Monday, 23 July 2012

Damien by die Huis

 26 Junie '12

 (by pages, aan die kant is Damien se eie bladsy met al sy goedjies op  - gaan kyk gerus en voeg by as ek iets vergeet het, of nie weet nie)




 Al die slapies afgetel, en Uiteindelik kom my seuntjie in die Kaap aan!!
Damien en sy ouma het met ‘n oranje vliegtuig gevlieg, en dit was baie lekker. Sjym, hy kon nie sy ogies glo toe ons mekaar nou uiteindelik op die lughawe kry nie. Sjoe, 4 maande se wag is Baie lank hoor.
Ry huistoe en natuurlik praat hy onophoudelik, sjym. By huis is alles vir hom reg, soos hy daarvan hou en alles natuurlik Cars. Hy is mal oor sy kamer en baie beindruk met bed wat oupa gemaak het met al die  "in en uit"mandjies onder bed wat al sy goed inhet. (dis mandjies met wielietjies)


Toe kom die verassing, Oupa en Ouma het vir hom selfoon gegee! Kyk, die beste geskenk ooit! Dis ouma se ou Samsung wat oupa vir hom pay-as-you-go simcard gekry het (en ge Rica het).
Nou het hy sy eie nommer, en kan sy eie fotos neem (sal later op blog bladsy sit net vir Damien se eie fotos). Sy foon lui met Kaptein en as elkeen bel kom hulle fotos op die skerm (ouma het dit so opgesit).
Grootter geskenk kon jy hom nie gee nie.

tissues vir kinders agter in kar
Tannie Lynn het vir hom mooiste blou beursie gegee met geldjie in, en daarmee het hy sommer vinnig reënjas gekoop, en karretjie gery by Eden in Bay.

Kyk, Damien is verslaaf aan die golwe, en Liewe Jesus word gereeld bedank vir hierdie mooi see, golwe en berg. Dis winter, maar strand toe, gaan ons strand toe, net nie as dit reën nie, haha.
Hy kry vrek koud, maar ons speel op die strand vir ‘n vale. Tannie Zel sit in die kar, want dis te koud buite, en Damien is die enigste kind op strand, maar hy is happy, so sy is happy..

strand op yskoue wintersdag      sing met arms in die lug, kliphard vir die see     "my Tafelberg"                      Karate Kid

Vir sy verwelkoming het ons gaan boot ry in die hawe en so end uit tot oorkant die sokker stadium. See is baie rower daar binne as wat dit van hier buite af lyk, ons het lekker gelag want ouma en Tannie Zel het lekker rondgeval op die boot.
Ouma is toe na 3 dae na Tannie Fiena toe, Ons het gery tot by Swellendam en toe het T.Ilze haar gekry en ons het omgedraai en huis toe gery, lang dag se ry..
Die Kaap is fees, Damien wil baie graag vir sy Boeties die see en die berg wys, maar hulle sal eendag kom kuier.
Cars skoolsak en Cars kosblik
Een van die lekkerste dinge is om op die strand te sit, en net te kyk hoe kom die golwe in..  En op dae wat ons baie gelukkig is, dan is daar kitesurfers wat groot hoogtepunt is.
Damien se nuwe skool is in Parklands, en daar is hasies waaroor hy mal is, en vir wie daar ook daagliks kosies ingepak moet word. Al die maatjies is engels, maar die juffrouens is Afrikaans, so hy is mal daaroor (al sê hy vir sy ouma die kinders irriteer hom, haha). Hy kom elke dag met nuwe engelse woord by die huis aan, te oulik.
 Kerk op Sondae oggende is een van sy hoogtepunte, al is alles in engels, is hy mal oor elke minuut, en vra tenminste 3 x per week of dit Sondag is.
Hillsong
Damien was by Tandarts



Kitesurfers kyk met kombers


Ek vra dat elkeen wat die blog lees, tog maar vir ons 2 in die Kaap sal bid. Bid vir my vir wysheid dat ek die regte besluite aangaande Damien se opvoeding en geluk sal maak, en dat die Liewe Vader elke dag Sy hand van bewaring oor ons sal hou, en ons sal seën in ons daaglikse wandel.
lekker op bank met fliekie
Dankie Oupa en Ouma, Baie dankie vir die selfoon, dis groot geskenk.
Ouma, Baie dankie vir 'n lekker vliegtuig en lekker kuier, en dat Ouma my Kaap toe gebring het,
LeShaun en Lucy, Baie Dankie vir die Grootste geskenk in die Hele wye Wêreld! En dankie dat julle die situasie verstaan.. Ek belowe ek sal mooi na hom kyk en vir hom die beste gee binne my vermoeë. 

Damien se voeltjies wat elke dag kos kry


Moms & Tots Parking


Geyser was af, haha

6 comments:

  1. KAN MENS NOU GLO DAT 2 SULKE MENSIES SO BEDOEL IS VIR MEKAAR! DIS SO LEKKR OM DIE BLOG TE LEES, EKLAG LEKKER EN DAN HUIL EK OOK LEKKER, EISH!
    ONS BID VIR JULLE ELKE DAG, EN WEET ONS ABBA VADER SE HAND VAN BESKERMING IS ELKE DAG BY JUL!
    WYSHEID SAL JY ALTYD ONTVNAG VAN GOD, HY HET DIT REEDS VIR JOU GEGEE, EN GUNS OOK!

    OSN IS BAIE LIEF VIR JULLE 2!

    GENIET MEKAAR - ONS SAL EEN VAN DIE DAE KOM KUIER EN LEKKER SAAM OP STRAND GAAN SPEEL.

    OK -LUV YOU - BYE
    XXX

    ReplyDelete
    Replies
    1. ag dankie julle 2!

      Julle beter kom kuier, ons vermis julle vreeslik, en Damien wil kitesurf saam Bj, haha

      Dankie dat julle vir ons bid, en ja, guns het ons reeds ontvang.

      Sien uit na julle kuier in ons nuwe huis (9 slapies!)

      Delete
  2. O JA - DIE BAD STORIE OP SY PAGE HET MY NET GEWEN! SLIM KIND, SIT . . .
    BRILJANT SEUNA, JY IS AL HOPELOOS TE SLIM OM SO TE REDENEER OP 5 !

    ReplyDelete
  3. Eish, ek wil nie eers weet wat later gaan uitkom nie, haha

    ReplyDelete
  4. WOW julle tweetjies, dankie dat julle al julle special oomblikke met ons deel! Dis heerlik om elke keer meer en meer te hoor en dan lekker te lag. Ons besef elke dag hoe spesiaal julle vir ons is en ons vermis julle BAIE! Ons lief julle sommer tonne baie! Daar is ook tye wat die knop dik in die keel sit en die trane loop, maar wanneer ons besef julle is regtig gelukkig, dan is ons ook gelukkig

    Ons bid vir die beste wysheid en leiding, want Abba is in elkgeval die BESTE Leermeester!!! Ons bid en vertrou vir seeninge uit God se boonste rakke ... Net die beste vir ons bestes!

    Geniet julle awesome journey ... You are a family meant to be together!

    Liefdetjies
    xXx

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dis plesier om met julle te deel, dit sou net baie lekker gewees het s julle meer goed kon saam doen. Eish, imagine die hele familie het in Kaap gebly, groot feeste.

      Ons is gelukkig, baie dankie. Hoe anders? Alles is so mooi en rustig.

      Delete