Friday, 31 August 2012

Trek uit Pardis

Boks nr.7 (altyd tyd vir 'n grappie)
My 1ste 6 maand eis verby, en met swaar hart het ek besluit om uit Pardis uit te trek, maar ek is gebless met die perfekte plek net vir my, so my Nuwe plek is presies wat ek wil hê, minus die strand, maar ons is steeds gereeld op die strand, ons is net 1.5km van die strand af. Dis regtig nie iets om oor te kle nie, haha.
Sjoe, maar om uit so klein plekkie soos Pardis te trek (sonder garage) was Werklik moeilik. Jy pak, maar daar is nerens om met die goed heen te gaan nie, en dit reën, so ek kan dit nie op stoep sit nie, so dit was werklik moeilik, maar ek het 2 klein handjies ekstra gehad wat gehelp het, so ons het dit gedoen..

mens kon nie beweeg nie, haha


Thursday, 30 August 2012

Wats Nuut op blog?

  •  The sunrise is God's greeting - the Sunset, His Signature                                                Ek het nuwe 'Page' aan die kant begin om julle op hoogte te hou van wat ons daagliks gelukkig genoeg is om te sien..Ek is nou so 224 dae hier en Damien so 74 en vir ons is dit nog net so mooi soos die eerste keer..


  • Out en Nuut - Nuwe projek wat ek begin het na e mail wat ek gekry het oor Kaapstad, hou 'Pages' dop vir nuwe fotos.. Hierdie is awesome. Ek gaan julle opnuut herhinner hoe Kaapstad deesdae lyk.. Hierdie projek is iets wat met tyd gaan gebeur, en gaan definitief nie in 'n maand gebeur nie.. maar hou maar die spasie dop
  • Damien - gaan kyk gerus na 'Damien', daar is weer paar nuwe goed by.. ek smile daagliks vir sy sê-goed.. (en deesdae vir sy perd. Jip, hy is prins, en 'n prins het 'n perd wat in die huis bly, sug..)

Saturday, 11 August 2012

Model Damien






Damien was by met photoshoot in studio en was baie soet, toe ek vra wat hy wil hê as beloning het gevra hy wil ook graag fotos neem met die  'Groot lig" (studio lig)
Ons het toe so gemaak, maar kyk, julle verstaan nie. Toe die ligte aangaan, verander Damien in Super model van die jaar! Hy pose en doen goed wat ek nie weet waar hy daaraan kom nie, maar hy was Mal daaroor!! En die fotos spreek vanself, mens kan sien hy het elke oomblik geniet.
Hier langsaan maak hy soos Oom Bj





Kaap laat my dans..

Dans soos Luzanne
Sing vir my 'My Prinses'