Sunday, 17 June 2012

Wacky Wine festival in Robertson !!


Wacky Wine Wynfees:                                                                5-11 Jun’12
Die eerste Wynfees met my as Kapenaar! En Jaarlikse instelling van 2012 af!!
(ons is sommer volgende jaar heelwat meer wat saamgaan) – VERSEKER!! Dis verpligtend !! En Ons bly in Montagu!!

Hier is netvoorsmakie van ons awesome week. Daar is so baie gelag en gekuier, en honderde fotos, dat ek nooit alles sal kan oorvertel of al die fotos wys nie, maar as julle dit werklik wil ervaar, moet julle maar volgende jaar saamkom.. 

 Dinsdag:
Al die baie slapies is verby, en die groot dag het aangebreek  Die groot trek na die Kaap – Bj, Luzanne, Henning en Jolene . 1485km ver, eish!  Maar die klomp het heeeeeerlik gekuier in die kar, en selfs vir my liedjie geskryf, te oulik..
Aand: verwelkoming en Ete in Big Bay. Bj versoek 'n koue bier, en hy kry hom sommer toe hy uit die kar klim. Met aandete kry Elkeen van hulle gunsteling bottels wyn (ja, ek weet waarvan elkeen hou, haha)

Woensdag:
7:00 Stap Lizelle en Luzanne op strand, of nie! Want dit reën
Na heerlike ontbyt is Fire & Ice eerste op die agenda, en die klomp Love dit. En kan julle glo!!! Jolene EN Henning se alarms het Nie afgegaan nie!! Ai tog so voorbeeldig! hahaha, en dan my Boeta se alarm het geskreeu voor die badkamer deur nog eers toe was (nie eers naby toe nie) - Histeries!!
Charlies Bakery, met al die mooi goedjies, en natuurlik moes die klomp iets eet, want alles het so lekker gelyk..

 
 Cape Quarters - lekker rondgeloop en natuurlik het die Van Rensburg egpaar hier al heeeeeerlik begin shop, haha. By Superspar lekker kos


gekoop vir die piekniek.
Heerlike rustige piekniek in Parlements tuine met eekhorinkies, hierdie was vir Hennig hoogtepunt, en Luzanne het alles probeer om eekhorinkie huis toe te vat.. Kyk die wit eekhorinkie, albinotjie, sjym..

V&A Waterfront - verdere shopping vir Jvr's, Ek wou huil want my Musica Warehouse het toegemaak (werklik hartseer, BAIE!)  Wheel of excellence was beplan vir Day's, maar hulle het te lank in winkels gedraai, en toe hulle uitkom het die weer besluit, die uitsig is weg, orals net reënwolke..  Maar het die Day's nou lekker geshop in Musica (kleiner een binne V&A, ek wil nie eers weet hoe hulle sou shop as my Warehouse nog oop was nie, eish, ek sluk sommer hard as ek net dink my winkel het toegemaak)
Sonsondergang beplan by Maestro’s restaurant langs ligtoring, maar kon nie daar eet nie, hulle was toe vir privaat funksie, toe gaan ons ‘Fish Bowl’ (haha) toe vir Sushi en Calamari– Alfie en Onskuld en Beyla join ons.Hier het die klomp met die 'eat as much as you want' Sushi behoorlik weggelê

Donderdag:
7:00 Stap langs strand vir die wat lus het, of nie, dit reën, haha, jip nogsteeds
Biscuit Mill winkels in die reën, maar dit stop nie die Jvr's om te shop nie.. en almal lekker koffie gedrink by Bean there (Die spesifieke koffie winkel was in Elle magazine as "as jy iewers in CT wil gaan koffie drink, is dit hier")

Butterfly / Bird world (Day’s en Alf) / Cavendish Centre Shopping (Jvr’s + Jp en Beyla)
Dit het so gereën dat daar ‘n volle 5 skoenlappers was, maar glo my die voëls het opgemaak. Dalk kry voëltjies koud en kom soek hitte by die mense, hehe
Eks Baaaang!!!!!! het hy tande??
Die grys enetjie is 'n klein ou voëltjie, wat so koud kry hy klim onder marmotte in vir hitte. Die ou dingetjie is altyd op grond tussen marmotte, hy kan of nie vlieg nie, of wil baie graag 'n marmot maatjie wees, ag jitte, die ou dingetjie is my favourite..



Clois Malverne wynplaas ingeloer, terwyl ons gewag het vir die klomp van Cavendish af. Ek en Henning proe en Henning kry vir ons elkeen botteltjie heerlike rooiwyn. Vind toe uit by wynfees dat Clois Malverne die ‘wine tasting’ was wat en en Suzelle by Dewald se kerk gaan geniet het.
JC Le Roux Champagne & Nougat tasting in Stellenbosh! Dit was heerlik, eers lesing saam ander groep oor hoe hulle vonkelwyn maak ens, en toe ons Champagne en Nougat tasting, Awesome! Awesome tasting, awesome geselskap

Durban Hills deur terug gery om vir die Gautengers die stunning uitsig te wys.
Vinnig Groceries gaan kry vir Robertson. Sunset: Eden on Bay op strand, of nie, want dit reen, haha
Aand: Chill en beplan bietjie plase ens vir die wynfees by Pardis F201, daar was nie eers ou tydjie vir Hot chocolate by Sandbar nie, haha
Vrydag:
Wacky Wine Robertson Wynfees hier kom ons! Dis so 150km, maar met ons al5 in een kar, was die rit sommer baie kort.


Eish, die klomp begin toe sommer wyn proe waar ons paspoorte koop, hehe. R90 vir paspoort (dis wynglas), dan het jou toegang toe 52 plase en jy kan by almal verniet wyn proe na hartelus.  Bargain!! Veral vir Bj en Henning wat Heeeeeeelwat wyn geproe het, haha. Wynproe was definitief Bj se hoogtepunt van die hele week.
Montagu, Badensfontein - Sit ons goed in Chalets. WOW wow WOW!! ons blyplek is Stunning!! Die mooiste plek, met kaggel en Mooiste uitsig oor wingerde! Wow! Moes onsself wegsleep uit blyplek om lekker te gaan wynfees. Aanbeveling vir almal om hier te gaan bly. Lieflike  plek, en Lieflike mense.



Ons uitsig!
Ons was net by een plek toe sien ons girl met gumboots, en ons girls se voete is toe al yskoud van die reën, so alles word toe gestaak, ons is korporasie toe, Gumboots gekoop en toe is ons reg vir die naweek. Ek dink hulle het net soveel gumboots soos wyn verkoop die hele naweek, haha

Plekke besoek: LaVerne, Robertson, (kunsmark by gehad) ,Platform 62, DeWetskloof
Aand: Kaggel en Pasta met rooi sous en heeeerlike wyne.. Jip, kan jy glo, na hele dag se wynproe, het ons werklik die aand plekkie gehad vir botteltjie rooiwyn of 2, haha

Saterdag:
Suzelle en Dewald join ons vir Saterdag  (Dewald is Suza se ander helfde vir wie sy so lank gewag het, en glo my, hulle is vir mekaar gemaak)

Besoek: Van Loveren, Arabella, McGregor, Viljoensdrift (mandjies met lunch), Strictly Coffee, BonCourage,Viljoensdrift, Excelsior, Zandvliet
Mis Nataniel heeltemal! Ons het te laat gesien Nataniel is daar, en toe is kaartjies uitverkoop.
Lunch  by Viljoensdrift was soos piekniek, jy vat houtboksie, (daars eetgerei in) laai hom vol van alles wat jy wil hê, betaal, en dan gaan sit jy lekker en kuier en eet,


  Toe besluit almal mos om Bj te join by McGregor plaas, en die bul by die horings te pak, hahahaha


Aand: Pasta en lekker wyn* 
 Prime Circle by Arabella – mis dit heeltemal om by kaggel te gaan sit en kuier in ons stunning plekkie, en almal was flou na die laaaaang dag
chill op die hangstoel        al die glase moet leeg, en as glase te ver is, is die bottel ook sommer reg..     lekker kaggel vuurtjie
Sondag:
Idee was om Montagu baie vroeg te verlaat, wynfees agter te laat en Houtbaai toe te gaan, maar nee, toe werklik eers nog ‘n wynplaas, Rusticus. Gelukkig, want Rusticus is verkoop, en nuwe eienaars gaan nie aangaan met wynplaas nie (belaglik), so dit was hulle finale wynfees. 
So eindig ons met 13 plase (van die 52) en in totaal amper 60 bottels wyn gekoop, waarvan Henning min oorhet, haha.
Houtbay Harbour market (Omellete). Heerlik rondgeloop en Jvr’s shop verder, haha

Ry seepad terug Big Bay toe en neem wit kombi’s af met die ipads. Die twee wat aan see kant sit, Bj & Jolene neem fotos met die 2 ipads by die oop ruite uit.( hulle wil uitsig afneem, en neem altwee gelyk dieselfde wit kombi af i.p.v die see uitsig, baie snaaks, en al2 het presies die hele kombi afgeneem)
Seinheuwel, met stunning uitsig. Hier was mense wat ge-paraglide het, so dis nou die volgende missie. Paragliding by seinheuwel.
Hillsong Aanddiens 17:00 !!! Woohoo!!
Blessing om julle saam na my kerk toe te vat!! Hillsong is my kerk - wat 'n Blessing! Na kerk Century City vir shopping – Luzanne en Bj,             Koffie by Woolies vir Lizelle en Jolene

Maandag:
Henning en Jolene vat Groot trek terug Pretoria toe, met kar vol wyn en halwe kar vol van Jvr shopping
ChinaMall vir Jeans vir Bj en toe weer Cape quarter en Biscuit Mill, lunch gekry en heerlik kom eet op my stoep (met sonskyn). Laaste shopping vir matte, haha, dankie vir die mooi ‘matte’Bj. Ek gaan wys vir hulle matwinkel, toe kos dit arme Bj weer baie geld, en geen matte, haha, net geskenke vir Lizelle en Luzanne. Jy’s oulik Boeta. Website opsit vir Blessed tennis Academy
JVR Egpaar vlieg terug Pretoria toe. Eish, die ‘groetery’ is So nie lekker nie!  En so is die week verby, Gautengers FLOU huistoe!!
Time flies when you having fun.. Baie Baie dankie vir julle 4 om soveel moeite te doen om wynfees saam my te kom geniet. Ek kon werklik nie vir beter geselskap gevra het nie. Henning, dankie dat jy ons orals so mooi heen rondgery het. Al het die weer nie heeltyd saamgespeel nie, en ons het baie natgereën was dit nogsteeds ‘n fees (al was Jolene siek, sjym). Dankie dat julle alles met oorgawe saam my geniet het, nooit gekle het oor die weer nie, en selfs almal in my klein plekkie was vir julle aanvaarbaar, julle is die beste, Dankie!  Hierdie gaan definitief elke jaar ‘n hoogtepunt wees, en volgende jaar is ons definitief meer. Dankie, julle is almal Awesome!! Ok, so sien julle weer vir wynfees oor 334 slapies, haha.

Elkeen se Hoogtepunte?
Die Musketiers, hehe
Luzanne: “ nou hoe moet ek dit sê as Alles so great was ? Biscuit "mall" was awesome gewees en die wynplase en kuier was net te great gewees. Eish al die wyn proe en onthou as jy nie van die wyn nou nie en jy wil uit spoeg Dan mag jy nie want jou man sal dit drink. Ek wil graag biekie na die crafts market se goodies kyk en hy wil wyn proe. Hehehe.  Die hele week is n hoogtepunt. “
Bj: “Verseker die wyn proe”
Jolene: “sjoe ekke kan nie regtig iets uitsonder nie want ALLES was awesome ... Die lang pad Kaap toe met goeie geselskap en iPad training, song writing en fotograaf ... Lekker ete en exiting moment om my Nig te sien ... AL die plekke wat ons besoek het ... Champaign tasting ~ wyn en mascadel tasting ... Heeltyd speeltyd en lag en kuier en eet en dan bietjie snotties af vee (it was s'not funny) en dan verder kuier en nuwe mense ontmoet en lag en ...  AG sommer ALLES was my hoogte punt ... Whahahaha”
Henning: “Eekhorinkies en  Al die wynplase” (en Gauteng toe ry, haha, of nie!!)
Lizelle: ‘Julle Almal wat kom kuier het by my! Elke ding wat ons gedoen het was hoogtepunt, dit was heerlik om my nuwe wêreld met julle te deel!, en Montagu verblyf was Stunning’
Suzelle: Dewald
Dewald: Suzelle, hahahaha, seriously




Friday, 15 June 2012

Damien is Geregistreer!!

15 Junie '12
My seuntjie is reg om Kaap toe te kom, die vliegtuig kaartjie is gekoop vir 26 Junie!!
Sy Ouma gaan saam hom Kaap toe vlieg.
Dankie dat jy So lank So geduldig gewag het.. Jy het geen idee wat vir jou wag nie



Wednesday, 13 June 2012

Home Sweet Home - Big Bay

Ek neem aan almal wat wou of kon kom kuier het, was nou al by my nuwe plek.
So, hier is vir die res van die mense wat nog nie kom kyk het nie.
Ek wou nie fotos laai voor my familie nie kom kyk het nie, en wynfees is verby, so hulle was hier!!
(wynfees blog volg binnekort)

Dis klein, en dit het nie garage nie, maar ek bly Heerlik!! met die Mooiste uitsig En stap afstand van die strand af.. Love it!!
(2 slaapkamer, 1 badkamer)

sitkamer                                              uitkyk op stoep                                               eetkamer
 My kamer (wit)      Damien kamer (rooi en blou)       Badkamer


By voordeur in                 sitkamer met my mooi mat                                             kombuis

 Sonsondergang uit my kamer          sonsondergang van die stoep af           sonsondergang uit leefarea



Saturday, 9 June 2012

Alice (ag ek bedoel Onskuld) in Wonderland!

Ai tog. Onskuld was nou nog heeltyd so beskeie, tot hy Groot Trollies sien in parkeer areas, hahaha
So, van nou af moet ek maar mooi dophou, want lyk my jy kan hom mooi aantrek, maar mens gaan moet versigtig wees waarheen jy hom saamvat, hahahaha. Of nie.
Dit was histeries!
Dit was 'dare' van my af, maar ek het werklik nie vir een oomblik gedink hy gaan dit doen nie.
Good for You!