Sunday, 26 February 2012

Bettiesbaai

26 Febr '12
Wat ‘n Lieflike uitstappie vir ‘n Sondag..

Bettiesbaai..
Dit was my eerste bevestiging om Kaap toe te kom, nog voordat ek die plek gesien het..
en nadat ek vir die dag hier was, is ek sommer verlief op Bettiesbaai.. 

Alf het die oggend vroeg besluit dis ‘n mooi dag, en ons ry Bettiesbaai toe. Oppad het ons eers by Gordonsbaai gestop vir vinnige foto
 Betties is nie almal se ‘cup of tea’ nie (nè Maria), maar dis definitief myne, en ma sal Mal wees hieroor
Hier is nie eers teerpaaie of straatligte nie, maar dis Stunning. Baie rustig, en mens stap sommer see toe. Merle hulle het die mooiste huis hier, met die mooiste uitsig by elke moontlike venster uit, Wow! See aan een kant, berge aan die anderkant.
Julle moet die uitsig beleef van haar lessenaar af waar sy sit en werk.. Blessed

Ons het Alf se sussie Merle en sy ma opgelaai, en toe het die klomp my nou alles gaan wys.. Die hoof-toergids vir die dag was Merle, excellent. Vergeet van die ‘Walkers’ in Brothers & Sisters, ek moet julle voorstel aan die ‘Martins’ van die Kaap.. dis histeries, daar is nooit oomblik van stilte nie, alles word geanaliseer, en oordink, en bespreek, en opinie oor uitgespreek, en ou stories vertel..  
Ons het die arme tannie se ore van haar kop af gepraat
en Alf het gesing en gesing!! Hard. Liedjie op Adele21 'One and Only'
http://www.youtube.com/watch?v=78mlPQEmbOA


Ek het maar min woorde ingekry tussen die 2 Martins, en tussen al die honderde fotos deur..

Kleinmond toe gejaag om te lunch, want alles maak 1 uur toe.

Na Lunch het ons gou deur die winkeltjies geloop wat nog oop was, en was dit nou ‘n treat, daar is ietsie vir almal.
Meelsak broek vir ma, Montagu droeëvrugte en jam vir pa, baie hartjies vir Bj en Luzanne, en groot hartjie vir my swessie

Joke van die dag was:
'I don't skinny dip
I chunky dunk'
Die een het Alf vir my en Merle in winkel gewys, en jy moes ons van grond af optel soos ons lag.

Die Wishing Well, o genade..
Sommer sonder rede kom die beursies uit en die Martins gaan nou wens..
En hier is hoe Merle dit doen:
Jy gooi geld in, en dan sien jy dit was R5, dan haal jy dit uit want R5 is te veel (waar in jou lewe haal jy geld Uit, hehe), en dan verduidelik kleurling vroutjie vir jou jy moet oor jou regterskouer gooi, so dan gooi jy oor skouer tot jy die water tref. En dan wil sy weet wat almal gewens het, haha..



Op die pad het Merle ons maak die berge inry na die eerste Eco lodge in die land. Dis sulke houthuisies wat alleen staan, en dan swem jy in rivier voor die huisie.
Dankie Toergids, definiteif die moeite werd gewees..






Ek het nie geweet van die Pikkewyne in Betties nie, so dit was Awesome!
(my sussie sal 1 wil huistoe vat)

As hulle so waggel en die boudjies swaai so.. dis die oulikste ooit. En hulle loop heeltyd in sulke rytjies, dis vrek cute. Hulle is pragtig

dis die huisies wat vir pikkewyntjies gebou is om in te broei

Ons het gelag,

en gewens, en geèet en gesing  en gelag  en ge- pikkewyn..

En was stom oor die skoonheid van ons Skepper se handewerk by Alf se Ierland..
(en kyk ma, hier is golwe)




Oppad huistoe het ons gestop waar ons kon vir foto of 2





As julle by kar venster kon uitsien, sou julle paar van die volgende gesien het..

En hier was toe ek weer by my huis op die stoep staan..


Wat ‘n lekker dag,  Dankie Martins dit was heerlik,
Mill, jy is ‘n treat, en so opreg..
Sien julle sommer vinnig weer






Saturday, 25 February 2012

Eastern Food Bazaar ( Jivas)

13 Febr '12
Ek en Martie was by Eastern Food bazaar (Jivas) vir lunch. Ons het Baie lank gewag vir Denzel en Ryan om deur te hardloop, maar dit het nooit gebeur nie, haha.
In die fliek “Safe House” (met Denzel Washington en Ryan Reynolds), hardloop hulle op stadium deur die Eastern Food Bazaar.


Dit het ons redelik lank gevat om hier by Jivas uit te kom, haha (lees gerus by ..lag hardop..)

Hier is klomp kos plekke onder een dak, dis Amazing. Vir die wat van Indiese kos , Kerrie ens hou, is die een ‘n moet, en vir die wat nie daarvan hou nie, is daar ander kos, en dis steeds die moeite werd. Ek wat nie van brandkos hou nie, het Chinese geëet, en myne het gebrand dat my ogies traan, Martie wat mal is oor brandkos, se kos het glad nie gebrand nie.. ai tog.



Dis ‘n deurloop oor die lengte van straatblok.


Soos jy deur die plek loop, is daar die Mooiste deure oral.








Dis naby Adderley straat en

Greenmarket square is loop afstand met die mooi blommemark
Hierdie was sommer net lekker lunch, en dis heerlik dat mens nog hier in die middestad kan rondloop en nie onveilig voel nie.

Thursday, 23 February 2012

Old Biscuit Mill

11 Febr '12
Neighbour Goods Market

(en glo my, die hele neighbourhood was daar, hehe)


Ek was Baie lanklaas in my lewe so in vervoering en in my element, skielik het ek sommer tuis gevoel..

Ek kan hieraan gewoond raak.

Vereiste vir Almal wat kom kuier: Julle moet oor saterdag hier wees, want ek vat elkeen van julle  Old Biscuit Mill toe.

Alf het my eintlik bespreek vir die dag, maar dinge het toe so gebeur dat hy nie kon saamkom nie, toe gaan ek en Martie.
O, genade! Ek het geen idée gehad wat op my wag nie. Alf was baie opgewonde vir my om te gaan, want hy het geweet ek gaan myself verloor, hehe. Ek het duidelike instruksies gehad om my bankkaarte by die huis te los, en net kontant saam te vat. My Liewe sussie, dis dalk goeie plan vir jou ook, want jy (en jou man) hou van shop, en glo my hier is genoeg om jou kaarte mee te buig, haha

Dis elke Saterdag oggend van 9 - 2 in Woodstock.

Van waar jy in straat afloop oppad biscuit Mill toe begin dit sommer alkla.
Beleef hierdie Stunning winkels met hout meubels in. Julle moet dit sien, dis ongelooflik. Dis baie klein winkelkies in die straat wat propvol is.

En die een winkel het hierdie swart kat wat vriendeliker is as enige hond wat ek nog hier gesien het, dis baie oulik. Hy sit op sypaadjie en wag vir mense om te stop, dan kom maak hy seker jy gee vir hom aandag.



Verder aan is daar hierdie 'band' wat sit en musiek maak.
Beleef waarop speel die seuntjie in die middel dromme!
Dis ou rekenaar skerm wat hy omgekeer het, briljant!
Met sy rekenaar skerm dromme sal hy vele ouens met regte dromme op hulle neuse laat kyk, entoesiasme soos die sien mens baie min, hy speel asof hy in Live op die verhoog is saam U2.


Daar is soos 'square' in die middel met baie Bistro's, winkels ens, en dan buite die square is nog winkels (baie) en dan groot tent vol ontwerpersklere en sjokolade fabriek, en dan in parkade is Neighboorhood market.

Dis heerlik! en weereens is almal so vriendelik, en elke winkel is 'n belewenis.
Om fotos te wys en om hieroor te skryf gee julle net voorsmakie, maar die mense en die atmosfeer moet julle self kom beleef.
Dis definitief die moeite werd. Pa sal Mal wees daaroor om vir al die mense te sit en kyk, om nie eers te praat van al die verskillende kosse nie (maar ek kom nog daarby), terwyl ma die winkels met die houtgoed opreg sal waardeer.
Hierdie is buitekant, waar die mense orals sit en kuier. Party sit op die grond, of op hooibale wat uitgesit is, met groot skadu seile.





Dan kom jy aan die binne kant van die Neigbourgood Market. Wat 'n Treat!!
Blomme, roomys, wyn, brode,groente, koffie, smoothies, belgiese wafels, lemonade, u name it!

o, ja, en mense, baie mense, haha
Dis 'n belewenis, en almal is so passievol oor hulle produkte, dis aansteeklik.
Smoothies, vars en yskoud. Dit was heerlik!

Kyk waarop eet hulle.. Deure!  Awesome!
 En kyk hoe gesellig is dit, al ken almal mekaar nie eers nie.
Kaaskoeke van alle geure, en heerlikste brode wat uit trailor verkoop word..
Lunch, en dit was heeeeerlik

Boompie vir Luzanne, Krimpvarkie vir Adel, Hout lamskerm vir ma en Plastiekproppies in venster vir Martie
Hierdie is alles fotos wat ek geneem het in 'n Awesome winkeltjie. Beleef die proppies voor venster, dis so oulik, en die hout lamp skerm is vol voëltjies, en krimpvarkie sal in jou hand pas.
kyk oulike kratte, met hout bo-op wat upholstered is, dan gebruik hulle dit vir stoele

   tot die badkamers is mooi


Hierdie is werklik 'n Heerlike uitstappie vir die dag!

As jy nou net af loop in die straat, dan kry jy Salt circle. Dis baie mooi sentrum, maar baie nuut, so min mense weet hiervan.

Nog verder af in die straat is ReCreate! Awesome winkel! Ma sal die winkel LOVE!
"where junk is recreated into new things"
Hulle vat ou goed en maak nuwe goed daarvan, so oorspronklik, dis amazing.
Gaan kyk gerus na hulle website

En asof die dag nie alreeds fenominaal verby is nie, toe eindig ons af met die Mooiste awesomeste kunsgallery "whatiftheworld"
WOW! ek kon nie vir beter einde tot die uitstappie gevra het nie, net jammer, my kamera se battery is toe pap, en ek kon geen fotos binne neem nie, maar julle sal maar net self moet gaan kyk.
Old Bisciut Mill is MOET vir almal!!





Tuesday, 21 February 2012

Happy Birthday to me!



Hafty Bifday to me! (soos Damien sê) 



Dat ek nou so oud moes word, en so ver moet wegtrek om So Baie bederf te word op my verjaarsdag. Weereens Dankie vir my Gps (my Lifeline)! maar asof dit nie Groot genoeg was nie, toe bederf julle my maar net verder.

BAIE BAIE BAIE DANKIE !!
 vir elkeen wat bydrae gemaak het aan my spesiale dag.
Dankie vir oproepe, geskenke, boodskappe, sms, mms, bbm, e mail, facebook, vouchers en blomme, om nie eers te praat aan die spesiale sorg wat aan elke dingetjie gegee is nie, alles is presies soos wat ek daarvan hou, van die kleur van blomme, tot strepies op papier, tot die rooi vere.. Julle is Amazing!!
En dis die meeste kere wat daar nog ooit vir my gesing is, hehe (dis gewoonlik net Fiena en Suza wat sing). Ek het al die verskillende weergawes van Hafty bifday Baie wardeer!!




My dag was HEERLIK!
Dag het begin met Boks van Pretoria af wat sekuriteit vir my gegee het toe ek by hek uitry Stellenbosch toe.. en dag het heerlik rustig geèindig met glas rooiwyn en Breaking Dawn dvd.




Ek en Suzelle is vir Champagne & Nougat Tasting by JCleRoux plaas in Stellenbosch. Amazing!!
Daarna is ons vir Lunch in Stellenbosch by 'Die Akker'

O genade, almal wat kom kuier gaan JCleRoux toe, dis Awesome! Die plek is Stunning!!!


Ons is nou Legal!! Ons het gister ons WynPaspoorte gekry, en hulle het 1ste stempel op. Dis paspoort vir 14 wynplase, en dis geldig vir jaar.







Dis wat julle sou sien, as julle gister saam my gery het..

Saterdag aand was Ek, Alf, Maria, Zelda en Suza Roberto's toe vir my verjaarsdag! Dankie! julle is so oulik.
Robertos is Longmarket Street in Kaapstad.
http://www.robertodecarvalho.co.za/

Die mooiste plek, die Heerlikste kos, great musiek en awesome geselskap..


Nogmaals dankie vir elkeen wat 'n bydrae gemaak het (op watter manier ookal) om hierdie dag so Ongelooflik te maak.
Ek is Baie gebless met elkeen van julle in my lewe..
May all you wonderfull wishes for me, go straight from your mouths to God's ears. Amen