Tuesday, 18 September 2012

Alfie se Verjaarsdag!

1 Aug '12
Alfie se verjaarsdag val toe mooi op die dag wat ek trek.
So, toe het ek en Merle bietjie gekonkel en gereël dat ons so deur die trek vir Alf 'n "surprise" Partytjie hou. So, hulle het deurgery van Betties af, en ons het sommer so tussen die trek en die bokse en die afpak en die deure uithaal om beddens in te kry, partytjie gehou. Balonne, koek, geskenke en alles.. te lekker. En Alfie het dit glad nie verwag nie, was groooot surprise, Alfie kon sy oë nie glo nie, haha

Kuier in Bettiesbaai

13 Sept '12
Glad nie beplan nie, sommer op ingewing van die oomblik, gaan kuier ons te heerlik in Betties vir die dag. Alfie het opgestaan met 'bee in his bonnet', en vir Jp (wat gestaan en aarrbeie eet het) en vir my gebel en gese, eks oppad om julle op te laai, ons gaan bietjie kuier..

Kyk Damien het vir Merle in die sak, pens en pootjies.. hy draai haar om sy vinger met een kyk, haha
Finkel en Koljander, die 2, haha

Die hele Merle (volgens Damien) is Merle, Margaret en Tannie Isabel, haha. Hy is mal daaroor om by hulle te kuier, en hy hou hulle lekker besig. So vir my is dit heerlik rustig om saam hulle te kuier, want ek hoef glad nie oor Damien te bekommer nie, hy is besig met een van die 3.
En Merle glo hy is seuntjie, so hy moet in die modder speel, en klippe gooi, en hy moet baie sweeties eet en en en..
 Ons almal stap toe lekker af na die strand toe en gaan kyk Pikkewyne
Damien teken self gasteboek

en Toe die Lieflike pad terug. Stop heerlik, maak deure oop met harde musiek en waardeer die see..
Dit was Baie koud buite.
Vrek koud, maar  Damien het nogsteeds tydjie om te dans..
Ons is So geseënd dat ons so fantastiese dag kan geniet, pure net omdat ons lus het..
Ander mense spaar 'n jaar om 2 weke op vakansie in ons lieflike Kaap te kom hou, en om die lieflike seepad te kom ry en fotos te kom neem, en om in verwondering te staan oor ons Vader se handewerk.. en ons kan dit op daaglikse basis ervaar, net omdat ons wil.. sjoe

Toe stop ons gou in Gordonsbaai, stunning!!
en die pad huistoe was die mense agter in die kar Uitgeput, haha
Stunning dag gehad, heerlik gekuier, baie gelag, asemrowende omgewing en uitsig waardeer en stokflou terug gekom laat die aand.
Dankie vir Merle, margaret en Tannie Isabel by wie ons sommer ingeval het, en heerlike lunch gehad het.




Saturday, 1 September 2012

Lentedag!!

Lentedag!
 Hier is die blommetjies wat Damien self vir my gekoop het.
Ons het lekker by Suzelle en Kiana in Paarl gaan kuier, en na hulle stunning nuwe huis gaan kyk, wat hulle op Lentedag intrek. Baie mooi huis, en stunning uitsig.
                                                      







Beleef hoe mooi is dit hier!!!  Blommetjies Orals!!!


                                                                                                                                                                   Jp se foto - bo regs