26 Junie '12
(by pages, aan die kant is Damien se eie bladsy met al sy goedjies op - gaan kyk gerus en voeg by as ek iets vergeet het, of nie weet nie)
Al die slapies afgetel, en Uiteindelik kom my seuntjie in die Kaap aan!!
Damien en sy ouma het met ‘n oranje vliegtuig gevlieg, en
dit was baie lekker. Sjym, hy kon nie sy ogies glo toe ons mekaar nou
uiteindelik op die lughawe kry nie. Sjoe, 4 maande se wag is Baie lank hoor.
Ry huistoe en natuurlik praat hy onophoudelik, sjym. By huis
is alles vir hom reg, soos hy daarvan hou en alles natuurlik Cars. Hy is mal
oor sy kamer en baie beindruk met bed wat oupa gemaak het met al die "in en uit"mandjies
onder bed wat al sy goed inhet. (dis mandjies met wielietjies)
Toe kom die verassing, Oupa en Ouma het vir hom selfoon gegee! Kyk, die beste geskenk ooit! Dis ouma se ou Samsung wat oupa vir hom pay-as-you-go simcard gekry het (en ge Rica het).
Nou het hy sy eie nommer, en kan sy eie fotos neem (sal
later op blog bladsy sit net vir Damien se eie fotos). Sy foon lui met Kaptein
en as elkeen bel kom hulle fotos op die skerm (ouma het dit so opgesit).
Grootter geskenk kon jy hom nie gee nie.
tissues vir kinders agter in kar |
Kyk, Damien is verslaaf aan die golwe, en Liewe Jesus word
gereeld bedank vir hierdie mooi see, golwe en berg. Dis winter, maar strand
toe, gaan ons strand toe, net nie as dit reën nie, haha.
Hy kry vrek koud, maar ons speel op die strand vir ‘n vale.
Tannie Zel sit in die kar, want dis te koud buite, en Damien is die enigste
kind op strand, maar hy is happy, so sy is happy..
strand op yskoue wintersdag sing met arms in die lug, kliphard vir die see "my Tafelberg" Karate Kid |
Vir sy verwelkoming het ons gaan boot ry in die hawe en so end uit tot oorkant die sokker stadium. See is baie rower daar binne as wat dit van hier buite af lyk, ons het lekker gelag want ouma en Tannie Zel het lekker rondgeval op die boot.
Ouma is toe na 3 dae na Tannie Fiena toe, Ons het gery tot
by Swellendam en toe het T.Ilze haar gekry en ons het omgedraai en huis toe
gery, lang dag se ry..
Die Kaap is fees, Damien wil baie graag vir sy Boeties die
see en die berg wys, maar hulle sal eendag kom kuier.
Cars skoolsak en Cars kosblik |
Damien se nuwe skool is in Parklands, en daar is hasies
waaroor hy mal is, en vir wie daar ook daagliks kosies ingepak moet word. Al
die maatjies is engels, maar die juffrouens is Afrikaans, so hy is mal daaroor
(al sê hy vir sy ouma die kinders irriteer hom, haha). Hy kom elke dag met nuwe
engelse woord by die huis aan, te oulik.
Kerk op Sondae oggende is een van sy hoogtepunte, al is alles in engels, is hy mal oor elke minuut, en vra tenminste 3 x per week of dit Sondag is.
Kerk op Sondae oggende is een van sy hoogtepunte, al is alles in engels, is hy mal oor elke minuut, en vra tenminste 3 x per week of dit Sondag is.
Hillsong |
Damien was by Tandarts |
Kitesurfers kyk met kombers |
Ek vra dat elkeen wat die blog lees, tog maar vir ons 2 in die Kaap sal bid. Bid vir my vir wysheid dat ek die regte besluite aangaande Damien se opvoeding en geluk sal maak, en dat die Liewe Vader elke dag Sy hand van bewaring oor ons sal hou, en ons sal seën in ons daaglikse wandel.
lekker op bank met fliekie |
Ouma, Baie dankie vir 'n lekker vliegtuig en lekker kuier, en dat Ouma my Kaap toe gebring het,
LeShaun en Lucy, Baie Dankie vir die Grootste geskenk in die Hele wye
Wêreld! En dankie dat julle die situasie verstaan.. Ek belowe ek sal
mooi na hom kyk en vir hom die beste gee binne my vermoeë.
Damien se voeltjies wat elke dag kos kry |