle. Dis baie mooi sentrum, maar baie nuut, so min mense weet hiervan.

Nog verder af in die straat is ReCreate! Awesome winkel! Ma sal die winkel LOVE!
"where junk is recreated into new things"
Hulle vat ou goed en maak nuwe goed daarvan, so oorspronklik, dis amazing.
Gaan kyk gerus na hulle website

En asof die dag nie alreeds fenominaal verby is nie, toe eindig ons af met die Mooiste awesomeste kunsgallery "whatiftheworld"
WOW! ek kon nie vir beter einde tot die uitstappie gevra het nie, net jammer, my kamera se battery is toe pap, en ek kon geen fotos binne neem nie, maar julle sal maar net self moet gaan kyk.
Old Bisciut Mill is MOET vir almal!!





4 comments:

  1. JY IS DAREM VEELS TE OULIK MET AL JOU MOEITE WEET DIT WORD WAARDEER. EK SAL EERS MOET SKULD VEREFFEN VOOR EK AFKOM!
    EK SIEN EK IS NOU OOK AMPTELIK OP DIE BLOG VERLANG VIR JOU XX

    ReplyDelete
  2. Geen haas, ek is hier om te bly. Eks bly jy hou van my blog, dis net makliker om my lewe hier so met almal te deel..
    Ek het jou gemis op die JCleRoux tasting, jy sal mal wees daaroor. Ek het nie te veel fotos van die plek geneem nie, dat julle self moet kom kyk. As jy kom, dan kan ons gaan lunch op die boonste vlak, na die tasting

    ReplyDelete
  3. Wow, hierdie is so awesome ... dis lekker dat jy alles so met ons deel ... Fanx Nig!

    ReplyDelete
  4. Plesier. Dis nogal lekker, dis soos 'foto dagboek'.
    Gaan kyk Houtbay Harbour Market, dis net so oulik

    ReplyDelete