Dat ons nou 5
jaar moet wag, voor my eie vriendin by my kan kom oorslaap, en dit nogal in die
Kaap, in my eie plek.. Awesome! Adel is in Kaap
vir werk, maar het sondag by my kom kuier, heeerlike dag gehad.
Soos net ons
kan.. ry, verdwaal, kuier voort, ry ons vas in Houtbaai, dan kuier ons maar
daar, ry verder, vat ompad, ry weer verkeerd, lag en gaan maar net aan, en
kuier verder..
Ons het werklik
die vermoeë om dinge net te vat soos dit kom, maak beste van situasie, en dan net verder te kuier..
Ek het haar op
lughawe gekry, en ons het dadelik besluit ons gaan rondry. Houtbay Harbour
Market hier kom ons, maar oops, ons ry ons toe vas in die Argust (geen mark).
Besluit toe maar om dan bietjie te kuier in Houtbaai. Los kar in pad, en stap
op teen hoofpad na die kunsgallery.Orals is net mense, en almal kuier, en speel musiek en orals is mense langs pad wat fietsryers help met gel aansmeer, natspuit met tuinslange of sommer net aanmoedig. Baie lekker atmosfeer. Toe het fietse nog 20km om te gaan, sjym, die arme goed. Hulle is op teen bult oor na Campsbaai toe, honderde van hulle, van alle shapes en sizes. Ek haal my hoed af vir elkeen van hulle. Well Done
![]() |
Kyk oefenfiets langs die pad dis hoe mens dit doen, haha |
![]() |
Ondersteuners van alle soorte, haha Kaalboude in die middel van die straat, haha |
Daarna is ons toe oppad huistoe, en halfpad toe besluit ons.. Cape Quarters hier kom ons, nou gaan ek eers vir Adel Superspar Elite winkel wys, ry bietjie verkeerd, en toe ons Protea Fire & Ice hotel sien, toe moes ons nou eers gaan kyk. WOW WOW WOW!!! Die een gaan ek vir almal wys, en Definitief die badkamers! Dis briljant!! Love it! Luzanne, jy gaan Mal wees hieroor.
![]() |
Hotel se ingang een van badkamers.. glas ligte wat van dak afhang |
![]() |
Lindt hasie |
![]() |
Adel is square |
Lekker Mojitos gedrink vir my ma se verjaarsdag, en probeer Skype, maar dit wou nie werk nie.
![]() |
2 vir prys van 1 |
Daarna sou ons na Argust after party gaan saam Leon, een van Adel se vriende wat Argust gery het, maar ons kuier toe bietjie laat by CruCafè en kom eers 7uur by my plek aan.
Bel Leon, en hy kom toe deur Big Bay toe waar ons by Moyo gaan kuier het.
![]() |
voete in water by Moyo |

Die dag begin met geen planne, en awesome Vol dag geniet.
Thanks New York maatjie
“Friendship
doubles our joy and divides our grief”
No comments:
Post a Comment