2 Des 2012
Switching on the Lights Festival en 7th Wonder of the World CelebrationEk wou nog altyd die Kaapstad liggies sien in Adderley straat, so hierdie fees wou ek nie mis nie. Volgens koerant was daar 120duisend mense.. glo my, daar was Baie mense.. almal gaan kyk na die liggies en almal is Baie trots op ons berg.
Kyk, ek is mal oor my Tafelberg, maar Damien is amper erger. Hy kyk elke oggend by my kamervenster uit of mens die berg kan sien, en hy kan nie wag vir die dag dat ons tot bo gaan nie (Vakansie saam Luzanne hulle)
Ons lank gewag vir die liggies, maar dit was definitief die wag werd, en daar was vuurwerke vir die '7th Wonder Celebration'.
Kyk, ons Kapenaars is soos die staadswerkers.. ons het min rede nodig om iets te fier.. Piekniek en partytjie vir elke geleentheid, hahaha. Ons fier gereeld die einde van mooi dag, met piekniek of net Sundowner op die strand.
die blom verander kleur soos sy loop. Jp se favourite |
Hierdie fotos spreek vanself.
No comments:
Post a Comment