Sjoe, ek sien al baie lank uit om na Hillsong kerk toe te kom, en Oktober toe ek in die Kaap was, was dit net nie moontlik nie. Maar hier is ek.
Die kerk is
baie groot en indrukwekkend buite, almal van die hek tot binne in kerk is
verskriklik vriendelik en hulpvaardig.Worship was Great (hoe anders? Dis Hillsong)
Voor in kerk is baie groot skerms, en voor die diens toe kom die volgende op die skerm:
Pastoor (jonk, met pienk t-shirt aan), hy sit op stoeljie en agter hom sit 2 ouens, een aan elke kant, met kitare en brille op. Toe sing die pastor die liedjie ‘all I want to do, is grow old with you’ (link onder), en die hele kerk gaan absoluut mal!! Dis aanddiens, so dis baie jong mense, en die pastoor sing blykbaar nooit nie, so almal tot regop gestaan,dit was vrek oulik, en hy sing glad nie sleg nie, hy is nou nie ons eie JVR Bobbie v Jaarsveld nie, haha, maar dit was awesome.
Hy sing toe die hele liedjie klaar, en aan die einde kom Groot rooi hartjie op skerm met woorde:
“Happy
Valentines Berdine”
Dit was
super oulik. Sy vrou gaan toe vorentoe (sprakeloos),
en deel toe met almal dat dit die eerste keer is wat sy hom alleen hoor sing.
Te oulik.
Daar was spreker van buite wat gepraat het.
Hier is boodskap in kort, die wat belangstel kan meer detail kry by 'vir die siel..' - page
- 2 Cor 6:11-13 (Message)
“Dear, dear Corinthians, I
can't tell you how much I long for you to enter this wide-open, spacious life. We
didn't fence you in. The smallness you feel comes from within you. Your lives
aren't small, but you're living them in a small way. I'm
speaking as plainly as I can and with great affection. Open up your lives. Live
openly and expansively!"
- ‘Brake the barrier of low expectations!’
- Make the dots connect
- Lees jou Bybel en Bid Elke dag
Dit was heerlik, vriendelike mense, awesome boodskap en heerlike worship, Wow!
Hillsong sal my definitief gereeld sien.
KYK KOM ONS WEES NOU EERLIK: HILLSONG- DIT IS NOU WAT EK LIEFDE EN GESEEND NOEM!!!! AWESOME
ReplyDeleteGeseënd verby, en die beste is, ek kan gaan net wanneer ek wil, dis naby
ReplyDelete