Thursday, 19 April 2012

Gansbaai Kreef fees

                                                                                                                                                                               6 – 8 Apr ‘12
Kreef fees in Gansbaai saam Martins
(ja, nog ‘n baai, haha, Gans, Pringle en Betties Baai, so na mekaar)
Ek en Alf is Betties toe vir die naweek, om saam Merle, Margeret en Alfie se ma Gansbaai toe te gaan saterdag.
Saterdag oggend toe ons opstaan, toe reën dit onophoudelik, maar ons het onmiddelik besluit dit gaan ons geensins afsit nie. Opgestaan met stunning uitsig, en Merle gee eers haar kindertjies kos, voor die dag begin. Dis voëltjies wat buite venster roep elke oggend, tot sy vir hulle gaan kosgee, te oulik.

Gansbaai is so oor die 100km van Bettiesbaai af, verby Kleinmond en Hermanus. So reën of nie, ons gaan kyk hoe lyk daai mooi deel van die Kaap. Lekker natgereën, lekker ver gery, en vreeslik gelag vir die tattoos.
Gery en koffie gedrink in Hermanus, toe deurgery na die‘Fees’, wat heeltemal uitgereën het, sjym, ons was so opgewonde om Elvis Blue en Adam te sien. Maar ons het gaan kreef eet (heerlik) en toe te lekker rondgery , en party van ons (Merle) het besluit, wel as sy nie kans Kreef fees hou en Elvis Blue kyk nie, dan doen jy maar die volgende ding, en jy kry vir jou Tattoo!! Hierdie was histeries!Dis tydelike Tattoo wat Merle gekry het, en toe natuurlik sleep sy die Tannie ook, en toe moes sy ook een kry, gelukkig nie ook draak nie, net skoenlapper.
en natuurlik my Stunning kruis wat ek gekoop het vir Paasfees, met plek vir kersie om te brand
Ons het gery deur Kleinmond en Franshoek ook, al hierdie plekkies is te mooi.
En natuurlik is daar ietsie vir almal
winkeltjie VOL goed wat Luzanne waaroor sy sal mal gaan
Huisie by die see vir my Ma in Franskraal
Hot chocolate in Hermanus
Die strand is daai kant toe, mense oorkant ons het omtrent in hulle
kos gestik toe Merle haar tattoo in restaurant wys, hahaha
In die reën wys sy vir ons Hermanus is
'daai' kant toe, net om tattoo af te show,
toe kom 'n oom verby en sê Hermanus is
eintlik anderkant toe, histeries.
Merle vat proteas in badkamer en bring vir Margaret
(ja ja, sy het dit gaan terugsit)
Op badkamerdeure vir Seuntjies en Dogtertjies

My modelle vir die dag (Merle & Margaret se skippie het ingekom, hehe)

Hier is wat julle deur die dag sou sien by karvenster uit.

Heerlike naweek. Die plekkies is bietjie te ver om sommer net te gaan inloer, maar vir walvis seisoen, sien hulle my definitief weer!!




Sunday, 15 April 2012

Camps Bay & Signal Hill

5 Apr ‘12

Gelukkige verjaarsdag Jp!

Ek het nog die oggend fotos sessie gehad op Pringle baai, maar die middag het ons gaan Cocktails drink by Kamspbaai vir Onskuld se verjaarsdag. Wow! Dis verskriklik mooi daar, en die golwe was groot en stunning! Michelle (JP se sussie) was ook hier, sy het kom kuier van Vredesrus af.  En toe is ons Sein Heuwel toe, Stunning! Daar gaan ek nog baie fotos neem, en nog baie piekniek hou.
Cocktail            Stadion in Groenpunt                                                                       Sonsondergang uit kar

Lekker rustige middag, en weereens stunning fotos geneem. Kyk hierdie stunning foto van 2 wild vreemde mense op horison..


Ons vier was Sondag planetarium toe, en dit was ook baie lekker. Daarna het ons deur Parlements tuine gaan loop met al die eekhorinkies, (ek gaan definitief terug om net rustig in mooi tuine te gaan sit en boeklees). Geen fotos, my battery was pap..

Pringle Bay

5 April ‘12

Pringle baai Fotos neem
Ek het by Merle hulle gaan slaap op Bettiesbaai en die volgende oggend gaan fotos neem op Pringle baai. O genade, die plek is stunning!! Kyk die bordjies langs pad in Pringle en Betties.. te oulik

Fotosessie met Piet en Geraldine, twee lieflike mense van Krugersdorp wat in Betties was vir vakansie.
I Love my Job! Dit voel met elke fotosessie of die mense iets van hulle self met my deel..

Tuesday, 10 April 2012

Gauteng kuier

28 Mrt – 2 Apr 2012


Gauteng Kuier
My eerste busrit lughawe toe met my eie MyCity buskaart, haha, gevoel soos skoolkind. My City busse is werklik baie gerieflik, laai my op by my hek, klim oor by Civic Centre, en dan reguit tot by Lughawe.

Moeder het my kom oplaai by lughawe, en Damien kon nie sy ogies glo toe hy my daar sien staan nie. Sjym, hy klim sommer bo-oor die sitplek.

Donderdag aand heerlik gaan kuier by Elna en Jurgens en na die nuwe huis gaan kyk.
Vrydag by Luzanne en Bj gaan kuier en oorgeslaap. Ons het na hulle winkel gaan kyk, en Damien is baie beindruk, want hy neem aan die hele German klub behoort aan hulle, cute. Damien en Luzanne het gegym in Bj se kantoor. 2.5kg weights was vir Damien so swaar dat ons vreeslik vir hom gelag het.. sjym julle, kyk hoe natgesweet is hy, en hy was stokflou van 2.5kg
Lekker gekuier, Tv gekyk en baie laat in bed geklim. Ek en Luzanne het hele lys goed gehad wat ons wou doen, en natuurlik het ons nie by een uitgekom nie, haha
Saterdagoggend net na 7 vir Lizette in Irene woud gekry vir ‘trash the dress’ fotos. Dit was vreeslike storm die vorige aand, so alles was sopnat en daar was lekker baie modder. Dankie Lizette, jy was regtig great, en glad nie bang vir nat word of koudkry nie, ons het te lekker gelag.

Saterdag middag was dit Mark & Francis se troue. Lieflike klein intieme troue by Twin Rivers, baie persoonlik. Dit was werklik spesiaal. Francis het soos prinses gelyk. Ons wou in die woud gaan fotos neem, maar alles was ten at, so toe loop ons net in Estate rond en neem fotos. Jolene was my assisitent vir die dag, en sy het dit vreeslik geniet.

Na troue by Jolene hulle gaan oorslaap, laat gekuier, en vroeg opgestaan. Sondag oggend was fotos met Jacques en Tilana, 2 pragtige mense.

Na fotos en omelette, vir Timico in die kar gelaai, en na my ma hulle toe gegaan vir braai die middag saam met almal. Die kinders was almal daar, en ons het vir hulle eiers weggesteek. Dit was somer net ‘n lekker kuier middag. Dankie vir almal wat moeite gedoen het om my te kom sien, en dankie vir ma en pa om alles so mooi reg te kry vir my. Dankie almal vir lekker kuiers!

En natuurlik Maandag oggend is dit weer terug huis toe.Ek het my wynglase as handbagasie gevat, en hele ekstra sak vol goed. Was baie benoud dat ek of oorgewig gaan wees, of dat hulle nie my glase in my hand sou toelaat nie, maar ek het toe sommer maklik alles in Kaap gekry. Alfie het my so vermis, hy het my op lughawe kom haal, en dit was nie nodig vir my om met al my baie sakke op die bus te klim nie.

Monday, 2 April 2012

Luzanne se Kaap Kuiertjie!


24 – 26 Mrt 2012

Luzanne kom Kuier!
Gaan kyk na haar Itinerary by Kuiergaste. Dit was vooraf vir haar gestuur.
Love at first sight
Hierdie was kort kuier, maar glo my dit was ‘n Besige Vol 2 dae.
'Capetown in a nutshell’
Saterdag opgelaai, direk Big Bay toe met seepad, tasse afgelaai, en toe  Melkbos strand toe vir  Beste kaaskoek  reg langs see(wat hulle toe nie
het nie, haha)  En toe net lekker kuier en Pizza by die huis.
Sondag was Vol! Hillsong 8uur die oggend (en ons het Heelvoor gesit),  Awesome!

cross equals love. (sien sielskos)
Reguit van daar af is ons Houtbay Harbour Market toe met die Lieflike Constantia pad (pragtige uitsig en bome)



Die mark het Luzanne mal gehad, sy was in ekstase oor Alles! Van die draad hasies by die deur tot die paddastoel-stoele tot by die houtharte. Ontbyt was die ongelooflikste omelette.
Die kreatiwiteit van die mense hier in die Kaap word definitief aangehelp deur die seelug, want alles is amazing. Was in hawe by Houtbaai en het vriendelike rob gesien.
Toe met die mooiste pad ooit langs die see verby Campsbay, Llundudne ens tot in stad by Cape Quarters. Hier het my sussie dit weereens verloor, haha. Was by awesome babwinkel, en sy wil alles net ê. Die diere winkel was verskriklike treat vir ons altwee (ma gaan mal wees oor die winkel), en toe loop ons oor na die Square met Lindt en Andiamo. Mens kan gaan vir klasse hoe om Lindt sjokoloade te maak. Dit behoort baie lekker t ewes Gelukkig was van die winkels hier toe nou al toe, anders het Bj se kredietkaart genuig, haha, alles wat luzanne in die vensters sien, wil sy koop.
Kite surfers gaan kyk op die strand. Die wind het lekker gewaai en ons was vol sand orals, hehe. Ek love my Kite surfers. Bj, dis nou bietjie tyd vir jou om te kom probeer.
Gou by Alf gaan inloer, want Maandag is die dag te vol.. Baie mooi! Alfie het lekker hard gewerk, maar sy plek is nou stunning.
Terug Big Bay toe waar Alf en Onskuld by ons  kom kuier. Lekker snacks en wyn, Baie gelag, toe hot chocolate by Moyo wat toe uitgedraai het in cocktaoils by Zandbar tot 1uur in oggend saan met die Zandbar staff, en ons is toe gegroet met drukkies en Luzanne en Alf ie is deur die waiter uit die restaurant gedra, haha. So much for a quiet Sunday evening… (ons het rustige aand beplan)

Maandag oggend bietjie laat geslaap, ons is so net na 8 op. Muffins gebak, en toe is dit Century City vit istore vir Luzanne, Bellville vir kamerasak vir my, en toe Butterfly world
O Genade!! Ons het Geen idée gehad wat op ons wag nie! Dis die Grootste treat ooit! Hierdie is moet  vir almal. Daar is skoenlappers orals, en pappegaaie wat rondvleig en apies in die bome, marmotte op die grond en Iguanas wat los rondloop, Amazing! Die mooiste fotos geneem !




vlerksleep?

V&A Waterfront vir lunch en soek vir Isimiyaki vir Bj, huistoe, op banke neergeval van uitputting en toe later lughawe toe
Dankie my swessie! Dis was heeeerlkike kuiertjie, net te kort.