Wednesday, 10 April 2013

Super Damien 6de Verjaarsdag!

13 April '13

Daar is lank slapies afgetel vir die groot dag dat hy 2 hande nodig het om te sè hoe oud hy is, 'n Hele 6!
Vroeg opgestaan, koek gehad, kersies uitgeblaas, geskenke oopgemaak, en kon nie wag vir partytjie nie. Dankie almal vir die geskenke, hy het dit verskriklik waardeer, en hy was Mal oor die foon wat heeltyd gelui het, en almal wil met hom gesels.

Ek het vir hom rooi mantel laat maak vir Super Damien! En dit was vir hom die Beste ding ooit! haha

Dis nou huppel en juig van blydskap, haha, dis My Verjaarsdag!! woohooo!!!

















 Jy gaan nie cooler kry nie, ek is jammer.. (en hy weet dit, haha)

 




Damien se Partytjie was by Bugz World anderkant Brackenfell. Verskriklike oulike plek. Die Hele plek is net vir kinders. So ouers kan rustig sit en ontspan en die kinders speel tot hulle omval. Daar was Vertoning en natuurlik is Damien op die verhoog en deel van die vertoning.. en hy kry toe nog 'swaard - balon' ook, so toe is die SuperDamien uitrusting heeltemal volledig, haha.

Daar is iets van alles, onder andere 4 springkastele, glybane, pophuise en en en.. die klomp het hulle flou gespeel, tot hulle in ry opgeèindig het voor tv. Doodstil en te moeg om 'n woord te sè.


























Einde van die Partytjie en die kinders is flou.. Nou vir die 2de deel van die dag, Strand Toe!!
Almal in die kar en Strand hier kom ons!
Cupcakes, sweeties, popcorn, koeldrank , te lekker! Maar daar was omtrent nie tyd vir eet nie, want die water en die sand was vir hulle prioriteit nommer 1 !



Die kinders het die strand verskriklik geniet, en natuurlik geswem.. maar die 'groot kinders' het die hardste gespeel, haha.. hy het sandkasteel gebou met vreeslike erns.

Dit was heerlike dag en almal was Meer as stokflou na die dag!
Almal gaan aflaai, en natuurlik het SuperDamien sy dag afgesluit op ons strand.
Heerlike geseende dag gehad. Dankie Almal!







Sunday, 31 March 2013

Jolene en Ayden Kuier

22-24 Maart '13
 
Kort, maar baie lekker kuiertjie. Nie vreeslik rondry en goed doen of kyk nie.. net lekker kuier by die huis in pajamas, strand toe en lekker rustig wees (die swanger mense word vinnig moeg, haha), o en natuurlik was daar aanhoudend geëet, haha. Jip, die swanger een was heeltyd honger, hahaha. Ek was gewaarsku, maar ek het nie besef dis regtig so erg nie, haha.
Ons het Fotosessie ingewerk op die strand, ons moes die wonderwerk waarvoor so lank gewag is afneem.
Hier is hoe dit werk as jy swanger is.. jy dra die meubels uit in tuin, en vat hele melktert en lepel en eet hom in son, haha.

 
 
Babyshower Piekniek op strand, saam Alf en Jp
 
 
En natuurlik as daar kamera is.. dan is model Damien altyd by, haha. En hier leer Alfie hom van Hugo Boss modelle met die 'pout' lippe
 
Ayden se eerste konsert, Philharmonic Orchestra by Starlight - ons het regtig nie omgegee of Jolene van klassieke musiek hou of nie.. ons het Ayden gevat, haha
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Kyk Ayden was groot trekpleister vir Damien, daar is vir Ayden boek gelees en fotos van hom geneem

 
 
 
 
 
 
 
Enigste versoek wat daar was van Jolene was Omelette by Houtbay Harbour Market, en dit het ons gedoen.
 
Dankie vir heerlike kuier julle 2, ons het dit baie geniet!!

Saturday, 30 March 2013

Neethlingshof - Jan Blohm en Jazz

10 Maart '13
 
Jan Blohm en Jazz by Neethlingshof was deel van die Woordfees in Stellenbosh
Ons sal verseker volgende jaar meer van die vertonings gaan kyk by die fees.
Was sommer net lekker rustig met piekniek mandjie, en natuurlik die lieflike uitsig van die berge en alles om ons. Die Jazz konsert was Damien se gunsteling, en hy kon nie genoeg dans nie (tot voor by die verhoog), gelukkig is Alfie en Jp minder skaam as ek.. so dit was hulle werk, haha. Sy lip het erg gesleep toe ons die aand huistoe gaan, want hy wil net nog dans.

enige rede vir 'n dansie
 


 

Friday, 29 March 2013

Tapdogs

20 Maart '13

Baie Dankie Jvr!! Awesome Verjaarsdag geskenk!
Hierdie  Tap show is Awesome, maar verseker nie stil en rustig nie, haha. Groot lawaai! Great!
Die Beste deel van die show is om te sien hoeveel die ouens op die verhoog hulle self geniet, hulle Love dit. Op stadium maak hulle 'sparks' met angle grinders op die maat van musiek, Amazing!! Amazing!! Aan die begin as almal instap dan sien jy hoe al die mense in die voorste ry reenjasse op hulle stoele kry, en dit aantrek.. dan weet jy sommer daar gaan erens water betrokke wees.. En dit was een van my gunsteling dele.. hulle sit en dans in die water ! Was Great! Dankie Jvr!! Dieselfde geskenk sal volgende jaar weer waardeer word, haha.






 

Thursday, 28 March 2013

Cirque du Soleil

7 Maart '13

Cirque du Soleil is al vir baie jare op my Bucket List!!
En dit was Verseker die Meer as die moeite werd. Dit was Awesome, Fantasties, Asemrowend, Amazing verby!! WOW!! Dis verseker een van die Top5 shows wat ek nog gesien het. En ek kan julle verseker, om dit op Tv te sien is wêrelde verskillend as om dit in lewende lywe te sien. Mens kan letterlik nie glo wat jou oë sien nie.. Dis amazing as mens sien hoe hoog hulle werklik is, met geen nette, of harnasse of niks nie. Voorsmakie:http://www.youtube.com/watch?v=5bp7x5vhEJg
Ek hou nie van clowns nie, maar die klomp was histeries. Ek sal Verseker weer gaan kyk as hulle Kaap toe kom.

 
hierdie clowns was Histeries! regtig!


Trampoliens teen muur was Ongelooflik Goed!

Amazing




die vrou het my laat vergeet om asem te haal











Wednesday, 27 March 2013

Happy Birthday to Me !

21 Febr '13
 
Dankie aan Almal vir die geskenke (wat afgelewer is), die boodskappe, oproepe, blomme, die 'Vouchers' (ma, haha), die reëlings wat met Alfie getref is.. en sommer net vir al die liefde wat oorvloedig op hierdie dag in my rigting gegooi is. My verjaarsdag was vir Alf soos werk, haha. Hy moes gaan skelm blomme koop (Jvr en Jolene), en aflewer, en stoele koop (van hom en Jp af) en dit aflaai, en kaartjies bespreek (Tapdogs, Jvr), haha. En hy was selfs so oulik as om met Damien 'n reëling te maak, dat hy geskenkie by Damien se skool aflaai deur dag, wat Damien dan vir my gegee het op my verjaarsdag. BAIE DANKIE ALMAL!!
En my kerk, Hillsong, het my actually geBel vir my verjaarsdag! Hoe cool is dit? nie boodskap of mail nie, maar 'n oproep! Wow!
En dan natuurlik Tafelberg!! Kyk ek en Damien hou die berg nou al lank dop, en wil al lankal die son gaan sien sak van bo af. En ons Liewe Vader het Spesiaal vir my 'n Lieflike windlose sonsondergang gegee, dit was Majestieus! (hoop spelling is reg, haha). Sunset Piekniek op Tafelberg, met Bubbly en chocolates, Heerlik!
 
  






stads liggies van Tafelberg af!

Tuesday, 26 March 2013

Martie Kuier en Tokai Forest



10 Febr'13
Martie was in die Kaap vir haar jaarlikse 'Verjaarsdag besoek'. Sy verjaar 9de en ek die 21ste, so ons het laasjaar besluit dit sal lekker wees as ons elke februarie iets doen, en sy het by haar woord gehou en die Februarie was sy weer in de Kaap. Marts is Groot natuurliefhebber (tree hugger), so ons het besluit die perfekte uitstappie vir haar verjaarsdag sal wees Tokai Forest vir piekniek. En dit was Amazing!!
Ons het boombas gebruik vir tafeldoek, haha.

Piekniek was heerlik tot 'n groot bobbejaan besluit het hy kom vat nou ons Verjaardagkoek vir homself.. toe loop ons liewer, want die outjie is nogal redelik groot.
Die woud is verskriklik mooi, en ons sal definitief teruggaan.Die bome!! O Genade! Dis awesome

Damien en Martie het heerlik in die koue water gespeel. Hy is nog altyd baie erg vir Martie al sien hy haar nie baie nie.
Ons was Constantia wynplaas toe ook gewees.

Dankie Martie vir heerlike kort kuiertjie.. Dis Verseker nou tyd vir jou om Kaap toe te trek, jy sal perfek hier inpas.. en jy lyk hier ook altyd op jou gelukkigste.

Wednesday, 13 March 2013

Kinders Strand toe!

2 Febr'13
Ek het die kinders gaan oplaai in Kraaifontein, en ons was toe na die naaste strand toe, Sunset Beach
Ek,Damien en sy maatjie Kruzane, LeShaun,Lucy en hulle 4 kinders en 'n maatjie, hahaha. 7 kinders. Groot pret!! Die kinders het dit verskriklik geniet!
Koue water of nie hulle het mal gegaan, haha.

Monday, 11 March 2013

Treinrit en Ouma se kuier in Kaap



22  Jan ‘13
Woensdag oggend is die die groot trek na die Trein stasie in Johannesburg. Ons gaan Kaap toe met die Shosaloza Meyl.  Oupa het ons gaan aflaai, en hy het saamgeloop tot binne in die trein, mooi gekyk dat ons in en veilig is. Dankie Oupa!

Ek, Damien, Ouma, Aviandre en Noelanie- op die trein in ons eie 4 kompartement en oppad Kaap toe. Die kompartemente is regtig oulik, ruim en alles is netjies en skoon, regtig die moeite werd, en dis baie veilig. Polisie op die trein en die kompartemente is apart van die trein waar die mense net sit. Oulike eetsaal ook waar ons lekker ontbyt gehad het.  Dis baie lekker rustige manier om Kaap toe te gaan,( baie goedkoper) en die uitsig is baie mooi. En Ouma was baie gelukkig want hulle bring jou koffie na kompartement toe. (jip, in die hitte.. koffie)
Dit was net ontsettend warm, en die stilstaan op die stasies is effens irriterend.
Ons het alles gepak wat ons nodig gehad het, Oupa het vir ons heerlike goed gaan koop en ouma het groot gegaan met die padkos.. heerlik geët, al die pad Kaap toe. Ons het onsself besig gehou op die trein met enige ding. 
 Ons het tot so Oulike dogtertjie gehad wat by ons kom kuier het, “Mila” … hahaha, kyk maar mooi.. dis Damien met rokkie aan,hahaha
Ons so 1 uur vertrek, en 3 uur volgende dag in die Kaap aangekom. Die 2de dag gaan baie vinnig verby.
Ek het omtrent by venster uitgespring toe ek ons Tafelberg sien, en Damien se trane het sommer gerol.. oulik.
Alfie het ons by die stasie kom haal met my kar, en toe is ons 3 grootmense, en 3 kinders en ‘n berg vol bagasie in my klein karretjie, haha. Trein was baie lekker, en kan net ‘n fees wees as jy moi voorberei, en jy gaan saam paar lekker vriende. Moeder  en haar vriendinne kan gerus op die trein spring en bietjie afkom Kaap toe, dis regtig baie goedkoper, en jou vakansie begin sodra jy op die trein klim.
Aand net lekker ontspan, uitgepak en almal was bietjie moeg. Dankie Ouma dat jy saam ons die trein geniet het.

25ste: Die winkels ingevaar dat ouma vir haar poppies swemklere koop. Lekker gesoek, maar toe baie oulike swemklere gekry, en hulle voel soos 2 prinsesse. Strand toe saam Ouma. Lekker gaan speel enswem en roomys eet en in parkie gespeel. Die meisiekinders sien vir die 1ste keer die see, en kyk dis Groot Uitstappie die, hulle kon nie genoeg kry nie, Noelanie kon nie ophou lag nie. En na strand natuurlik swembad, waar Ouma hulle te heerlik rondgetrek het met poolnoodle.







 26ste: Kuier heerlik in die huis en eet almal ontbyt op hulle tafeltjies.. en natuurlik weer strand toe!! Piekniek mandjie met kombers en Popham parkie hier kom ons. Ouma was tot saam in die koue see,haha. Te lekker

27ste: Die oggend die meisiekinders gaan aflaai in Kraaifontein, dis waar LeShaun en Lucy hulle nou bly.  Ouma het vir kinders selfone gekoop wat geluide maak. O my genade! Eish, baie groot lawaai, maar kyk.. Groot pret vir die kinders. Noelanie was verslaaf aan daai foon se geluid, en dan lag sy 5 keer harder as die foon, baie oulik. 

           Laatmiddag lekker Sundowners op Seinheuwel saam Alfie en Jp. 

Wyntjie, Amarula, ys en sjokolade.. te lekker. Dit was volmaan, so daar was baie mense, en ons het rukkie gevat om aft e ry, maar ons moes net stop en die mooiste fotos neem. Ongelukkig het ek nie my tripod by my gehad nie, want ek het nie vooraf geweet van die volmaan nie. Goeie ouers maar dit was Mooi..

28ste: Oggend net rustig gekuier, tot Ouma idee in haar kop kry om vir Damien 'n katjie te koop. Ry na al die Petshops toe in die area (ekt hulle nog nooit eers raakgesien nie).. maar in Kaap hou die dierewinkels nie die diertjies in hokke in die winkel nie, net voèltjies en visse. Katjies, hondjies ens is teen die wetgewing, jy moet spesiale permit besit. So, toe gebeur die katjie nie. 
 En so is die lekker kuiertjie ook alweer verby. As Ouma kom kuier ry ons nie so baie rond nie, maar daar word gekekkel en gekuier iets vreesliks, haha. Ai, die tyd vlieg. 
Baie Dankie Ouma vir kort maar baie lekker kuier!! Kom kuier vinnig weer!

Baie Dankie Ouma vir My Eie badkamersakkie met alles in as ek gaan uitslaap. Ek Love dit!!