Sunday, 16 December 2012

Worchester

Merle se verjaarsdag het ons gefier in Worchester.
kyk bome se 2 kleure. Stunning!!
Margaret was in die Worchester hospitaal vir operasie, en het ongelukkig nie die dag met ons gedeel nie. Damien het slapies afgetel na die dag toe, en weereens weet ons nie wie is die blyste en die mees opgewonde nie, Damien of Merle..
Alle klein seuntjies het 'n Hero..Damien het vir Merle.
Dit moet gesien word om ten volle waardeer te word. Ons word gereeld gebel, maar ek weet mos nou al van beter, want die oproepe is gewoonlik vroeg pggend net voor hy skool toe gaan, haha.
Damien is mal oor die Martins. Die was sommer net lekker rustige dag vir ons almal, en hulle twee was besig,, soos altyd.
Daar was tot vinnig gereel dat trekker hom oplaai so in die verbygaan.
Merle glo seuntjies moet klippe gooi, kar ry, vuil word, trekker ry, soveel moontlik seets eet as jy kan en en en, so as sy by is, is al die reëls by die deur uit, want sy is erger as Damien. En  daar word altyd skelm sweeties geëet, dat ek dit tog net  ie sien nie. En nee, nie 1 of 2 jelliebabies nie.. 'n hele pak.
Hulle twee het gaan lè en stories vertel vir mekaar, en werk toe sommer vonnige slapie ook in voor ete.





Merle het vir hom brille gekoop



No comments:

Post a Comment