Sunday, 25 November 2012

Daniel Bedingfield in Kirstenbosh tuine

 25 Nov '12
Daniel Beddingfield is Groot gunsteling van my en Jp
'if your not the one' is sy bekendste liedjie.        http://www.youtube.com/watch?v=kSJciquRmJo
 Hy was paar jaar terug baie gewild, maar is toe in groot karongeluk en verdwyn. Sy sussie Natsha Beddingfield is baie bekend.
Ons was so opgewonde soos kinders! Piekniek in die Kirstenbosch tuine en Daniel Beddingfield wat sing.. Wow!
almal met piekniek mandjies en beleef die uitsig na voor


uitsig na die kant


Ons sit nog lekker en piekniek toe staan hy paar meter van ons af.. Die mense erken hom nie eers nie, en dalk omdat hulle nie verwag dat hy tussen mense gaan rondloop en fotos neem nie.

Die piekniek, atmosfeer en die mense was Briljant! die konsert was ok, maar nie wat ons verwag het nie.. Daniel Beddingfield het besluit hy sing nou Reggae.. eish.
Hy klim af van verhoog, en staan tussen mense en sing liedjie "Honest Question"wat hy geskryf het toe hy nog tiener was, hy sing dit met geen musiek nie.. net hy. O Genade dit was mooi.. dit was so mooi, ons moes tissues uithaal om die 'stof' wat die wind in ons oë waai, af te vee, hehe.
http://www.youtube.com/watch?v=v3IL2FnYkGg
Maar toe hy ons favourite liedjie vat en hom ook Reggae sing, toe wou ons weghardloop.. baie onbeindruk.
Die tuine is ongelooflik, en gaan ons nog baie sien. Ons kyk 23ste Prime Circle in die tuine 'by Sunset' en hulle het flieks ook in die tuine, so ons gaan nog dit ook doen. Nottinghill kyk ons in januarie in die tuine met piekniekmandjie.. dit gaan Amazing wees!

Saturday, 24 November 2012

Suzelle troue

24 Nov '12

Suzelle en Dewald is 'Match made in Heaven', letterlik. Die Here het duidelik die 2 vir mekaar beplan. Hulle het hier in die Kaap ontmoet op 'blind date' wat vriende gereel het wat hulle baie goed ken, en sommer onmiddelik was die 2 Mal oor mekaar. Dewaldt is pastoor in Stellenbosh. Ek het Dewaldt die eerste keer ontmoet by sy kerk, dis nou toe ek die nuwe ou moes kom 'kyk'. Hy het sommer dadelik groot indruk gemaak, en hy bring kant van Suzelle tevore wat ons nog nooit gesien het nie. Ek was saam toe Suza trourok pas. Sy wou rok laat maak, maar toe sy pas, is die 1ste rok sommer die perfekte een vir haar, en koop sy toe sommer daardie dag har trourok. 
Haar Bachelorettes was op Spier wynlaas by Moyo. Baie baie mooi.



Hulle het getrou by Oemf in Stellenbosh. Ek het die voorreg gehad om hulle fotograaf te kies (David, natuurlik), maar ek het self so paar fotos geneem. Sy het soos prinses gelyk, en hulle albei het gestraal. Klein intieme troue, klien en persoonlik, was Awesome. Glad nie tradisionele troue nie, hulle het dit heeltemal anders gedoen.
Ok, genoeg gepraat, want oor die 2 kan ek nog baie sè, hier is die fotos (en fotos spreek boekdele)
Dewaldt is die eerste bruidegom wat ek sien wat sy selfoon uitruk en foto van sy bruid neem as sy deur haar pa ingebring word. 


Gesigte toe Prinses Suzelle instap (dis Keana, Suzelle se dogter)





Sunday, 18 November 2012

Noordhoek

18 Nov '12
Ons 2, Alf en Jp was vir die dag Noordhoek toe.
Jp en Alfie het perd gaan ry op die strand, so ons moes vroeg in daar wees. Ek en Damien het toe op strand gaan stap. Damien se lip was Baie lank, want hy wil ook graag perdry maar hy is te klein.Alfie troos toe nou maar eers en verduidelik mooi.. en hy is natuurlik weer self na aan trane (Kyk, Damien kan net ligte ongelukkig wees oor iets, dan sleep Alf se lip ook, haha)

Heerlik op strand gespeel, en besluit toe om terug te stap. Net begin stap, hoor ons iemand roep.. toe is dit Alfie hulle wat ons op die strand kom soek het met die perde.. Alfie tel vir Damien op perd, en die swartman sê toe Damien kan saam hulle terugry. Hoogtepunt vir Damien! Hy was buite homself! Hy (met Jozie) op die perd.
Ons was toe van plan om net vinnig te piekniek op die strand, dan weer met die mooi pad huistoe.  Die dag is toe so mooi, dat ons Baie langer op strand spandeer as beplan, en ons 3 verbrand onsself!
Swem ens was glad nie in beplanning nie, ons het nie eers sambreel gehad nie..
Nee, nie Damien nie, sy ma was baie oulik met die sunblock, die 3 grootmense verbrand toe.Eish!
Jozie onder arm










Maandag Kaap Familie

Hier is my Maandag Kaap familie.
 Ek praat so baie van hulle, mal almal weet nie hoe lyk hulle nie. Hier is Alfie, en Jp (Onskuld) en natuurlik Damien.
Ons eet gewoonlik Maandae aande by een van ons se huise en kyk saam iets op Tv, dit het begin by Greys, maar nou is dit al instelling
 


Saturday, 17 November 2012

Jolene en Henning

Ontmoet ons Nuutste Mamma en Pappa
Wat 'n Wonderwerk!! na 9 jaar is hulle swanger.
Jolene het deur al hierdie jare Nooit getwyfel aan die feit dat sy eendag gaan swanger word nie, maak nie saak van dokters of tyd of ouderdom of niks nie.. Sy het dit uit haar hart uit geglo.
My Nig, jy is werklik voorbeeld vir baie mense oor
'Geloof soos 'n mosterdsaadjie'. Baie baie geluk Julle twee!!
Spokkeltjie word verwag op 9 Julie 2013. 
(Spokkels is tans 6mm groot)


Thursday, 1 November 2012

Guy Fawkes

31 Okt '12

Ons het besluit om te gaan kyk na die vuurwerke op die strand vir Guy Fawkes, maar kyk, ons het Geen idee gehad hoeveel mense daar gaan wees nie. Jp, spot nog so ewe die middag en sê: Imagine ons is die enigste idiote op strand opsoek na vuurwerke
Wel, toe nou nie! Dis Huge! en definitief 'n jaarlikse instelling.
In die Hele Kaap was daar net iets soos 5 afgemerkte gebiede waar mense mag vuurwerke skiet, en Bloubergstrand was een van hulle. As jy buite die aangewysde gebiede vuurwerke skiet het hulle oor radio gepraat van arrestasie.. en die amazingste ding vir my was dat daar Nêrens anders, behalwe by Blouberg 'n enkele krekker te siene was nie (onthou van ons af kan mens tot by die Kaapstad stadion sien, en daar was Geen ander nie, Amazing. Hier is 'n reël iets wat jy gehoorsaam.)
Dit was kompleet soos Nuwejaar. Toe ek so 6:30 na Alfie toe ry, kry ek spitsverkeer by die strand en oral waar jy kyk is net mense, ons kon nie glo wat ons sien nie.
Die vuurwerke op die strand was Amazing!
Damien het gedink dis Kersfees.
(stunning foto van internet afgekry)