Hier is my en Damien se boodskap aan julle almal vir die Kers seisoen:
Mag julle die vreugde van Kersfees elke dag in julle harte dra
Wees Opreg met mekaar..
gee bietjie aandag aan die klien dingetjies
as jy fout maak, vra onverskoning, en gee ander 'n 2de kans.
Probeer altyd beter doen, en doen moeite om te glo in Genade.
Gee drukkies, en Vergewe . Lag, sommer baie, en wees meer Geduldig..
Respekteer ander, maak ruimte vir mekaar se verskille.. moet nooit moed opgee nie
Belangrikste van alles.. Wees Lief vir mekaar
En wees Opreg Dankbaar vir alles waarmee die Liewe Vader jou daagliks seën.
Monday, 17 December 2012
Sunday, 16 December 2012
Worchester
Merle se verjaarsdag het ons gefier in Worchester.
Margaret was in die Worchester hospitaal vir operasie, en het ongelukkig nie die dag met ons gedeel nie. Damien het slapies afgetel na die dag toe, en weereens weet ons nie wie is die blyste en die mees opgewonde nie, Damien of Merle..
Alle klein seuntjies het 'n Hero..Damien het vir Merle.
Dit moet gesien word om ten volle waardeer te word. Ons word gereeld gebel, maar ek weet mos nou al van beter, want die oproepe is gewoonlik vroeg pggend net voor hy skool toe gaan, haha.
Damien is mal oor die Martins. Die was sommer net lekker rustige dag vir ons almal, en hulle twee was besig,, soos altyd.
Daar was tot vinnig gereel dat trekker hom oplaai so in die verbygaan.
Merle glo seuntjies moet klippe gooi, kar ry, vuil word, trekker ry, soveel moontlik seets eet as jy kan en en en, so as sy by is, is al die reëls by die deur uit, want sy is erger as Damien. En daar word altyd skelm sweeties geëet, dat ek dit tog net ie sien nie. En nee, nie 1 of 2 jelliebabies nie.. 'n hele pak.
Hulle twee het gaan lè en stories vertel vir mekaar, en werk toe sommer vonnige slapie ook in voor ete.
kyk bome se 2 kleure. Stunning!! |
Alle klein seuntjies het 'n Hero..Damien het vir Merle.
Dit moet gesien word om ten volle waardeer te word. Ons word gereeld gebel, maar ek weet mos nou al van beter, want die oproepe is gewoonlik vroeg pggend net voor hy skool toe gaan, haha.
Damien is mal oor die Martins. Die was sommer net lekker rustige dag vir ons almal, en hulle twee was besig,, soos altyd.
Daar was tot vinnig gereel dat trekker hom oplaai so in die verbygaan.
Merle glo seuntjies moet klippe gooi, kar ry, vuil word, trekker ry, soveel moontlik seets eet as jy kan en en en, so as sy by is, is al die reëls by die deur uit, want sy is erger as Damien. En daar word altyd skelm sweeties geëet, dat ek dit tog net ie sien nie. En nee, nie 1 of 2 jelliebabies nie.. 'n hele pak.
Hulle twee het gaan lè en stories vertel vir mekaar, en werk toe sommer vonnige slapie ook in voor ete.
Merle het vir hom brille gekoop |
Sunday, 2 December 2012
Switching on the Lights Festival
2 Des 2012
Switching on the Lights Festival en 7th Wonder of the World CelebrationEk wou nog altyd die Kaapstad liggies sien in Adderley straat, so hierdie fees wou ek nie mis nie. Volgens koerant was daar 120duisend mense.. glo my, daar was Baie mense.. almal gaan kyk na die liggies en almal is Baie trots op ons berg.
Kyk, ek is mal oor my Tafelberg, maar Damien is amper erger. Hy kyk elke oggend by my kamervenster uit of mens die berg kan sien, en hy kan nie wag vir die dag dat ons tot bo gaan nie (Vakansie saam Luzanne hulle)
Ons lank gewag vir die liggies, maar dit was definitief die wag werd, en daar was vuurwerke vir die '7th Wonder Celebration'.
Kyk, ons Kapenaars is soos die staadswerkers.. ons het min rede nodig om iets te fier.. Piekniek en partytjie vir elke geleentheid, hahaha. Ons fier gereeld die einde van mooi dag, met piekniek of net Sundowner op die strand.
die blom verander kleur soos sy loop. Jp se favourite |
Hierdie fotos spreek vanself.
Sunday, 25 November 2012
Daniel Bedingfield in Kirstenbosh tuine
25 Nov '12
Daniel Beddingfield is Groot gunsteling van my en Jp'if your not the one' is sy bekendste liedjie. http://www.youtube.com/watch?v=kSJciquRmJo
Hy was paar jaar terug baie gewild, maar is toe in groot karongeluk en verdwyn. Sy sussie Natsha Beddingfield is baie bekend.
Ons was so opgewonde soos kinders! Piekniek in die Kirstenbosch tuine en Daniel Beddingfield wat sing.. Wow!
almal met piekniek mandjies en beleef die uitsig na voor |
uitsig na die kant |
Die piekniek, atmosfeer en die mense was Briljant! die konsert was ok, maar nie wat ons verwag het nie.. Daniel Beddingfield het besluit hy sing nou Reggae.. eish.
Hy klim af van verhoog, en staan tussen mense en sing liedjie "Honest Question"wat hy geskryf het toe hy nog tiener was, hy sing dit met geen musiek nie.. net hy. O Genade dit was mooi.. dit was so mooi, ons moes tissues uithaal om die 'stof' wat die wind in ons oë waai, af te vee, hehe.
http://www.youtube.com/watch?v=v3IL2FnYkGg
Maar toe hy ons favourite liedjie vat en hom ook Reggae sing, toe wou ons weghardloop.. baie onbeindruk.
Die tuine is ongelooflik, en gaan ons nog baie sien. Ons kyk 23ste Prime Circle in die tuine 'by Sunset' en hulle het flieks ook in die tuine, so ons gaan nog dit ook doen. Nottinghill kyk ons in januarie in die tuine met piekniekmandjie.. dit gaan Amazing wees!
Saturday, 24 November 2012
Suzelle troue
24 Nov '12
Suzelle en Dewald is 'Match made in Heaven', letterlik. Die Here het duidelik die 2 vir mekaar beplan. Hulle het hier in die Kaap ontmoet op 'blind date' wat vriende gereel het wat hulle baie goed ken, en sommer onmiddelik was die 2 Mal oor mekaar. Dewaldt is pastoor in Stellenbosh. Ek het Dewaldt die eerste keer ontmoet by sy kerk, dis nou toe ek die nuwe ou moes kom 'kyk'. Hy het sommer dadelik groot indruk gemaak, en hy bring kant van Suzelle tevore wat ons nog nooit gesien het nie. Ek was saam toe Suza trourok pas. Sy wou rok laat maak, maar toe sy pas, is die 1ste rok sommer die perfekte een vir haar, en koop sy toe sommer daardie dag har trourok.
Hulle het getrou by Oemf in Stellenbosh. Ek het die voorreg gehad om hulle fotograaf te kies (David, natuurlik), maar ek het self so paar fotos geneem. Sy het soos prinses gelyk, en hulle albei het gestraal. Klein intieme troue, klien en persoonlik, was Awesome. Glad nie tradisionele troue nie, hulle het dit heeltemal anders gedoen.
Sunday, 18 November 2012
Noordhoek
18 Nov '12
Ons 2, Alf en Jp was vir die dag Noordhoek toe.
Jp en Alfie het perd gaan ry op die strand, so ons moes vroeg in daar wees. Ek en Damien het toe op strand gaan stap. Damien se lip was Baie lank, want hy wil ook graag perdry maar hy is te klein.Alfie troos toe nou maar eers en verduidelik mooi.. en hy is natuurlik weer self na aan trane (Kyk, Damien kan net ligte ongelukkig wees oor iets, dan sleep Alf se lip ook, haha)
Heerlik op strand gespeel, en besluit toe om terug te stap. Net begin stap, hoor ons iemand roep.. toe is dit Alfie hulle wat ons op die strand kom soek het met die perde.. Alfie tel vir Damien op perd, en die swartman sê toe Damien kan saam hulle terugry. Hoogtepunt vir Damien! Hy was buite homself! Hy (met Jozie) op die perd.
Ons was toe van plan om net vinnig te piekniek op die strand, dan weer met die mooi pad huistoe. Die dag is toe so mooi, dat ons Baie langer op strand spandeer as beplan, en ons 3 verbrand onsself!
Swem ens was glad nie in beplanning nie, ons het nie eers sambreel gehad nie..
Maandag Kaap Familie
Hier is my Maandag Kaap familie.
Ek praat so baie van hulle, mal almal weet nie hoe lyk hulle nie. Hier is Alfie, en Jp (Onskuld) en natuurlik Damien.
Ons eet gewoonlik Maandae aande by een van ons se huise en kyk saam iets op Tv, dit het begin by Greys, maar nou is dit al instelling
Ek praat so baie van hulle, mal almal weet nie hoe lyk hulle nie. Hier is Alfie, en Jp (Onskuld) en natuurlik Damien.
Ons eet gewoonlik Maandae aande by een van ons se huise en kyk saam iets op Tv, dit het begin by Greys, maar nou is dit al instelling
Subscribe to:
Posts (Atom)